Background Image
Previous Page  14 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 92 Next Page
Page Background

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Wes-Kaap-lede hou algemene jaarvergadering

o

p Dinsdagoggend, 3 Februarie vanjaar, het 175 lede

en gaste Streek 26 en 27 se algemene jaarvergadering

bygewoon by die pragtige Kronenburg in die Paarl.

Na afloop van die opening en verwelkoming, het

mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder,

Graan SA) afgevaardigdes ingelig oor die organisasie se bedrywig-

hede sowel as die uitdagings in die wintergraanstreke, die grond-

hervormingsdebat en sake rakende georganiseerde landbou.

Verder is die positiewe ook uitgelig – ondermeer die tarief op koring,

die afgelope goeie oeste in die binneland en die lekker samewer-

king tussen Graan SA en sy lede. Graan SA se visevoorsitter,

mnr Andries Theron, het die vergadering toegespreek oor moont-

like veranderings in die koringbedryf en me Jane McPherson (pro-

grambestuurder: Ontwikkelende Landbou) het ‘n nasionale oor-

sig gegee van opkomende landbou. Die Wes-Kaapse 250 Ton klub

lede het hul sertifikate ontvang sowel as lede wat uitsonderlik

presteer het tydens afgelope kursusse. Verder het die vergade-

ring ook ‘n oorsig gekry rakende die invordering van heffingsgelde,

die lupienebedryf se bekommernisse en die beskrywingspunt

wat die Wes-Kaap wil indra tydens die Graan SA Kongres op Botha-

ville is gedebatteer.

Die vergadering is afgesluit met ‘n baie inspirerende toespraak deur

Graan SA se voorsitter, mnr Louw Steytler, waarin hy die produ-

sente positief gemotiveer het en klem gelê het op die belangrikheid

daarvan dat ons ‘n toekoms vir ons kinders moet verseker.

1: Streek 26 en 27 se algemene

jaarvergadering is by die pragtige

Kronenburg in die Paarl gehou.

2: Jurianne Schreuder van Theefon-

tein Boerdery, buite Hopefield, is hier

aan die woord.

3: Plaaswerkers wat by Graan SA-

kursusse uitgeblink het kry erken-

ning. Johannes Andries (SAB Barkley

Farms), Simon Jaars (Agri Dwala),

Lizario Arendse (Komarsekraal),

Ernest Morris (Patryskraal),

Christiaan Jemaar (Voorstekop

Boerdery) en Lea Swarts (Langge-

wens Proefplaas: Wes-Kaap Depar-

tement van Landbou).

4: Ontwikkelende produsente kry

erkenning vir tonne graan gelewer.

Winston Cleophas van Knolkop

Empowerment Trust (Moorrees-

burg), Jacob Afrikaner van Knolkop

Empowerment Trust (Moorreesburg),

Dirkie Willemse van Suurbraak Grain

Farmer Co-operative Limited (Suur-

braak), Pieter van Wyk van Slang-

rivier Saambouboere Koöperatief

Beperk (Slangrivier), Dudley Swart

van Dudley Farming (Elim) en Joseph

Moses van Boontjieskraal Kleinboere

Vereniging (Caledon).

5: Lede wat deel vorm van Graan SA

se 250 Ton klub kry erkenning. Agter:

Karel van Breda van Versig Boerdery

(Elim), Ralph Swart van Swart Boer-

dery (Elim), Daniël Pieters van Agri

Dwala Trust (Napier), Simon Jaars

van Agri Dwala Trust (Napier), Wilmar

Adams van Suurbraak Grain Farmer

Co-operative Limited (Suurbraak)

en Andile Nwelende van Ganzekraal

Farming Trust (Hopefield). Voor:

Leaan Swart en Jacques Swart, albei

van Swart Boerdery (Elim).

1

3

5

4

2

TOIT WESSELS,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

Mei 2015

12