Background Image
Previous Page  34 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 44 Next Page
Page Background

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

DIE KORT EN DIE LANK

VAN PLAASVEILIGHEID:

Wees wakker, wees paraat, wees reg

P

laasveiligheid is jou eie verant-

woordelikheid en geen besker-

mingsmaatreëls is ‘n waarborg dat

jy nie ‘n slagoffer van ‘n ernstige

geweldsmisdaad sal word nie. Maak seker

dat jy ‘n plan het van wat om te doen as

daar ‘n insident op jou plaas sou wees, ‘n

onwettige grondbesetting of betreding sou

plaasvind of as daar dalk enige ander wets-

oortreding op jou plaas sou wees – soos

byvoorbeeld die jag van wild met honde.

Beskermingsmaatreëls gaan jou nie vrywaar

van ‘n insident nie, maar gaan die booswigte

vertraag en jou waarsku om jouself voor te

berei op dit wat kan volg.

Wees ten alle tye waaksaam en paraat.

As daar iets is wat nie reg lyk nie of uit

plek is, dan is daar gewoonlik fout. Wees

op die uitkyk.

Besin oor hoe jy gaan optree indien jy

‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmis-

daad sou word. Gaan jy vries, weghard-

loop of terugslaan? Oefen om kalm te

bly, die situasie reg te lees en die regte

optrede dienooreenkomstig te neem.

Wees kreatief om die booswigte uit te

oorlê. Verstaan ook hoe ‘n booswig be-

hoort op te tree.

Moenie probeer braaf wees nie – kry hulp.

Begin weer omgee vir mekaar en veral

vir die mense rondom jou. Kom in ‘n

roetine om veral jou bure op ‘n sekere

tyd te kontak. As daar nie antwoord is

nie, maak dadelik werk daarvan om uit

te vind of alles reg is. Indien jy weggaan,

stel jou vriende en bure in kennis en vra

dat hulle ‘n oog oor jou belange sal hou.

Net so moet jy ook weer jou bure en

vriende help as hulle weg is.

Jou naaste bure is vir jou ‘n bate en

kan help dat jy oorleef as daar pro-

bleme ontstaan. Sorg dat jy hulle ken

en dat hulle jou familie, huis- en tuin-

werkers ook ken. As die bure jou werf-

en huisopset ken, sal dit help as hulp

benodig word. Sorg dat die bure se

telefoonnommer op jou selfoon is en

dat daar dalk ‘n

WhatsApp

-groep is

waar baie mense vinnig gekontak kan

word. As daar snelskakels op jou foon

is, maak seker oor die volgorde van

die nommers. Die eerste nommer wat

jy bel, moet kan reageer as daar pro-

bleme is.

Jou eie plaaswerkers kan jou ook van

baie inligting voorsien. Behou goeie

betrekkinge met hulle en sorg dat jy

luister as hulle praat. Sorg ook dat hulle

weet hulle kan op jou staatmaak as daar

probleme by hulle is, maar netso moet

jy seker wees dat hulle jou sal kom help

as jy in die moeilikheid is. Maak seker

dat die arbeiders jou sal inlig as daar

verdagte mense op die plaas of in die

omgewing rondbeweeg.

Indien vreemdelinge sonder afspraak

opdaag, moet daar ‘n protokol in plek

wees oor hoe die mense hanteer moet

word. Sorg dat die res van die familie en

die huis- en tuinwerkers ook weet hoe

hulle hanteer moet word.

Moet nooit vir enige vreemdelinge

sommer die hek of deure oopmaak

nie. Sonder dat die nodige identifikasie

vertoon word en sonder dat die identi-

fikasie geverifieer is, moet daar nie vir

die mense toegang tot die perseel of

huis gegee word nie. Soveel te meer

nie saans nie. Daar is soms instansies

wat jou ongenooid besoek, soos by-

voorbeeld Eskom. Weet hoe om hulle

te identifiseer en te hanteer. Maak seker

dat hulle voertuie reg gemerk is en gaan

verseker hul identifikasiedokumente na.

