Background Image
Previous Page  122 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 122 / 124 Next Page
Page Background

120

Beste Grootneef

d

aar is min goed so mooi as wanneer die Oliekolonies

besluit om te pomp tot die beker oorloop. Olie wat

lankal te duur vir die aardbol was, verkoop nou teen

halfprys.

Neef Janovsky laat weet egter, dat die mak oliepryse

die Yanks se etanolproduksie boelie. Bio-etanol uit mielies kompe-

teer moeilik met die lae oliepryse, met die gevolg dat meer en meer

mielies ‘n ander heenkome op wêreldmarkte kan soek. En soos

altyd, slaan die prysweerlig sommer voortydig tot hier in die

Vrystaat. Dalk moet iemand weer ‘n laken verf met die vragie:

“De la Rey, De la Rey, waar gaan ons etanol kry?”. Só ‘n laken het mos

‘n paar jaar gelede kortstondig in Bothaville rondgehang.

Ou Neef, laer oliepryse druk etanolaanlegte wêreldwyd in ‘n eko-

nomiese hoek. Wat nog te praat as die spul hier ter plaatse nog in

produksie moet kom? Én Minister Tina sit en weifel of regulasies op

insentiewe afgeteken moet word...

Synde dat ons nou al wat ‘n kleur wildsbok is kry, moet ons mielie-

manne dalk ‘n blaadjie uit die wildsboer-

dery-woordeboek neem. ‘n Mens kry mos

nou goue gemsbokke, swart rooibokke en

geel blesbokke. Selfs ‘n paar blou bulle...

Dink net wat dit vir die mieliebedryf kan

beteken indien ons kan begin om eksotiese

mielies vir ‘n eksklusiewe mark te plant.

Soos ‘n mielie wat lyk soos ‘n renoster-

horing vir uitvoere na Viëtnam. Wat van

‘n goue mielie vir die klomp in Sandton?

Vir die Kapenaars, ‘n vierkantige mielie

wat proe soos ‘n brood, maar jy eet hom

soos ‘n mielie.

Ou Neef, die moontlikhede vir ‘n eksotiese

mieliemark is eindeloos. Want, so lyk dit,

om ‘n etanolaanleg in die Vrystaat aan die

gang te kry, is net so moeilik soos vir ‘n ka-

meel om deur die oog van ‘n naald te stap.

Die vol ruoliepot moet egter mos nou help

om volgende seisoen se insette te temper.

Buurman sê hy sien met verwagting uit na

die kuier van dieselfde span wat verlede

jaar vertel het insette styg so drasties, as

gevolg van hoë oliepryse. Vanjaar moet

hul mos die blye nuus kom deel dat insetpryse teruggesak het, as

gevolg van die lae oliepryse!

Ou Neef, die een ding wat ons hieruit leer, is dat niks in die wêreld

seker is nie, behalwe dat dinge verander. Soos Buurman sê, die

olieprys kan in die volgende twaalf maande op- of afgaan, maar nie

noodwendig in daardie orde nie.

So van afgaan gepraat. Eishkom is nogal goed daarmee. Verlede

naweek was ons by Stadsneef, toe die ligte net so “poef”, afgaan.

Vir ‘n oomblik was dit stil, en tóé moet jy hoor. ‘n Yamaha-koor wat

skrik vir niks. Byna elke huishouding het ‘n

jennie

wat inskop en

gou was die buurt se ligte weer aan. Stadsneef en sy bure is heel

paraat hoor! Niemand glo meer die blink segsman wat sê die

kragmoeilikheid is tydelik nie.

Groete op die Oosgrens. Hou maar die kerse en vuurhoutjies gereed.

Die krag-breke kom soos ‘n dief in die nag.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Oliekolonies kry hot agter

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Maart 2015