Background Image
Previous Page  82 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 84 Next Page
Page Background

80

Beste Grootneef

i

n die goeie ou dae het jy deur die Vrystaat gery en net nou

en dan ‘n verkeersberig oor die draadloos gehoor. Meestal

was dit oor ‘n trop beeste op die pad of ‘n stadige sleepwa.

Soms is noodberigte uitgesaai van iemand wat op soek was

na ‘n Tant San van Christiana, op reis in ‘n blou voertuig in

‘n noordelike rigting. En dan is ‘n nommer gegee waarheen

Tant San kon bel.

Maar deesdae se verkeersverslae gaan oor paaie wat gesluit is

met brandende bande of mense wat klippe na karre gooi. Amper

elke dag hoor jy van onmin en gerugte van onmin in groot dele van

ons land.

Ou Neef, dit laat my dink aan die vraag wat Neef Clem eendag gevra

het: Hoe bang is jy en wat maak jy as moeilikheid op die horison

flikker? Trek jy laer, steek jy jou kop in die sand à la struisvoël, of

bou jy ‘n goue kou om die wêreld buite te hou. Bly jy of gly jy?

Die eerste drie opsies is deur die eeue beproef. Van die vroegste

tye het monnike kloosters gebou om die storm en drang van die

wêreld buite te hou. Die goue kou-ding is dus niks nuuts nie. Die

volstruis-ding kom ook al die jare. Die probleem is, dit werk nie eintlik

nie. As jy opkom vir lug, is dit nie meer 1965 nie. Die laer-trekkery en

skiet op alles wat roer, kan ook net hou tot die lood en pappotte se

pote uitgeskiet is.

Die grootste probleem met die goue kou-ding, is egter dat jy nie die

mure hoog genoeg kan bou nie; vra maar vir oom Donald Trump.

As dit lekkerder lyk ín die kou as daarbuite, sal

mense ‘n plan maak om oor te klim.

Elke mens reageer op sy eie manier op

moeilikheid. Sommige mense neem die groot

besluit om die Suidland vir die vreemde te

verruil. Hul trek die tentpenne, skud die stof

van hul voete en vat die pad. Ná die Bataafse

bewind, toe die Engelse weer die Kaap beset

het (nare Kolonialiste), het die Groot Trek

gevolg; rigting: Noord. Nou is die Noorde nie

meer ‘n gewilde bestemming nie. Die núwe

geslag pak vinnig ‘n skeepshouer vol, klim

op Qantas en gaan soek ‘n nuwe lewe “Daar

Onder”.

Daar gekom, is die aanvanklike verwondering

oor goed, wette, paaie en stelsels wat werk

groot. Maar met verloop van tyd is dit duidelik

dat daardie land se mense ook maar in sonde

ontvang en gebore is. En dan is daar die troppe

vlieë. En geen rooibokke vir winterbiltong nie.

En die groot verlange na die ou bekendes. En die gemis van die

oop, wye Vrystaatse vlaktes. Die hunkering na die Suidland sal altyd

bly, soos ‘n geamputeerde been wat onder die knie bly jeuk.

Die res van ons gaan nêrens heen nie. Ons bly. Hoe laat los jy

die grond waarop vier geslagte al ‘n lewe gemaak het? Jy is mos

maar eintlik net ‘n rentmeester vir die wat nog kom. Buitendien,

ons verstáán die Suidland se moeilikheid. Anderkant die water se

probleme val vreemd op die oor. Soms weet hul dit nie, maar hul

eie moeilikheid is geboek, omdat die wêreld se mense besig is om

oor húl goue mure te klim. Vra maar die Franse en die Duitsers waar

die kat se snor deesdae sit!

Soos Buurman sê: Ons moet dinge hier in die Suidland laat werk.

En dit beteken klein treetjies van welwillendheid. Elke dag: Empatie

met die gesin wie se pa of ma op jou werf werk. ‘n Vriendelike

woord vir die man wat die diesel kom aftap. Die uitdeel van surplus

groente vir die sopkombuis. Die skenk van ‘n ou ooi aan die skool

se sosatiefonds. Wat ook al nodig is om ‘n helpende hand te ver-

leen aan dié wat op hul eie nie ‘n verskil aan hul lewens kan maak

nie. Die onus om die Suidland te laat werk, lê by elkeen van ons.

Ou Neef, gaan voort om met die tyd wat aan jou toegedeel is, ‘n

verskil vir die mense om jou te maak. Moenie dat die kwaad wat jy

sien en hoor jou gees van welwillendheid afstomp nie.

Vrede op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Bly jy of gly jy?

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Junie 2017