Background Image
Previous Page  78 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 78 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

76

Tegnologiese vooruitgang belangrik

vir presterende produkte

K

2 Saad het tydens hul jaarlikse nasionale boeredag op

15 Maart vanjaar ‘n wye reeks mielie-, soja-, weidings- en

groenteprodukte wat kommersieel beskikbaar is, aan pro-

dusente bekend gestel.

SA Graan/Grain

het gaan uitvind

watter tans K2 Saad se spogmielies is.

‘n Vlagskip-geelmielie

Dié saadmaatskappy se vlagskip-geelmieliekultivar, KKS 8326 B*,

het in die 2014/2015-seisoen 12% beter as die vernaamste oppo-

sisiebasters in die onder 4 t/ha-kategorie presteer.

In die bo 4 t/ha-kategorie het dié geelmielie 13% beter as die op-

posisiebasters gedoen. In die 2015/2016-seisoen het dié kultivar

gemiddeld (lae en hoë opbrengskategorie) 6,5% beter as dieselfde

basters presteer.

“Hierdie is die beste geelmieliebaster wat ons tans vir die oostelike

hoëveld en vir die Oos-Vrystaat het. Dit is die veelsydigste geel-

mieliebaster wat ek in my loopbaan teëgekom het. Dit presteer

uitstekend onder uiterste droogtetoestande,” het mnr Danie

Leeuwner (navorsingsbestuurder: Mielies, K2 Saad) gesê.

Sterk witmielie

VP 8405 B* (VP verwys daarna dat dit ‘n gelisensieerde kultivar is)

is K2 Saad se nuwe witmieliekultivar. Vanjaar is die eerste keer wat

hulle hierdie kultivar aktief bemark. VP8405 B doen die afgelope

twee jaar gemiddeld 6% beter as sy opposisie en 24% beter as die

kontrole, KKS 4581 BR, wat tot nou toe nog in die Wes-Transvaal

verkoop is. Volgens mnr Jan Cilliers (senior verkoopsverteenwoor-

diger: K2 Saad) maak VP 8405 B, wat ‘n groter plant as 8301 is, selfs

met die hoër plantestande van 60 000 in Natal spruite én koppe.

“Hierdie nuwe kultivar is bekend vir die feit dat die mieliekoppe

hoog op die plant gedra word en vir sy stamsterkte. Ten spyte van

die uitermate sterk winde in Natal, bly hierdie plant staande,” het

hy verduidelik.

Klein Karoo spog met eie kweekhuis

Tydens die boeredag is die hoë tegnologie-kweekhuis van K2 Saad

op Bapsfontein bekend gestel. Die 5 000 m

2

klimaatbeheerde kweek-

huis, wat hoofsaaklik tamaties, komkommers en rissies verbou, is

aangepas vir ons Suid-Afrikaanse klimaat. Prof Nico de Groot van

die Wageningen Universiteit in Nederland het tydens die boeredag

meer oor die kweekhuis en die tegnologie wat in die ontwikkeling

gebruik is, uitgebrei.

Die toerusting vir die kweekhuis is verskaf deur die Bosman van

Zaal in Nederland en is deur Nederland se voorste kweekhuis-

ingenieurs in samewerking met die Wageningen Universiteit en

Navorsingsentrum in Nederland ontwikkel.

Nuwe telingsmetodes

Mnr Lomo Janse van Rensburg (uitvoerende direkteur: K2 Saad)

het ‘n voorlegging gemaak oor die verskillende saadtelingsmetodes

wat oor die jare (reeds vanaf 10 000 vC) in die saadbedryf aangewend

is, asook oor die nuutste saadtegnologie wat daar tans in die mark is.

“Voordele verbonde aan die nuwe telingsmetodes is dat die ont-

wikkelingstyd van nuwe kultivars radikaal verminder word en die

nuwe vlak van opbrengsverbetering op genevlak is, wat uitsteken-

de opbrengsverbetering tot gevolg het,” het Janse van Rensburg

verduidelik. Hy het verder gesê dat dieselfde tegnologie op die mens

gebruik word om siektes te bestry, genetiese afwykings te bespeur

en genetiese verbetering te verkry.

* Kultivar is tans onder proef en is of sal oorweeg word om binnekort

ingedien te word vir registrasie.

AKTUEEL

Produk-inligting

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Prof Nico de Groot en Lomo Janse

van Rensburg in gesprek.

2: Media en produsente op pad na die

kweekhuis by die K2 Saad proefperseel

op Bapsfontein.

3: Rüdi Kuschke (tegniese bestuurder:

Weiding, K2 Saad) gesels oor die ver-

skeidenheid weidingsgewasse wat

K2 Saad tans kommersieel bemark.

Hy het veral klem gelê op die baster-

babala, Nutrifeed. “Die enigste

beperking op hierdie voergewas is

dat jy warm grond (18°C) benodig vir

voldoende ontkieming.”

4: Danie Leeuwner gesels oor die nuwe

geelmieliekultivar, KKS 8326, tydens

die proefperseelbesoek.

1

3

2

4