Background Image
Previous Page  36 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2016

34

VENNOOTSKAPPE BELANGRIK

vir sosio-maatskaplike ontwikkeling op platteland

“U

it ‘n persepsiestudie-opname wat Agri SA onder

‘n verteenwoordigende groep van Suid-Afrika se

verbruikersgemeenskap laat doen het, het begrip en

waardering vir die landbou duidelik na vore gekom,

maar daar is tog ‘n siening dat produsente meer kan doen om

landelike ontwikkeling te ondersteun.”

Mnr Johannes Möller het dié resultaat met kongresgangers

tydens die lewering van sy presidentsrede gedeel by verlede jaar

se Agri SA-kongres wat op 15 en 16 Oktober net buite Pretoria

plaasgevind het. “Op die sosiaal-maatskaplike ontwikkelingsterrein

is daar ‘n groot behoefte wat dringend aangespreek moet word

om ‘n stabiele omgewing vir die volhoubare beoefening van die be-

dryf te skep.

“Sukses lok gewoonlik ondersteuning. Daar is groot potensiaal

om op hierdie terrein vennootskappe te vorm omdat armoede en

ongelykhede ‘n reuse uitdaging vir alle ernstige rolspelers in ons

samelewing en ekonomie is óf behoort te wees. Sodoende kan ons

waarskynlik ook meer hulpbronne vir ontwikkeling help ontsluit en

waar daar gapings is, leiding verskaf,” was sy woorde.

‘n Agtpunt sosio-maatskaplike ontwikkelingstrategie vir landbou is

deur mnr Christo van der Rheede (adjunk-uitvoerende direkteur:

Agri SA) aan die kongres voorgehou waardeur die georganiseerde

landbou saam met vennote ‘n groter impak op hierdie sensitiewe

terrein kan maak. Vir inklusiewe groei is sake-ontwikkeling, mense-

ontwikkeling, voedselsekerheid en eienaarskapsekuriteit nodig.

Luidens ‘n Agri SA persversklaring sal die sukses van dié strategie

afhang van die vermoë van Agri SA om vennootskappe met alle

rolspelers in die waardeketting te vestig. “Talle projekte wat reeds

onderneem word se impak kan veelvoudig vergroot word as dit

beter belyn en gekoördineer word. Agri SA sal hulleself as ‘n

koördineerder vestig om dit te bereik,” het Van der Rheede gesê. Vir

meer inligting oor dié strategie, besoek gerus Agri SA se webtuiste

by

www.agrisa.co.za .

Mnr Senzeni Zokwana (Minister van Landbou, Bosbou en Visserye)

wat kongresgangers op die eerste dag toegespreek het, sê dat

volgens STATS-SA (GHS 2014) ervaar ongeveer 14,1 miljoen

Suid-Afrikaners onvoldoende of ernstige onvoldoende toegang

tot voedsel.

“Toenemende vlakke van absolute armoede is aangeteken in die

Oos-Kaap. Sowat 74% van die mense in die Oos-Kaap leef onder die

broodlyn van R800 of minder per maand. In Alfred Nzo leef ongeveer

40% van die bevolking onder die broodlyn, terwyl sowat 44,7% van

die mense werkloos bly. Hierdie syfers is regtig kommerwekkend

en het implikasies in die hoër afhanklikheid van maatskaplike bystand

in die vorm van toelaes,” aldus Zokwana.

Hy sê die doel van verlede jaar se Wêreldvoedseldag was om

bewusmaking te skep deur te fokus op die rol wat huishou-

dings kan speel in die uitwissing van armoede en hongersnood, wat

voedselsekerheid vir almal sal skep. “Voedselproduksie moet ge-

beur in harmonie met die produksie van natuurlike hulpbronne.

Indien ons die omgewing bewaar en voed, sal die omgewing in ruil

daarvoor vir ons sorg.”

Volgens Zokwana het Brasilië, Rusland, Indië en China (die Brics-

lande) se ministers tydens die Brics-konferensie in Rusland saam-

gestem dat beide armoede en voedselonsekerheid aangespreek

moet word deur middel van ‘n kombinasie van sosiale veiligheids-

nette en -maatreëls wat daarop gemik is om landbouvolhoubaarheid

te verhoog.

“Verder het die ministers ook ingestem dat investering in ‘n sosiale

beskermingstelsel as ‘n kritiese katalisator sal dien vir inklusiewe

groei en volhoubare ontwikkeling. Die bevordering van die vestiging

van meer omvattende voedsame sosiale beskermingsprogramme is

nodig en laastens is daar ook ooreengekom dat die bekendstelling

van die nuwe ontwikkelingsbank as ‘n kragtige instrument kan dien

vir die finansiering van infrastruktuur-ontwikkelingsprojekte in die

landbousektor.”

Hy het die belangrikheid van openbare/privaatsektorvennootskappe

beklemtoon om sodoende die vermeerderde investering wat in die

waardeketting nodig is, te ondersteun.

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Graan SA se afgevaardigdes wat die

Agri SA-kongres bygewoon het, is: Voor:

Jan Grey (hoofbestuurslid), Andries Theron

(visevoorsitter), Louw Steytler (voorsitter),

Victor Mongoato (visevoorsitter),

Willem Groothof (hoofbestuurslid) en

Theo Ferreira (hoofbestuurslid). Agter:

Israel Motlhabane (hoofbestuurslid),

Cobus van Coller (hoofbestuurslid),

Jaco Breytenbach (hoofbestuurslid),

Jannie de Villiers (uitvoerende hoof-

bestuurder), Chris Schoonwinkel

(hoofbestuurslid) en Jaco Minnaar

(hoofbestuurslid).

1