Background Image
Previous Page  35 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 44 Next Page
Page Background

maklik kan bekom. Maak seker dat die

ander lede van die familie ook weet

waar die wapens is en hoe dit gebruik

moet word.

Bêre ander wapens op strategiese plek-

ke om jouself mee te kan verdedig. ‘n

Mes op ‘n strategiese plek mag dalk

handig te pas kom. Dink kreatief.

Maak seker dat jy beheer oor jou mo-

torvoertuigsleutels het. Bêre dit ver-

kieslik op ‘n plek wat gesluit kan word

of so nie, bêre dit op meer as een plek

in die huis. Moet verkieslik nie die sleu-

tel en sy spaarsleutel op dieselfde plek

bêre nie. As daar ‘n probleem is, sal die

booswigte eers die sleutels moet soek

voor hulle met jou voertuie kan vlug.

Booswigte gebruik gewoonlik die plaas

se eie gereedskap om toegang tot die

huis te verkry. Maak seker dat die store

en gereedskapkamers in die aande ge-

sluit is. Maak seker dat veral die hoek-

snyers en snyvlamme agter slot en

grendel in hul eie kaste gebêre word.

Moenie die gereedskapkamer of -kas

se sleutel bo-op die deur se kosyn bêre

nie – dit is die eerste plek waar die

booswigte soek.

In die geval van ‘n ernstige geweldsin-

sident, is die kans baie goed dat iemand

kan seerkry. Sorg dat jy weet hoe om

noodhulp toe te pas en sorg dat daar

‘n toegeruste noodhulpkas beskikbaar

is. Die noodhulpkissie moet verkieslik

in die kamergedeelte van die huis ge-

bêre word.

Roetine kan maklik teen jou gebruik

word. As jy altyd ‘n sekere roetine volg,

kan booswigte dit teen jou gebruik. Stop

jy altyd op dieselfde plek as jy van die

dorp af kom? Booswigte kan jou maklik

hier inwag. Maak seker dat daar meer

as een plek is waar jy stop. Moenie dink

as jy van die kerk af kom dat jy vryge-

stel is van ‘n moontlike geweldsinsident

nie. Inteendeel, jy is gewoonlik dan ‘n

sagte teiken.

Jou plaaswerkers moet weet dat jy nie

kontant op die werf het nie. Hulle moet

ook verkieslik elektronies betaal word

en slegs in uiterste gevalle moet kontant

hanteer word. Probeer die verkoop van

veral vee aan die publiek vanaf jou plaas

tot die minimum te beperk.

Leer jouself om op fyn detail te konsen-

treer. Lê daar nie dalk ‘n leë koeldrank-

blikkie rond nie of is daar nie dalk

sigaretstompies by die hek nie? Hierdie

kan tekens wees dat moeilikheid dalk

op pad is. Indien jou honde vergiftig

is, maak dadelik ander planne, byvoor-

beeld deur ganse te kry en skerp die an-

der veiligheidsmaatreëls baie op. Berei

jouself voor, want daar kan dalk moei-

likheid kom.

Weet wat is jou regte.

Dit is vir jou as produsent belangrik om

aan die regte kant van die wet te bly.

Vergewis jouself wanneer geskiet mag

word, wanneer iemand gearresteer mag

word, hoe die gearresteerde behandel

moet word en wat alles as bewyse be-

skerm moet word. Dit help jou niks dat

jy die booswig vang, maar hy kom vry

op tegniese punte nie. Nog erger: Jy

word dalk ook gearresteer omdat jy die

wet oortree het.

Weet ook wie jy nie toegang tot die

plaas mag weier nie. Reël met die be-

trokke instansies dat hulle altyd met jou

as eienaar ‘n afspraak sal maak oor waar

en wanneer hulle jou en jou werkers sal

kom besoek. In die laatmiddag en aande

moet jy uiters versigtig wees.

Die aanbring van plaasprotokolborde

(kennisgewings) is ook aan te beveel ten

einde toegangsbeheer te vergemaklik.

Dit is egter belangrik dat daar reëls op

jou eiendom van toepassing is en dat

jou werknemers en hul besoekers ken-

nis dra van die inhoud van hierdie reëls.

Plaasveiligheid is en sal altyd jou verant-

woordelikheid bly. Dit is per slot van reke-

ning jy wat die spit gaan afbyt. Maak moeite

daarmee, oefen dit in en pas die planne aan.

Al die georganiseerde landbou-organisa-

sies en plaaslike Polisiekantore het ‘n volle-

dige sekuriteitsplan. Kontak hulle gerus vir

meer inligting. So nie, kan die outeur gekon-

tak word by 082 759 2991.

Graan SA

/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie –

Hester Marx 2013

Probeer om jou huis en belangrike punte met ‘n goeie heining te omring. Vir sigbaarheid is ‘n heining beter as ‘n muur. Die heining hoef nie

noodwendig geëlektrifiseerd te wees nie, maar moet jou eie honde binne hou.

33

January 2016