Background Image
Previous Page  40 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 44 Next Page
Page Background

Ford Everest: Die nuwe maatstaf

in die SNV-mark

i

n September verlede jaar het Ford SA hulle nuwe Everest

bekendgestel. Die nuwe Ford Everest is volkome nuut en is nie

net bloot ’n kosmetiese verbetering van die vorige generasie

Everest, wat in 2009 in Suid-Afrika vrygestel is, nie.

Destyds het

SA Graan/Grain

berig dat die Ford Everest “die

arm man se Range Rover” is. Met die nuwe Everest het die spelreëls

verander. Waar die Everest eers ‘n baie praktiese en goed toegeruste

sportiewe nutsvoertuig (SNV) teen ‘n aantreklike prys was, is die

nuwe Everest soos hy nóú is, die nuwe maatstaf vir geharde SNV’s.

Met ‘n grondvryhoogte van 225 mm en die vermoë om deur

800 mm diep water te gaan, sien die Everest vir enige rowwe terrein

kans. Danksy ‘n oppervlakte-beheerstelsel met vier verstellings,

naamlik “normaal“, “gras/gruis“, “sand“ en “klippe“ kan die bestuur-

der basies net die voertuig stuur terwyl die stelsel die spoed, ratver-

houding, die vierwielaandrywing en traksie beheer: Hoë tegnologie

gekombineer met gehardheid.

Op die oomblik is daar net twee Everest-modelle vir die Suid-

Afrikaanse mark beskikbaar. Die “XLT“ en die “Limited“. Beide mo-

delle is besonder goed toegerus met hoë tegnologie hulpmiddels

soos elektroniese stabiliteitsprogram (ESP), spoedkontrole en

‘n kamera vir agteruit-ry. Hulle is ook albei 4x4-aangedrewe met

3,2 liter, vyfsilinderdieselenjins wat kraglewering van 147 kW teen

3 000 omwentelinge lewer en maksimum wringkrag van 470 Nm,

wat reeds tussen 1 750 Nm en 2 500 Nm bereik word.

Hierdie enjin word gekenmerk deur ‘n sesspoed outomatiese ratkas,

wat ‘n sportiewe keuse vir vinnige ratoorskakeling bied, asook ‘n

keuse om dit as ‘n handrat te gebruik. Laasgenoemde is veral nuttig

vir sleepwerk. Die Limited is die vlagskip en spog onder andere met

‘n derde ry sitplekke en nog meer tegnologie soos parkeerhulp,

wat basies beteken dat die Everest Limited outomaties kan parkeer

sonder die hulp van die bestuurder.

Die Everest is nie meer die arm man se Range Rover nie. Dit is ‘n

kwaliteit, geharde SNV. Alhoewel besonder luuks en weelderig

binne, is dit ‘n geharde SNV wat vir enige terrein kans sien.

Volgens Ford SA sien hulle nie meer die Toyota Fortuner as hul

kompeteerder nie, maar mik hulle nou eerder hoër en het die

Land Cruiser Prado in hul visier.

Die XLT kos R593 900 en die Limited R646 900. Omdat die Everest

nou meeding met die duurder SNV‘s, is dit net vanselfsprekend dat

die Everest ook toegerus moet wees met funksies en tegnologie wat

noodwendig geld kos. Die Everest is daarom nie goedkoop nie. Die

nuwe Everests bied egter wel waarde vir geld.

Die lys van tegnologie waarmee die Everests spog, is egter te

lank vir hierdie artikel, maar gaan vergelyk dit maar gerus met die

spesifikasies van ‘n Prado of selfs ‘n Range Rover en dan skrik jy nie

meer vir die Everest se prys nie.

Die Toyota 4x4 Fortuner met sy 3 liter-dieselenjin kos R534 400. Dit

is meer as R50 000 goedkoper as die Everest XLT, maar dit kan nie

op papier by die Everest kers vashou nie. Die Toyota Land Cruiser

Prado 3.0DT TX kos op sy beurt R700 600. Dit is heelwat duurder

as die Everest. Die vraag vir die voornemende Prado-koper is of

dit nie sin gaan maak om eerder ‘n Everest te koop nie? Die Everest

wen die Prado met spesifikasies wat saak maak en is goedkoper.

Die Everest is dieselfde grootte as die Prado, maar het hoër

grondvryhoogte (225 mm versus 220 mm) en kan deur dieper water

beweeg (800 mm versus 700 mm). Die Everest het 470 Nm wringkrag

terwyl die Prado “net“ 400 Nm kan lewer.

Die Everest het ‘n vierjaar/120 000 km waarborg, ‘n vyfjaar/

100 000 km diensplan en ‘n driejaar onbeperkte kilometer pad-

bystanddiens. Diensintervalle is elke 20 000 km.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Ford Everest is nou een van die gehard-

ste sportiewe nutsvoertuie beskikbaar in

Suid-Afrika.

38

Januarie 2016