Background Image
Previous Page  61 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 64 Next Page
Page Background

Mahindra Scorpio Pik-Up-bakkies:

Stewige bakkies wat waarde bied

d

ie nuwe Mahindra Scorpio Pik-Up-bakkies wat in Indië

gebou word, is ‘n voorbeeld van Mahindra se vaardig-

heid om stewige, waarde-vir-geldvoertuie te vervaardig.

Hierdie bakkies ding mee in die klas van geharde bakkies

waar die Toyota Landcruiser- en Nissan Patrol-bakkies

die toon aangee. Dit is dié soort bakkies wat elke dag rowwe paaie

moet kan hanteer. Die Scorpio’s is egter effens meer kompak en

prysgewys meer bekostigbaar as hulle mededingers.

Binne is die afwerking redelik modern en spog die Scorpio’s met

‘n spoedkontrole, immobiliseerder, klankstelsel met ‘n CD- en

MP3-speler, volumebeheer op die stuurwiel, brandvrye sitplekmate-

riaal, verstelbare stuurwiel, kragstuur en ‘n lugreëling.

Dit is egter die Scorpio se kragtige dieselenjin wat beïndruk. Die

Mahindra mHawk 2,179 cc (2,2 liter) viersilinder dieselenjin lewer

88 kW teen 4 000 omwentelinge en het ‘n wringkrag van 280 Nm

tussen 1 800 - 2 800 omwentelinge. Dit is ‘n verbasende gesofi-

stikeerde enjin wat maklik die voertuig na 150 km/u kan versnel en

die werkverrigting vergelyk uitstekend met van die kompeteerders

se enjins. Die amptelike gemiddelde brandstofverbruiksyfer is

8,8 liter/100 km.

Die Scorpio Pik-Up-modelle is net in ‘n vyfspoedhandratkas be-

skikbaar. As standaardtoerusting spog die modelle met onder

andere ‘n ewenaarslot, ABS-remme en 16-duim wiele. Daar is egter

ook die sogenaamde “Adventure”-weergawe wat met ‘n LA Sport

voor- en agterstamper, ‘n snorkel, dakrak (slegs vir die dubbelkajuit)

asook allooiwiele toegerus is.

Hierdie bakkies is gemaklike en goedtoegeruste voertuie, wat nou

na jare in Suid-Afrika bewys het dat hulle betroubaar is, maar die

belangrikste is dat hulle regtig as werksbakkies, waarde vir geld bied.

Veral die Adventure-modelle is besonders goed toegerus met die

nodige tegnologie om as ‘n betroubare bakkie sy werk op rowwe

terrein te kan doen.

Pik-Ups het ‘n drie jaar/100 000 km waarborg en ‘n drie jaar/

60 000 km diensplan. Die enkelkajuit 4x2-weergawe kos R254 995

en met die Adventure-pakket kos dit R281 995. Die 4x4-weergawe

kos R263 995 en sy Adventure-weergawe R296 995. Die dubbel-

kajuit 4x4 kos R281 995 en sy Adventure-weergawe R311 995.

1: Die Mahindra Scorpio Pik-Up 4x4 met die “Adventure”

bykomstighede: ‘n Bakkie wat vir ‘n rowwe lewe kans sien.

2: ‘n Blik op die middelkonsole van die Scorpio Pik-Up om die kwaliteit

van die afwerking en die hoë vlak van toerusting te wys.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

59

June 2016

1

2