Background Image
Previous Page  11 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 100 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

9

July 2016

Gert en Cindy Oosthuizen (Virginia) het die Dinsdagoggend vroeg al ‘n

draai saam met hulle kinders, Jacobus en Gerhardus, by die Graan SA-

ledelokaal gemaak voor hulle die Oesdag aangedurf het.

Piet en Amanda van der Heever (Bloemfontein) en Corrie en André van

der Poel (Bainsvlei) geniet ‘n koue lafenis rondom middagete voor hulle

NAMPO Park verder verken.

Vroegoggend is daar in die ledelokaal aangedoen om die oggend met

‘n koppie boeretroos af te skop. Voor: René en Yvonne du Preez. Agter:

Stefan, Gerhard en Flip du Preez (FSG Landgoed, Standerton).

Dames van Petrusburg wat die Oesdag besoek het en ‘n geleentheid

ledelokaal toe gekry het saam met een van die gholfkarretjies. Agter:

Adel Venter en Maryke van Loggerenberg. Middel: Leani Hugo en

René van Loggerenberg. Voor: Hendrik Smith (Graan SA) en Anel Hugo.

By NAMPO is dit natuurlik die ideale tyd om weer ou vriendskapbande

te smee. Stephani Hoffman, Ricky van As, Louis van As, Nadia van As,

Adri du Plessis, Henk du Plessis, Jos Hoffman en baba Lorette Hoffman

kuier heerlik saam. Die Van Asse is van Kimberley, die Du Plessis’ van

Piet Plessis en die Hoffmans van Bothaville.

Helga en Connie Hiestermann (Piet Retief) het die Donderdag ‘n draai

by die NAMPO Oesdag kom maak en ‘n bietjie hitte in die ledelokaal

kom soek.

Fotobeeld van die Graan SA NAMPO Oesdag – Deel 2

In die ledelokaal

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain