Background Image
Previous Page  53 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 64 Next Page
Page Background

Intelligente gewasoplossings

vir volhoubare landbou

I

nteliGro is die resultaat van die integrasie van twee van Suid-

Afrika se markleiers in die gewasoplossingsbedryf. TechniChem,

met sy hoofkantoor op Viljoenskroon, bedien sy produsente

alreeds vanaf 1989 met gewasoplossingsinisiatiewe in die sen-

trale en noordelike landboustreke van Suid-Afrika. Terason, op sy

beurt, verskaf ook sedert 1989 soortgelyke dienste aan die suidelike

streke van die land vanuit Wellington.

Die nuwe besigheid is gunstig geposisioneer om die uitdagings ten

opsigte van voedselsekerheid in die landboubedryf deur middel

van sy oplossingsgefokusde benadering te hanteer om sodoende

die optimalisering van opbrengs en verbeterde kwaliteit as hoof-

doelwitte na te streef.

Die maatskappy verskaf ‘n kombinasie van produkte, vaardighede,

tegnologie en kundigheid deur middel van spesifieke programme en

aanwendings en verleen op die wyse ondersteuning om volhoubare

landbou te verseker. Hul kernbesigheid is om produsente van die

nodige middele te voorsien om die verlangde resultate te behaal en

sodoende volhoubare produksie in die hand te werk.

Die tegniese en bemarkingsdienste-afdeling, met 14 gekwalifiseerde

en hoogs-ervare tegniese bemarkingspesialiste, verskaf nie slegs

uitstaande diens aan produsente nie, maar verseker ook dat die

gewasoplossingspesialiste ten alle tye goed opgelei en op standaard

is wat betref die nuutste tegnologie, gewas- en marktendense.

Hulle verskaf ‘n omvattende gewasbeskermingsprodukreeks aan

produsente wat uit insek-, swam-, onkruid-, aalwurm-, mytdoders

en plantgroeireguleerders bestaan. Met die samestelling van die

produkreeks word oorweging aan onder andere antiweerstand-

strategieë, markvereistes, produsentvoorkeure, residu-beperkinge,

geïntegreerde plaagbeheer, bestuurstrategieë, formulerings en ver-

pakking gegee.

Die belangrikste dienste wat InteliGro aanbied, is:

Gedifferensieerde gewasoplossings ondersteun deur ‘n sterk

tegniese span.

‘n Omvattende gewasbeskermingsprodukportefeulje.

Gespesialiseerde plantvoedingsoplossings.

Innoverende en ondersteunende tegnologie.

‘n Gevestigde, dinamiese verspreidingskanaal wat produkte en

dienste landswyd aanbied.

Gevestigde en gesonde vennootskappe met navorsingsgeba-

seerde, multinasionale en ander verskaffermaatskappye.

Biologiese oplossings.

Uitsetgedrewe benadering

As ‘n toegewyde vennoot in die landboubedryf is die onderneming

verbind tot ‘n sakevennootskap met produsente en volhoubare

gewasoplossings wat uitset en gehalte optimaliseer en ook risiko

beperk.

BOET WIENAND,

besturende direkteur: InteliGro Noord

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Produk-inligting