Probeer so ver as moontlik sorg dat be-

soekers ‘n afspraak maak voor hulle jou

kom besoek.

Indien daar aksieplanne in plek is,

moet dit op ‘n gereelde basis geoefen

word. Laat die bure weet wat gedoen

gaan word en oefen ook saam met die

gemeenskap om die oorhoofse veilig-

heidsplan glad te kan laat werk. Oefen

ook om jou skietkuns en selfverdediging

in plek te hou.

Moenie net uitgaan as die honde begin

blaf nie. Kyk eers by die vensters uit

– miskien wag die booswigte vir jou

buite die deur. Net so ook as iemand

klop. Kyk eers deur die loergaatjie en

hou die veiligheidsdeur gesluit as die

deur oopgemaak word.

Daar behoort aan die volgende aandag ge-

gee te word om jou eie veiligheid te verseker:

Met goeie en betroubare inligting kan

en kon baie ernstige geweldsmisdaad-

insidente voorkom word. As daar ver-

dagte persone of voertuie opgemerk

word, lig die omgewing en veral die Poli-

sie in en hou rekord van hul bewegings.

Weet hoe om verdagtes te benader.

Onthou hulle kan gewapen wees en wil

dalk iemand leed aandoen. Gebruik die

tegnologie tot jou beskikking en neem

foto’s van hulle en van die voertuie.

Probeer om jou huis en belangrike

punte met ‘n goeie heining te omring.

Vir sigbaarheid is ‘n heining beter as ‘n

muur. Die heining hoef nie noodwendig

geëlektrifiseerd te wees nie, maar moet

jou eie honde binne hou.

Diere is ‘n goeie afskrikmiddel en kan

jou vroegtydig waarsku. Dink aan honde

binne die huis, asook honde wat buite

bly. Onthou ook dat honde oud word en

met ouderdom neem hul effektiwiteit af.

‘n Kombinasie van beide honde en gan-

se is ‘n goeie metode om jou vroegtydig

te waarsku.

Die hekke in die heining moet ten alle

tye gesluit bly. Maak ook seker dat jy nie

jou lewe in gevaar stel deur die hek oop

te maak of te sluit nie. ‘n Sekuriteitska-

mera by die hek en ‘n elektriese hek sal

baie help om jou te beveilig.

Digte bosse is ‘n goeie plek waar

booswigte kan wegkruip. Sorg dat

daar nie sulke plekke is nie en let veral

daarvoor op in die tuin. Maak ook seker

dat die area rondom die hekke, plaas-

afdraaie en T-aansluitings oop en skoon

gesny is, sodat daar nie wegkruipplek

is nie.

Maak seker dat die alarmstelsel en vei-

ligheidsligte in ‘n werkende toestand

is. Maak seker dat die veiligheidsligte

weg van die huis af in die oë van die

booswigte sal skyn. Sodoende sal dit vir

die booswigte moeilik wees om te sien

wat in die huis aan die gang is.

By die huis en kantoor se deure moet

daar altyd veiligheidshekke wees en die

hekke moet gesluit bly. Oorweeg die

aanbring van toeslaanslotte om die hek

mee te sluit. Vensters moet ook deur

effektiewe diefwering beskerm word.

‘n Veiligheidshek in die huis wat die

leefarea en slaapkamers skei, is belang-

rik en moet in die nag gesluit word. Be-

plan egter ook ‘n ontsnaproete vir as

daar dalk ‘n brand in die huis is wat die

ingange versper.

Die slaapkamers moet verkieslik met ‘n

brandblusser en ‘n noodkommunikasie-

stelsel toegerus wees. ‘n Versteekte ra-

dio of gelaaide ander selfoon is ‘n baie

goeie alternatief.

As jy oor ‘n vuurwapen beskik, maak

seker dat jy weet hoe om die wapen

te gebruik en wanneer om dit te doen.

Sorg dat jy die wapen in geval van nood

Januarie 2016

32

AKTUEEL

Sien ook die artikel

oor plaasveiligheid op

bl. 15 in die

Graangids

wat saam met die

uitgawe gepos is.