Background Image
Previous Page  10 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 100 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Méér as een rekord spat by die

50ste NAMPO Oesdag-aanbieding

m

et die aanloop na die Graan SA NAMPO Oesdag

het ons skouer aan die wiel gesit en ‘n toegewyde

bewusmakingsveldtog vir dié 50ste aanbieding

van die Oesdag geloods om ons lede, sowel as die

wyer publiek, attent te maak op alles wat ‘n be-

soek aan NAMPO hulle hierdie jaar kon bied.

Selfs te midde van die droogte en moeilike toestande op die plaas,

het ‘n rekord aantal Graan SA-lede hierdie jaar die ledelokaal be-

soek. Die gebruiklike vervoerdiens vanaf die ledehek – eksklusief vir

ons lede en geborg deur Absa AgriBesigheid – was maar een van die

voordele wat Graan SA-lede tydens die Oesdag ontvang het.

Die ledelokaal se koffie, geborg deur John Deere Financial, het

‘n reputasie wat al ver buite die NAMPO-grense strek. Dit het tot

gevolg gehad dat die

baristas

meer as 3 000 cappuccino’s en warm

sjokolades bedien het. Met ‘n koue lafenis vir die kele na middagete,

kon lede ligte versnaperinge geniet en die goeie netwerkgeleent-

hede wat die ledelokaal met medeprodusente bied, benut.

Lede kon op hoogte bly van die nuutste markverwikkelinge deur

die vertoning van lewendige Safex-markinligting in die ledelokaal.

Verder het die

Nasie in Gesprek

-forum, gelei deur kundiges in die

bedryf en uitgesaai op skerms in die ledelokaal, produsente op hoog-

te gehou van aktuele kwessies in landbou, met ‘n beduidende fokus

op die beeld van landbou. Gesprekke het onder andere gefokus op

nuwe kommersiële produsente, familiebesighede, die waardeket-

ting van die plaas na die vurk en die bemarking van landbou as ‘n

aantreklike beroepskeuse aan die jeug.

Met dieselfde fokus en missie om die beeld van landbou te be-

vorder, het Graan SA sy sosiale mediaplatforms gebruik om ‘n in-

ligtingsreeks oor die NAMPO Oesdag te publiseer, wat onder meer

NAMPO-argief- en -tydlynplasings, NAMPO-datumaankondigings

en NAMPO-toe en nou-plasings, ingesluit het.

Reg deur het ons gepoog om aktuele inhoud oor te dra met die

doel om gesprek te stimuleer – op ‘n insiggewende wyse. Beide

video- en korttekste van wat op NAMPO Park gebeur, is uitgesaai en

gedeel – met ‘n die fokus op die bevordering van Graan SA se beeld.

Beeldmateriaal van belangrike landbourolspelers, die Graan SA-

bestuur en gebeurtenisse by die 50 jaar-funksie is onder meer ook

gedeel. Dit het verseker dat lede wat self nie die Oesdag kon by-

woon nie, beslis niks misgeloop het nie.

Die Graan SA

Facebook

-blad het ‘n rekordtotaal van 65 338 inter-

aksies, 23 846 videokyke, 2 643 064 indrukke en 1 835 toename in

aanhangers tydens die week gehad. Graan SA se

Twitter

-blad het

113 000 interaksies gehad, 472

re-tweets

en 341 skakel-klieks, ter-

wyl die Graan SA

Instagram

-blad 2 656 interaksies op 113 foto’s

ontvang het.

Bekendes maak ‘n draai

‘n Hele paar bekende gesigte het ook NAMPO se 50ste aanbie-

ding kom vier en behalwe vir die immergewilde Cheetahs-rugby-

span, het die Graan SA-ledelokaal en -uitstalling ook besoek

ontvang van me Annette Steyn (Skaduminister van Landbou),

mnr Mmusi Maimane (leier van die DA), mnre Alex Kotzé van die

K2 Twins-faam en Pieter Koen met die

Kwêla

-span wat ‘n insetsel

oor NAMPO verfilm het.

50 jaar-funksie

‘n Funksie om die 50ste NAMPO Oesdag-aanbieding te vier en om

voorgangers van NAMPO te vereer, is tydens die Oesdag gehou vir

oud-NAMPO Oesdag-voorsitters, vrywillige werkers, bestuur en

personeel en ‘n kort video van NAMPO se geskiedenis is vertoon.

Indien jy enige van die gebeurtenisse misgeloop het, besoek gerus

die NAMPO Oesdag

Facebook

-blad of die Graan SA

YouTube

-reke-

ning vir ‘n kykie na die video-opnames. Ons sien uit om al ons lede

volgende jaar, 16 tot 19 Mei 2017, in die ledelokaal terug te ver-

welkom.

Gooi gerus ‘n ogie oor die NAMPO-fotobeeld op bladsy 9 tot 13.

1: Die Cheetahs-rugbyspan het ook op NAMPO kom kuier! Hier is hulle in

Graan SA se ledelokaal saam met ‘n paar van Graan SA se personeellede.

Foto: Elmarie Helberg,

SA Graan/Grain

medewerker

2: SA Graan-lede Israel Motlhabane (Wesselsbron), William Matasane

(Senekal), Johannes Ralesekele (Ventersburg) en Johannes Setshego

(Hennenman) het vanjaar by die NAMPO Oesdag saamgekuier en ‘n

draai by die Graan SA-uitstalling gemaak.

Foto: Louise Kunz,

SA Graan/Grain

medewerker

3: Atamelang en Mpho Mokgare (Botswana) het met Graan SA se

personeel oor graanbemarking kom gesels en sommer in die ledelokaal

na die lewendige Safex-skerm gekyk.

Foto: Estie de Villiers, redakteur:

SA Graan/Grain

Julie 2016

8

1

2

3