Background Image
Previous Page  80 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 80 / 84 Next Page
Page Background

Mazda se BT 50-bakkies is opgeknap

d

ie nuwe geslag Mazda BT 50-bakkies wat in 2012 in

Suid-Afrika bekend gestel is, het die konvensionele

werkesel-beeld van ‘n bakkie uitgedaag en is as ‘n

aktiewe leefstylbakkie bemark. Die gedagte was dat die

bakkie nie as ‘n werkesel gebruik sou word nie, maar

dat dit ‘n leefstylvoertuig sou wees.

Nou het dié bakkie weer onder die poeierkwas deurgeloop en

die nuwe model is weer eens gemik op mense wat die bakkie as

‘n passasiersvoertuig sal gebruik en die laaibak sal gebruik om ‘n

motorfiets, eerder as ‘n sak sement, te vervoer.

Onder die nuwe kenmerke is ‘n herontwerpte voorkant, nuwe

kanttrappe en agterligsamestellings en 16- of 17-duim allooiwiele.

Daar is ‘n gevoel van hoë gehalte aan die binnekant met die toe-

voeging van Bluetooth en die kontroles op die stuurwiel van die

SLX- en groter modelle.

Luukser SLE-modelle kry ook nou ‘n tru-kamera, ‘n truspieël

wat outomaties verdof wanneer dit nodig is en ‘n elektriese verstel-

ling vir die bestuurdersitplek.

Die nuwe BT 50 is nog net in ‘n dubbelkajuit beskikbaar en daar is

nog geen aankondiging gedoen oor die toevoeging van enkelkajuit

of Freestyle Cab (met een-en-‘n-halwe kajuit) nie. Die reeks bestaan

tot dusver uit die 2,2 SLE 4x2-handrat, die 3,2 SLE 4x4-handrat,

die 3,2 SLE 4x4-outomaties, asook twee nuwe toevoegings tot die

reeks: Die 2,2 SLX 4x2-handrat en die 2,2 SLE 4x2-outomaties.

As standaard het die SLX onder meer ‘n geïntegreerde klankstelsel

met ses luidsprekers, materiaalsitplekke, lugversorging, elektriese

vensters voor, ‘n veelfunksiestuurwiel, elektries-verstelbare en

voubare truspieëls, voorste misligte en spoedbeheer as standaard-

toerusting.

Vir die SLE is daar ‘n aantal standaardkenmerke bygevoeg, onder

meer klimaatbeheer, 17-duim allooiwiele, ‘n tru-kamera, parkeer-

sensors, outomatiese ruitveërs, leerbekleedsel, elektriese vensters

voor en agter en ‘n klankstelsel van ‘n hoër gehalte. Hierdie modelle

het ook stelsels wat wegtrek teen opdraandes vergemaklik, keer

dat ‘n sleepwa of woonwa wat gesleep word, swaai en ‘n veerstelsel

wat by die vrag aanpas. Die hele reeks word van Thailand af ingevoer

en sewe verskillende bakkleure is beskikbaar.

Soos voorheen is die BT 50 met twee turbo-aangejaagde diesel-

enjins beskikbaar. Die 2,2 liter lewer 110 kW teen 3 700 omwente-

linge en 375 nm teen tussen 1 500 en 2 500 omwentelinge. Die

gemiddelde brandstofverbruik vir modelle met hierdie enjin is

7,6 liter per 100 km. Hierdie enjin is in die SLX- en SLE-modelle

beskikbaar.

Die 3,2 liter-enjin is net beskikbaar met vierwielaandrywing en ‘n

hand- of outomatiese ratkas met ses gange. Dié enjin lewer 147 kW

teen 3 000 omwentelinge en 470 nm teen tussen 1 750 omwente-

linge en 2 500 omwentelinge en die gemiddelde brandstofverbruik

is 9,3 liter en 9,7 liter per 100 km vir die handrat- en outomatiese

modelle onderskeidelik.

Mazda se Care-plan vir die BT 50-reeks is presies dieselfde

as dié van Mazda se passasiersmotors, naamlik ‘n waarborg,

diensplan en padbystand wat drie jaar lank geldig is, ongeag die

voertuig se kilometerafstand. Vir bykomende gemoedsrus is ‘n

klantedienswaarborg ook beskikbaar op herstelwerk waarop daar

vooraf ooreengekom is.

Die pryse van die nuwe reeks wissel van R441 600 vir die 2,2 SLX

4x2-handrat tot R555 700 vir die 3,2 SLE 4x4-outomaties.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

78

Junie 2017

Die luukse Mazda 3,2 SLE 4×4-outomatiese BT 50-bakkie.