Background Image
Previous Page  6 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 100 Next Page
Page Background

4

d

ie proses om die nuwe Onteieningswet te finaliseer,

het heelwat tyd in beslag geneem. Die eerste konsepwet

is ‘n paar jaar gelede teruggetrek en daarna is daar op-

nuut begin met ‘n nuwe konsep. Graan SA het die nuwe

proses verwelkom en die uiteindelike wet is veel beter

as die aanvanklike konsep.

Elke land het ‘n Onteieningswet. Wat Suid-Afrika s’n so anders

maak, is die seisoen van grondhervorming waarin ons ons tans

bevind. Onteiening met die oog op ekonomiese ontwikkeling is ‘n

noodsaaklikheid in elke land, maar as dit vir politieke redes gebruik

word, ontlok dit heelwat emosie.

Graan SA is dus nie teen ‘n Onteieningswet

per se

nie, maar as dit

gebruik word op ‘n wyse waar daar nie behoorlike vergoeding be-

trokke is nie, sal ons ons na die Grondwet van die land wend om

te verseker dat die proses regverdig toegepas word. Onteiening vir

grondhervorming is geen maklike saak nie, maar sodanige wette is

wel nodig om die proses te bevorder.

Toe ek laas navraag gedoen het, het die syfer van alle landbou-

grond wat jaarliks in die mark kom, op 13% gestaan. Dít al-

leen is vir die staat genoeg met die oog daarop om grond vir

grondhervorming aan te koop – en dan is bykans geen onteiening

nodig nie.

So waar lê die probleem dan? Het die staat nie geld nie, of is daar

steeds diegene wat hoop hulle gaan alles verniet kry? Daar kan selfs

‘n stuk gierigheid in die saak wees – potensiële produsente wat nie

‘n plaas wil hê nie, maar ‘n spesifieke stuk grond wat naby genoeg

aan hul dorpshuise is sodat hulle net naweke kan boer? Die staat

se ondersteuningstelsel het waarskynlik ook nie genoeg kapasiteit

om nuwe produsente te help vestig teen die spoed waarteen grond

beskikbaar raak nie.

Die handhawing van grondwaardes is sinoniem met voedselse-

kerheid. Sou die grond sy waarde verloor weens onbeheerste

onteiening of selfs besetting van plase, gaan die sekuriteit wat die

waarborg vir produksielenings is, tot niet. Finansiële instellings

sal bloot krediet opskort of inperk – na gelang van die impak – en

sodoende sal produksie ook verminder.

Suid-Afrika het die afgelope seisoen hoë voedselpryse, wat van in-

voerpariteit afgelei is, beleef en was glad nie daarmee geneë nie.

Oral word nou naarstiglik planne beraam om voedselpryse weer te

“normaliseer”. Tog kan enige vorm van onregmatige onteiening of

onregmatige grondhervorming ons permanent in so ‘n abnormale

situasie laat verval.

My waarneming van die huidige situasie in die graanbedryf is dat

die verhoudings tussen die verskillende rolspelers op die oomblik

baie onstuimig is. Die res van die waardeketting is gefokus op hul

eiesoortige probleme – hetsy dit invoere van mielies is of die af-

weer van die buitelandse aanslag op die hoenderbedryf.

Die verkiesing het ook, tesame met die droogte, baie duidelik aan-

gedui waar die regering se prioriteite lê. Alle beleide word nou her-

sien asof die droogte nooit gaan eindig nie en alles gedoen moet

word om voedselpryse af te bring. Dit is nou tyd om koelkop te bly

en te fokus op langtermynvolhoubaarheid.

Nóú moet ons koelkop bly

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Onteiening met die

oog op ekonomiese

ontwikkeling is ‘n

noodsaaklikheid in elke

land, maar as dit vir

politieke redes gebruik

word, ontlok dit

heelwat emosie.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Julie 2016