SA Grain January 2014 - page 8

Onderwerp
Aktueel
ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276 • E-pos:
SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING (ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7270 • E-pos:
REDAKSIE
ASSISTENT-REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449 • Faks: 086 275 4157
E-pos:
SA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
REDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
BLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus, Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
DRUKWERK:
Kagiso BM
Tel: 011 622 3820
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874 • E-pos:
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad is hul eie en ver-
teenwoordig nie noodwendig die mening van Graan SA nie.
The opinions expressed by contributors are their own. They do not neces-
sarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-inligting”-artikels
feite kan bevat oor kommersiële produkte.
“Promotional articles” are paid articles; while “product information” arti-
cles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, tekeninge, advertensies
en alle ander materiaal wat in hierdie tydskrif gepubliseer word, word hiermee
uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op
Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
– Ds Koos Kirsten
Baie geluk aan Shirley Fourie van Douglas wat vir die
November-uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis Bybel gewen het.
Daar word net enkele kere in die Ou Testament na God as Vader verwys
en Hy is nooit deur Israel as Vader aangespreek nie. Wanneer Christus
kom, leer Hy ons egter om God as Vader aan te spreek (Luk 11:2). Daar
het dus met die koms van Christus ‘n groot verandering gekom. Nou is
God nie net meer die groot en verhewe God nie, maar Hy het ook naby
aan ons gekom en vir ons ‘n Vader geword. As Hy ons Vader is,
dan is ons sy kinders.
Net soos ons nie op enige ander manier as geboorte in hierdie wêreld
kan kom nie, net so kan ons nie anders as deur wedergeboorte, kinders
van God word nie (Joh 3: 1 - 16). Deur die Woord en Heilige Gees word
ons wedergebore om kinders van die lewende God te word. Ek kan
weet dat ek wedergebore is as ek in Christus as my enigste
Verlosser en Saligmaker glo.
Net soos ‘n aardse pa sekere dinge aan sy kinders gee en nog ander
goed beloof, so gee en belowe ons Hemelse Vader goed aan ons. Hy
gee kos en klere aan dié wat dit vra. Soms gee Hy dit vir ‘n tyd lank nie,
sodat ons opnuut kan besef hoe afhanklik ons van Hom is. Hy gee meer
as net aardse kos – Hy gee ook die hemelse brood, sy Woord, aan ons,
sodat ons siele nie honger ly nie. Anders as aardse brood, gee Hy dit
op ‘n gereelde basis – ons wil dit egter nie altyd ontvang en eet nie. Ons
gaan nie kerk toe nie en lees nie gereeld uit die Bybel nie.
Ons wil graag elke dag kos hê, maar stel nie altyd belang in
die Brood van die lewe nie.
Die Here verseker ons dat niks ons van sy liefde kan skei nie
(Rom 8:38 en 39). Ons is egter baie keer soos stout kinders wat wil
wegloop en poog dan om ons van God los te maak, sodat ons kan doen
wat ons wil en nie wat Hy wil nie. In die proses kry ons dan baie keer
seer en word kwaad vir die Here omdat Hy hierdie aaklige dinge in ons
lewens laat gebeur. Intussen het ons dit maar net oor onsself gebring.
God gebruik hierdie slegte dinge om ons weer terug
te bring na Hom toe.
Die Here beloof die ewige lewe aan ons wat in Christus glo (Joh 3:16).
Ons is egter baie keer so op die aardse lewe ingestel dat die ewige
dinge agterweë gelaat word. Ons fokus is so op die aardse gerig dat al
ons tyd en energie daarin gaan. Ons spook so hard om onsself te verryk
en ons aardse lewe so gemaklik as moontlik te maak dat die ewige
heeltemal vervaag en ver op die agtergrond gaan staan.
As jy in Christus glo, is jy ‘n kind van God. God verwag van jou om in die
nuwe jaar soos sy kind te leef. Beywer jou dan deurentyd om naby aan
God te leef, jou lewe op Hom te rig en uit die krag van die Gees, kind van
God te wees in hierdie wêreld.
Uit die
Woord
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...52
Powered by FlippingBook