Background Image
Previous Page  118 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 118 / 124 Next Page
Page Background

116

Hoe “goed” is die kwaliteit van die

broodmeel op die winkelrak?

S

uid-Afrikaanse koringteeltprogramme sorg al vir jare

dat die kultivars wat hulle vrystel, voldoen aan die kulti-

varvrystellingsnorme soos deur die bedryf verlang. Die

ver-eistes is voorheen baie streng gevolg, wat dit vir

meulenaars en bakkers moontlik maak om sover moontlik ‘n

konstante produk met goeie kwaliteit aan die verbruiker te lewer.

Hoe lyk die produk egter wat aan die verbruiker gelewer word?

‘n Paar feite:

Ons weet dat Suid-Afrikaanse broodkoring oor uitstekende

maal- en bakkwaliteit beskik.

Ons weet dat die maal- en bakbedryf broodkoring invoer.

Ons weet dat die broodmeel beskikbaar vir die huisvrou, ‘n

mengsel van bogenoemde kan wees.

Wanneer kultivars vrygestel word, is daar primêre kriteria rakende

deeg- en bakeienskappe wat nie te ver van dieselfde eienskappe

van die kwaliteitstandaard mag afwyk nie. Dié eienskappe sluit in:

Proteïeninhoud;

Deegmengtyd;

Waterabsorpsie;

Deegsterkte;

Deegstabiliteit/rekbaarheid ratio (Alveogram P/L-waarde); en

Broodvolume.

Daar is gedurende 2004 asook twee keer verlede jaar, brood-

meelmonsters (drie maande uitmekaar) direk vanaf die winkelrak

regoor Suid-Afrika aangekoop. ‘n Opsomming van die betrokke

meelmonsters se eienskappe verskyn in

Tabel 1

.

Van die eienskappe varieer meer as ander oor die drie aankope,

maar wat opsigtelik is, is dat die mengtye lank neig (langer as

4 minute), wat dui op “sterker” deeg, wat dan ook in die hoë

P/L-waardes en laer broodvolumes waargeneem kan word. Hoë

AKTUEEL

CHRISSIE MILES

en

BAREND WENTZEL,

LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van die LNR-Veldgewasdivisie

PRIMÊRE EIENSKAP

2004-AANKOOP

EERSTE AANKOOP

TWEEDE AANKOOP

Proteïeninhoud (%)

11,5 - 13,2

9,9 - 11,6

9,4 - 11,9

Deegmengtyd (min)

2,3 - 4,9

2,5 - 5,0

2,8 - 5,1

Waterabsorpsie (%)

62,0 - 71,5

56,4 - 67,9

58,0 - 68,0

Deegsterkte

28,3 - 62,5

32,7 - 61,0

23,1 - 55,8

P/L-waarde

0,9 - 4,3

0,6 - 8,4

1,1 - 8,3

Broodvolume (cm

3

)

725 - 945

700 - 960

700 - 850

TABEL 1: OPSOMMING VAN WINKELBROODMEELMONSTERS SE PRIMÊRE EIENSKAPPE.

Minder deegrekbaarheid lei tot lae broodvolumes omdat die deeg kan

skeur tydens die bakproses.

P/L-waardes (P/L-waardes hoër as 2) dui op minder deegrek-

baarheid, wat tot lae broodvolumes kan lei deurdat die deeg kan

skeur tydens die bakproses en dit is duidelik waarneembaar op

Foto 1

. Indien die deeg nie skeur nie, sal lae broodvolumes ook

voorkom waar deeg nie maklik “rek” en dus goed kan uitrys nie.

Deesdae word wél gevind dat die bedryf meer toegeeflik is tydens

die vrystelling van nuwe kultivars rakende die primêre eienskappe,

veral as die betrokke koringlyn belowende voordele vir die produ-

sent inhou, byvoorbeeld hoë opbrengs, “omvalweerstand” onder

besproeiing en siekteweerstand, om slegs ‘n paar voordele te noem.

Dit sal egter steeds heelwat oorredingsvermoë

verg om ‘n kultivar vrygestel te kry wat slegs ‘n

700 cm

3

volume brood lewer of wat ‘n P/L-waarde van

4,3 het.