Background Image
Previous Page  60 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 64 Next Page
Page Background

Gaan ek in die nuwe seisoen vir

produksiekrediet kwalifiseer?

D

ie rampdroogte van die afgelope somerseisoen, en in

sekere gebiede oor die afgelope drie seisoene, sal waar-

skynlik daartoe lei dat ‘n groter persentasie graanpro-

dusente as normaalweg gaan sukkel om hul finansiële

verpligtinge aan die einde van die produksieseisoen na te kom.

Skuldvlakke gaan dus waarskynlik hoër wees vir graanprodusente

in hierdie droogtegeteisterde gebiede. Die vraag ontstaan dus

of sodanige produsente gaan kwalifiseer vir verdere toegang tot

produksiekrediet en teen watter terme. Heelwat onsekerheid en

kommer hieroor heers tans by hierdie graanprodusente.

Noudat die aktiewe groeiseisoen verby is, kan graanprodusente

realistiese beramings van hul oesopbrengste maak – van wat hul

kan verwag en watter inkomste hulle redelikerwys kan realiseer

om hul skuld te vereffen. Graanprodusente wat reken dat hulle

moontlik of waarskynlik nie hul verpligtinge gaan kan nakom nie,

word aangeraai om so spoedig moontlik met hul finansier(s) in

gesprek te tree. Die rede is tweeledig: Eerstens sodat hul saam

kan evalueer en beplan hoe om die skuld te hanteer, te vereffen en

te konsolideer – indien nodig – en tweedens om vroegtydig moont-

like kredietverlening vir die komende seisoen te begin beplan.

Kredietverlening vir die komende seisoen is nie ‘n gegewe nie.

Finansiële instellings, hetsy die kommersiële banke, landboube-

sighede of die Land Bank, sal uiteraard elke finansieringsgeval

individueel beoordeel en poog om eers alle onafgeloste skuld te

herstruktureer en/of te konsolideer. Dan sal, afhangende van die

finansieringsaansoek en volgens die instelling se finansierings-

kriteria, bepaal word of die produsent kwalifiseer vir verdere kre-

diet vir die volgende seisoen, al dan nie.

Finansiers sal veral wil bepaal wat die terugbetaalvermoë van die

kliënt is (die sterkte van die balansstaat),

watter kollateraal en sekuriteite aangebied

kan word om die lening te sekureer en wat

die kredietrekord van die kliënt is.

Alvorens krediet toegestaan kan word,

moet finansiële instellings ok die bepalings

van die Nasionale Kredietwet met betrek-

king tot roekelose kredietverlening in

ag neem, asook ‘n reeks ander regulato-

riese bepalings. Veral van belang is dat

kliënte aan die sogenaamde wetlik-voor-

geskrewe

affordability assessment

, ofte-

wel terugbetaalvermoë, kan voldoen.

Verder moet ook besluit word op die prys

(rentekoers) waarteen krediet toegestaan

sal word, in ag genome risiko en die

finansieringsbeleid.

Daar word aanbeveel dat elke produsent

‘n volledige en goed-uitgewerkte besig-

heidsplan opstel van watter gewasse

hulle beplan om te plant, wat die vaste en

veranderlike kostes daarvan gaan wees

(insluitend bemarkingskoste), wat die

realistiese opbrengs is (langtermyn-gemiddelde opbrengs) en

watter prys redelikerwys met ‘n bepaalde bemarkingstrategie vir

die oes behaal kan word. Die kliënt sal duidelik moet aandui hoe hy

beide die aansienlike produksierisiko en prysrisiko vir die komende

seisoen gaan bestuur wanneer hy sy kredietaansoek indien.

Tans verhandel internasionale graan- en oliesadepryse relatief

laag – vergeleke met die voorafgaande vier tot vyf jaar – en dit kan

verdere druk op die winsgewendheid van graanproduksie in die

algemeen plaas (sien

Grafiek 1

). Plaaslike graanpryse verhandel tans

merendeels by invoerpariteit, wat relatief hoog is. Daar bestaan egter

redelike groot potensiaal vir graanpryse om aansienlik na uitvoer-

pariteit te daal indien produksietoestande gunstig sou verloop.

Finansiële instellings het reeds aangedui dat dit nie in hul belang is

om grootskaalse sekwestrasies en bankrotskappe te verklaar

nie. Hulle sal eerder poog om skuld te herstruktureer en kliënte

in produksie te hou deur toegang tot krediet te verleen waar hul

enigsins kan.

Die harde realiteit is egter dat daar ook noodwendig en ongelukkig

produsente sal wees wat nie sal kwalifiseer vir toegang tot krediet

nie. Terwyl steeds gepoog word om staatondersteuning deur

middel van ‘n staatswaarborgskema te verkry om produksiekrediet

in verdienstelike en kwalifiserende gevalle te ondersteun en droog-

tegeteisterde produsente in produksie te hou, moet aanvaar word

dat sulke droogte-ondersteuning beperk kan wees en geensins ‘n

gegewe is nie.

Die belangrikste raad van finansiers is: Wees pro-aktief en maak ‘n

afspraak met jou finansiers om jou situasie so spoedig moontlik met

hul te bespreek.

JOHN PURCHASE,

uitvoerende hoof: Agbiz

Grafiek 1: Die Food and Agriculture Organization (United Nations) (FAO) se kommoditeitsprysindeks.

Bron: FAO 2016

Junie 2016

58

AKTUEEL