Background Image
Previous Page  62 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 64 Next Page
Page Background

60

Beste Grootneef

o

m te ruil is mos in ons bloed. Dit kom van die voorgeslagte

af. Twee guldens vir tien tulpe. Of een swyn vir tien

mudsakke gars. Wat van ‘n passaat met ‘n skuit oor die

Engelse kanaal vir sewe balies vars gebroude lager?

Só het ons voorgeslagte, naas die wynbedryf, ook die

ruilbedryf na ons Suidland verskeep.

Jan van Riebeeck en sy span kolonialiste het egter gou geleer dat

ruilery nie altyd so eenvoudig was nie. Hy was skaars aan wal, toe

sy paar merino’s deur die strandlopers geruil is vir

zilch

. Toe ou

Jan sy oë uitvee, was die troppie skaap skoonveld, die Helderberg

oor! Nou-ja, in vandag se dae is “om te ruil” nog net so ‘n groot

ding. Soms het jy egter nie ‘n keuse van wat jy wil ruil nie. Die

transaksie is dan redelik eensydig – soos ‘n handvol tolmunte vir ‘n

pad vol gate. Net die tollenaar voel tevrede.

Een van die beste ruiltransaksies wat ek in die Volk se blad raakge-

lees het, was min of meer die volgende: “Een tweemantent te ruil

vir ‘n

carry cot

”. Jy kan maar sê die paartjie was besig om hul op te

werk in die lewe.

‘n Ruiltransaksie wat gesorg vir ‘n huismoles, was toe ek die

volgende in die plaaslike

Skreebek

-koerantjie geadverteer het: “Een

bakkiekappie vir ‘n bottel Klipdrift Premium” – met Vroulief se tele-

foonnommer daarby. Nodeloos om te sê, het die manne tou gestaan

om dié transaksie deur te voer. Die resultaat was drievoudig: Die

eerste, ‘n wit kol op die grasperk waar die kappie twee jaar lank ‘n

skadu gegooi het. Die tweede, ‘n bottel brandewyn op die stoeptafel

– vol in die middagson. En die derde resultaat, ‘n hele week se buffet

met ‘n koue boud en ‘n warm tong van Vroulief. My ore tuit nou nog.

Ou Neef, maar die grootste ruiltransaksie ooit het in die vroeë jare

tagtig plaasgevind. Die agtergrond van dié meesterskuif, moet

darem ook verstaan word teen die politiek en stryd van die tyd.

Niemand wou eintlik destyds met die Republiek besigheid doen nie.

Boonop was die grensoorlog tot diep in Angola in volle swang.

Op daardie front het die Sowjetunie se raadgewers

en ander magte, plek-plek met die ou Suid-Afrikaanse

Weermag gebots. En Roemenië was tegnies gesproke

deel van die Oosbloklande, maar met hul eie moei-

likheid, omdat hul nie mielies op die wêreldmark kon

kry om een miljoen varke (húlle stapelvoedsel) te voer nie.

Tussen die doolhof van konflik deur het ‘n paar manne

die visie gehad om mielies uit die Republiek aan die

Roemeense owerhede aan te bied. Kan jy jouself indink

watter moed dit moes vat om ‘n tog na Boedapest aan

te durf en deur taal- en kultuurgrense te breek om só

‘n transaksie te gaan toets? Een van die oudstryders vertel

dat toe hul op Boedapest land, daar oral gewapende

soldate ontplooi was, maar dat die groepie Suid-Afrikaners

gul ontvang is en met spoed óm die doeane gelei is – as

eregaste in hierdie vreemde land.

Na die groot mielie-oes van 1981, was daar ‘n reuse surplus in die

Republiek. Op die ruiltafel in Boedapest was wapens of ureum uit

Roemenië. Twee vreemde volke, maar met gemeenskaplike be-

hoeftes om ‘n kloof te oorbrug. Die transaksie is amper verongeluk

deur ‘n ontydige Sondagkoerant met ‘n hoofopskrif dat ‘n span

produsente uit Suid-Afrika met “kommuniste” besigheid wil doen.

Gegewe die grensoorlog wat toe in volle swang was, het die berig

baie druk op die voorgenome ruiltransaksie geplaas.

Die knoop vir die grootste landbouruiltransaksie ooit is uiteindelik

in Murten, Switserland, deurgehaak. En nie sommer so van instap

en hande skud nie. Eers na ‘n week van heen-en-weer-armdruk

tot in die laat nagte, kon al die ruilsakkies uiteindelik één vir één

toegeknoop word. Die finale ooreenkoms het dit moontlik gemaak

dat vragte vol mielies en ureum oor die diep water na die oor-

eengekome hawens verskeep is. In totaal 204 880 ton geelmielies

vir 208 000 ton ureum!

Vir die Suid-Afrikaanse span was die ruiltransaksie die spreek-

woordelike twee vlieë met een klap, want hoër mieliepryse was

moontlik nadat die surplus weggewerk is, met laer bemestingspryse

vir plaaslike produsente. Ja, 007 en sy trawante kan maar in die

Vrystaat kom leer hoe. Hoede af vir die span oudstryders wat in

toeka se dae die onmoontlike reggekry het!

Ou Neef, iets om te onthou as julle weer deur Bothaville ry. Wanneer

jy die teken van die Von Abo-gebou in die hoofstraat sien, stop en

stap in. Jy sal die unieke geleentheid hê om die hand van ‘n legende

te skud en net vir ‘n oomblik in die skadu van ‘n reus te staan. En

dan kan jy weer die pad huis toe vat en die manne gedenk wat die

pad vir vandag se mielieboere oopgebreek het.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

In die skadu van ‘n reus

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Junie 2016