Background Image
Previous Page  17 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 92 Next Page
Page Background

15

6: Manny da Costa skets ‘n agtergrond van die boerdery.

7: Die voerkraal op Manjoh Ranch.

8: Manny da Costa gesels met die produsente oor hulle

boerdery.

9: Mielies word gestroop.

10: Die veehanteringsfasiliteite word van nader bekyk.

11 en 12: Die verwerkingsaanleg.

13: Sojaboonproewe.

14 en 15: ‘n Groepfoto van die Wes-Kaap graanprodusente wat

‘n besoek aan die plaas op Nigel gebring het.

16: Die Wes-Kapenaars verstom hulle aan die mielies in

die noorde.

15

16

N

á net meer as agt jaar by Graan SA, groet mnr Wessel

Lemmer (senior ekonoom: Bedryfsdienste) die organisa-

sie. Lemmer sluit hom op 1 Mei by Absa Agribesigheid

aan as bestuurder: Landbou-inligting, waar die ontleding

en monitering van risiko’s in die landboubedryf onder meer ‘n deel

van sy pligte gaan uitmaak.

Loopbaanpad

Nadat Lemmer by Kovsies afstudeer het en onderskeidelik by die

Departemente Landbouweerkunde en Landbou-ekonomie werk-

saam was, het hy ‘n betrekking as dosent by die Landboukollege in

Potchefstroom aanvaar.

“Dit was tydens die koms van die vrye mark. ‘n Opwindende tydperk

het in ons bedryf se geskiedenis gevolg waartydens ek in same-

werking met NAMPO, ‘n kort kursus in verskansing ontwikkel het.

‘n Geleentheid het by NWK ontstaan om die maatskappy se graan-

bemarkingsinligtingsfunksie te bestuur. Ná ‘n oproep uit die Wes-

Kaap, was ek vir ‘n tydperk by Kaap Graan as handelaar betrokke

en daarna as landbou-ekonoom by Elsenburg. Ek het hier op aspek-

te uit die wintergraanbedryf en markprysinligting gefokus,” ver-

tel Lemmer.

Loopbaanhoogtepunte by Graan SA

“Ek het die voorreg gehad om onder die voorsitterskap van mnre

Neels Ferreira en Louw Steytler en visevoorsitter Andries Theron

by Graan SA te kon dien. Behalwe dat dit as sodanig ‘n hoogte-

punt was om by Graan SA werksaam te wees, was dit leersaam om

uit die werkswyses van landbou-ekonome en kollegas, soos

drs Kit le Clus, John Purchase, Kobus Laubscher en mnre Nico

Hawkins en Jannie de Villiers te kon leer.

“Graan SA is ‘n werkgewer wat jou toerus en aan jou geleenthede

bied om direk vir produsente en indirek vir die breër samelewing

diensbaar te kan wees. Dit was dus ‘n besonderse ervaring om ‘n

direkte bydrae tot graanprodusente se mark- en beleidsomgewing

te kon maak,” het Lemmer gesê. “Ek sal die noue interaksie met ons

graan- en oliesadeprodusente mis.”

Koster Ster

Tydens die jaarlikse Graan SA Kongres word die Koster Ster-toeken-

ning deur die Koster-produsente gemaak vir die beste reeks artikels

in

SA Graan/Grain

. Dit is interessant dat Lemmer dié toekenning die

jaar nadat hy by Graan SA begin werk het, ontvang het vir sy artikel-

reeks oor die biobrandstofbedryf. Vanjaar het hy die toekenning

weer ontvang vir ‘n reeks artikels rakende die omvang en impak van

die droogte.

“Wessel was ‘n groot staatmaker in ons span,” het de Villiers (uit-

voerende hoofbestuurder: Graan SA) gesê. Namens die

SA Graan/

Grain

redaksie sê ons ook baie dankie aan Lemmer vir sy gereel-

de bydraes aan die tydskrif. Voorspoed vir sy loopbaan word hom

toegewens.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Wessel verskuif sy horison

Wessel Lemmer