Background Image
Previous Page  119 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 119 / 124 Next Page
Page Background

117

March 2015

d

eur bloot ‘n kunstige tema by te voeg, het ek ‘n ver-

velige, doodgewone braai, omskep in ‘n gemaklike, dog

swierige en stylvolle boerebraai met tonne karakter.

Onder die natuurlike afdak van boomblare wat aan rei-

kende takke soos ‘n tent oor alles hang, kwetter die

voëltjies. Hulle maak hulle gereed vir hul nagslaap en dit klink soos

agtergrondmusiek wat spesiaal vir die geleentheid gereël is. Spier-

wit swane swem geruisloos op die water; ‘n dramatiese gesig in die

laatskemer. Die eendedam met bamboeslaning en paddakoor, rond

die eksotiese Afrikateater wat geskep is, af. ‘n Knetterende vuur op

‘n geboude sementsirkel dien as middelpunt vir die gesellige kuier.

Met die atmosfeer geskep, begin ons geurige, druppende sosaties en

wors stadig op die smeulende kole braai. ‘n Romerige polenta-ring

vervang die gewone pap en sous. (Ons wil mos kyk, kuier en eet.)

Dit is ‘n nomadiese reis onder ‘n duisend sterre, met liefde voorgesit,

vinnig en maklik, met die bekende geure van ons eie kontrei.

‘n Marokkaanse boerebraai

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

1: Ek het begin by kleur. ‘n Klompie oranje, rooi en

selfs pers kussings is argeloos op geboude sement-

banke geplaas. (Jy kan vir jou van goedkoop mate-

riaal slope stik en bestaande kussinkies verander

volgens jou tema, styl of doel.)

2: Helderkleurige lappe is oor die latte wat ‘n afdak

vorm, gedrapeer.

3: Verder dra flikkerende kerse in groot kandelare

by tot die

ambiance

.

4: Proteas en speldekussings is in die blomrang-

skikkings gebruik.

5 en 6: Wit emalje borde en bekers is gebruik om ‘n

bietjie boereflair in te bring.

7: Intussen smul jou vriende aan ‘n biltong en

broodslaai, voorgesit in glasbakkies wat in yster-

rame rus.

Abrie

1

4

5

6

7

2

3