SA Grain January 2014 - page 3

1
January 2014
Voorpunt
My hart klop in my keel en ek voel benoud...’n Mens sou dink dit is ek
wat vanjaar vir die eerste keer skool toe gaan en nie ons oudste spruit nie!
Hoe is dit moontlik? Kan ons meisiekind al grootskool – Graad 1 – toe
gaan? Kan tyd so vinnig verbygaan? Ek onthou dan nog my eerste skool-
dag as sub A’tjie by die plaasskool asof dit ‘n jaar of drie terug was. Die
reuk van my groot, bruin skooltas. Die rooi linte in my poniesterte. My
kraaknuwe skoolskoene – skitterblink – wat my voete, wat glad nie ge-
woond aan skoene was nie, so gedruk het. Ons eerste saalbyeenkoms
met Pa en Ma wat, soos vir die volgende twaalf jaar, agter in die saal sit.
En juffrou Emsie – my Sub A-juffrou. En die eerste busrit terug huis toe...
toe ek gedink het ons ry verkeerde pad...ek wil eerder nie aan daardie
benoude gevoel dink nie!
Onthou jy ook nog jou eerste skooldag – die belangrike gebeurtenis, ‘n
opwindende dag, in enige mens se lewe? Sterkte aan al die ouers wie se
kinders (terug) skool toe is. ‘n Nuwe hoofstuk in hulle lewens, sowel as in
ons s’n, het begin. En dankie vir elke oupa en ouma se omgeehart vir die
kleinkind-tjokkertjies wat so kosbaar is.
‘n Mens kan nie anders as om aan nog ‘n nuwe hoofstuk te dink nie
– ‘n nuwe hoofstuk vir Suid-Afrika ná die afsterwe van oudpresident
Nelson Mandela. In Desember het ons die lewe en leierskap van die vader
van ons nasie, Nelson Mandela, geëer. Soos wat Agri SA in ‘n persver-
klaring gesê het: “Nelson Mandela se lewe en bydraes het gedien as ‘n
voorbeeld vir Suid-Afrika en die wêreld
van waardigheid en leierskap.” Rus in
vrede, Madiba. Mag jou “Madiba magic”
voortleef in Suid-Afrika.
E-boek
Onthou
SA Graan/Grain
is nou ook as ‘n eBoek beskikbaar. Die elektro-
niese blaaiboek het presies dieselfde inhoud as die gedrukte formaat.
Jy kan dit op jou slimfoon, tablet, skootrekenaar en tuisrekenaar kry
– kosteloos. Laai dit af by
.
Graangids
Saam met die uitgawe word die
Graangids
gepos. Dit bly steeds ‘n be-
langrike medium vir tegnologie-oordraging en die verspreiding van in-
ligting. Waardevolle inligting oor saad, werktuie, toerusting, bemesting,
onkruid en plaagbeheer, markte en finansiële bestuur asook kontakbe-
sonderhede van verskaffers kan in die gids gevind word.
Voorspoed vir 2014! Mag ons goeie herinneringe aan dié jaartal koester.
Estie de Villiers –
Assistent-redakteur
Ontmoet ons
medewerkers...
Louie Esterhuysen is in Pretoria gebore, het in
Bothaville grootgeword en woon die afgelope vyf
jaar in Klerksdorp. Sy het in 2013 by die Infoworks-
span as projekbestuurder aangesluit. Louie het haar
graad in BA Kommunikasie en haar BA Honneurs
in Mediabestuur gedoen en is tans besig met ‘n
Meestersgraad in Kommunikasie.
Politiek, media, fotografie en die natuur is maar
‘n paar van die goed wat haar opgewonde in die
lewe maak. “Dit is ook vir my belangrik om soveel
as moontlik tyd saam met my familie te spandeer.
Ek hou daarvan om met mense te werk en ek kies
om altyd ‘n positiewe uitkyk op die lewe te hê. Die
belangrikste lewensles wat ek geleer het, is om
nie bang te wees vir mense met meer gesag as jy
nie, maar om met jou kop regop en skouers breed
deur die lewe te loop en steeds nederig te bly.”
In ons maandelikse
rubriek,
Lede-landskap
,
wat ‘n blik op Graan SA
se lede en tak-aktiwiteite
gee, gee Hans van der
Berg (ledebemarking- en
kommunikasiebeampte,
Graan SA) terugvoer
oor die laaste streeks-
vergadering vir 2013 op
Douglas. Graan SA beplan
ook streeksvergaderings
wat Kongres vooraf sal
gaan en op bladsy 15
word die voorlopige
datums en plekke
bekend gemaak.
Dr Annemie Erasmus
(LNR-IGG) waarsku
produsente om op die
uitkyk te wees vir die
mieliewortelwurm.
Hierdie minder bekende
plaag is voorheen al ge-
rapporteer in KwaZulu-
Natal en Mpumalanga.
Daar is egter onlangs
ook ‘n geval aange-
meld in die Noordwes
Provinsie waar tot 42%
van die saailinge op
landerye beskadig is.
Mieliesaailinge kan só
beskadig word dat die
plantestand só afneem
dat dit moontlik nodig
sal wees om oor te
plant. Lees meer op
bladsy 24.
Op bladsy 26 verduide-
lik dr Hendrik Smith
(Graan SA) waarom
bewaringslandbou die
oplossing vir gemengde
boerdery in marginale
saaigebiede is. Hy vertel
van Manus en Francois
Fouché van Zastron se
boerdery; wat die dryf-
veer agter hul toetrede
tot bewaringslandbou
was. Hulle gee raad oor
wat vir hulle werk; wat
se lesse hulle geleer het
en moedig produsente
wat in bewarings-
landbou belangstel
aan om te gaan kyk na
produsente waar
dit werk.
Die internasionale
produksie vir die
2013/2014-seisoen lyk
tans baie belowend met
groot verwagte produk-
siesyfers. Dit kan ‘n
omvangryke implikasie
hê op die produksie
en verbruik van produk-
te soos olie en oliekoek.
Dr Dirk Strydom,
SA Graan/Grain
medewerker, gee op
bladsy 42 die vooruit-
sigte van die inter-
nasionale oliesade-,
olie- en oliekoekmark.
Volgens hom sal dit
belangrik wees om
die Suid-Amerikaanse
scenario asook die
wisselkoers tot en met
begin Maart dop te hou.
Medewerkers vir hierdie uitgawe
Pieter Burger, PM Caldwell, Jannie de Villiers, Leon du Plessis, Jan du Preez, Susan Engelbrecht,
Annemie Erasmus, Louie Esterhuysen, Petru Fourie, Mary James, MD Laing, Koos Kirsten, Charlie Reinhardt,
Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Dirk Strydom, Funzani Sundani en Hans van der Berg
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...52
Powered by FlippingBook