Background Image
Previous Page  74 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

72

Tegnologiedag deel meer as

net inligting met produsente

M

e Magda du Toit (Korporatiewe Skakeling en Kommuni-

kasiebestuurder, Monsanto SA) sê die groot getal

produsente wat Monsanto se Boeredag op 23 Maart

vanjaar bygewoon het, is ‘n teken van die positiewe

gesindheid wat buite in die veld teenoor landbou, hul maatskappy

en produkte heers, asook die geloof waarmee produsente elke dag

hul dagtaak aanpak.

“Ten spyte van al die politieke gewoel en die onlangse droogte, is

daar altyd hoop en die bywoning van dié dag was vir my ‘n verge-

stalting van hierdie hoop,” aldus Du Toit. Of dit nou die pap en kaiings

op die ontbytspyskaart, die interessante program of die boeresport

is wat produsente gelok het, dié geleentheid was ‘n reuse sukses.

Die hoofspreker by dié dag wat op NAMPO Park buite Bothaville

plaasgevind het, was mnr Theo Vorster (uitvoerende hoof: Galileo

Capital). Met die tema “Known unknowns” het hy sy perspektief oor

Suid-Afrika en die toekoms van die land gedeel – veral wat betref

die ANC opvolggeveg, die skuldgradering, asook die middelklas wat

vertroue verloor het in die regeringsklas. Hy voel positief oor wat

vir Suid-Afrika voorlê en het afgesluit deur te sê: “Vir 2017: Maak

jou gordel vas!”

Produsente en lede van die media is na afloop van die inligting-

sessie in kleiner groepe verdeel om prakties te ervaar hoe tegnologie

in boerdery toegepas word deur verskillende inligtingspunte te

besoek. Kennis oor, onder andere, die volgende temas is hier

oorgedra:

Geelmielies

Mnr Jaco van Zyl (landboukundige: Monsanto) het die DKC-geel-

mieliereeks van Monsanto bemark. Hy het ook die voordele van ‘n

pakket verduidelik – soos dat dit risiko en blomperiodes versprei.

Witmielies

Die eienskappe van Monsanto se witmieliereeks is deur mnr

Paul Groenewald (landboukundige: Monsanto) verduidelik. Volgens

hom is die ideale pakket die volgende: 25%-verspreiding van die

DKC78-45BR GEN vir sy graankwaliteit, 45%-verspreiding van die

DKC77-77 omdat dit so droogteverdraagsaam is, 20%-verspreiding

van die aanpasbare DKC78-79BR en 10%-verspreiding van die nuwe

DKC75-65BR.

Plantdatums

Mnr Sam Kramer (verteenwoordiger: Monsanto) het die vyf kritie-

se fases van die mielies, asook die belangrikheid van plantdatums,

bespreek. Besoekers kon deur die proewe stap en self sien watter

invloed rywydte en plantdatum op opbrengspotensiaal het. Hy het

ook genoem dat 56 jaar se data vir Bothaville aan mnr Johan van den

Berg (klimatoloog en weerkundige van Santam Landbou) deurgegee

is. Dit het bewys dat middel November tot middel Desember die

beste planttyd vir dié omgewing is.

Die beheer van insekte en plantsiektes

Hierdie temas is onder die treffende naam “Goggas en gaggas”

deur prof Bradley Flett (senior landbounavorser en plantpatoloog

van die LNR-Graangewasse op Potchefstroom) en me Desiree van

Heerden (tegniese gewasdeskundige: Syngenta) hanteer. Hulle het

veral gefokus op Diplodia kopvrot en die herfskommandowurm.

Van Heerden is deel van ‘n internasionale komitee, Insecticide

Resistance Action Committee (IRAC).

Onkruiddoder

Besoekers kon ook ‘n spuitdemonstrasie besigtig wat deur mnre

Jacques du Plessis (New Holland SA) en Fasie de Kock (landbou-

kundige: Monsanto) hanteer is. Du Plessis het genoem dat die ou

Millerspuit ‘n blou baadjie aangetrek het en dat hierdie SP240

275 perdekrag masjien met verstelbare rywydtes ondersteuning

verleen om vinnig werk te maak van onkruid in die lande. De Kock

het verduidelik waarom dit belangrik is om die biologie van plante

te ken as dit by die identifisering kom van watter onkruiddoder om

te gebruik.

Plantestand

Die keuse van plantestand is deur mnr André Botes (landboukundige:

Monsanto) bespreek.

AKTUEEL

Produk-inligting

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Johan Kriel (ontwikkelingskoördineer: Landbou-ontwikkelingsprogram,

Graan SA) wys vir twee van die nuwe era-boere met wie hy ‘n pad stap,

Paul Malindi en Jack Kokoma, hoe ‘n gesonde mielie moet lyk.

Foto: Hanlie du Plessis

2: Jaco van Zyl (landboukundige: Monsanto) het oor die eienskappe van

Monsanto se geelmieliereeks gesels.

3: Theo Vorster was die gasspreker tydens Monsanto se tegnologiedag in

Maart vanjaar.

Foto: Magda du Toit

4: Die voordele van profielgate is deur Thomas Strydom, ‘n onafhanklike landbou-

kundige van SGS Precision Farming Services, uitgewys.

5: Alf Essendrup (verteenwoordiger: Quantum Field Services) verduidelik

waarom spuitpunte in stand gehou moet word.

1

2

3

4

5