SA Grain January 2014 - page 6

Hoofartikel
Januarie 2014
4
A
an die einde van elke jaar vra al die landboutydskrifte en media ‘n
vooruitskouing vir die nuwe jaar. Nadat ek ‘n dokument vir hierdie
doel opgestel het, was ek eintlik verbaas oor die goeie vooruitsigte
ten opsigte van die vraag na grane en oliesade.
Ja, ek weet, daar is ook dié dinge wat nie so goed lyk nie, maar dit is
meestal dinge waaraan ons baie min kan doen. Die hele seisoen was ‘n
maand laat. Die produsente van die suide moes ‘n maand lank wag vir die
reën om op te klaar sodat hulle kon oes en toe moes die produsente van
die noorde ‘n maand wag vir die reën om te kom voordat hulle kon plant.
Dalk is dit juis iets wat ons die nuwe jaar saam met ons moet indra: Kom
ons bekommer ons nie oor dit waaraan ons min kan doen nie. Die proses
van grondhervorming sal steeds voortgaan en die weer en markte sal
onvoorspelbaar bly. Swak dienslewering en korrupsie sal seker, soos die
armes, altoos met ons wees in 2014.
Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat die vraag na graan en
oliesade steeds sterk groei. Met die immer groterwordende fokus op
landbou in Afrika en die voedselsekerheid wat dit moet meebring,
voorspel dit net goeie tye vir produsente. In 2014 sal ons aandag as
organisasie steeds gefokus wees op volhoubaarheid. Al hierdie groei in
vraag (plaaslik en/of internasionaal) moet omgeskakel kan word na wins-
gewende produksiegeleenthede.
As deel van volhoubaarheid gaan ons as organisasie hierdie jaar ook met
nuwe ywer en visie kyk na ons volgende generasie...Volgende generasie
tegnologie, maar veral ook na die mense van die volgende generasie.
Waar sit die navorsers, landbou-ekonome, markontleders en leiers van
môre? Wie leer hulle? Waar is die volgende generasie plaaswerkers wat
ons hoogsgesofistikeerde implemente moet hanteer? Hulle is dalk nou
so iewers in hulle twintigs besig met hul selfone, oorfone en hormone!
Miskien weet hulle nog nie van springhaasrotte, Sclerotinia en dieselra-
batte nie, maar hulle is gereed om daarvan te leer – as daar maar net
iemand is wat vir hulle die pad kan wys. Ek het ook in my nadenke oor die
volgende generasie gewonder hoe verkeerd die woord transformasie of
oordraging kan wees.
Transformasie klink soos iets vat van een en vir ‘n ander gee en dan het jy
dit nie meer nie. Met grond kan dit dalk nog so werk, maar met inligting
en kennis kan dit mos nie so werk nie. Ek verloor mos nie iets as ek dit
vir ‘n ander leer nie. So, kry gerus ‘n nuwe beeld van kennisoordraging.
In Novembermaand het ek die “jongspan” van Graan SA se personeel, so
in hulle twintigs, op ‘n dag bymekaargemaak en hulle so ‘n paar basiese
lewenslesse geleer. Daar was ook so ‘n paar Ekonomie 101 lesse tussenin
net indien hulle dit dalk op universiteit gemis het, maar die uitkoms was
baie positief.
DIE VOLGENDE GENERASIE
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...52
Powered by FlippingBook