Background Image
Previous Page  53 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 64 Next Page
Page Background

Minder sout of meer opvoeding?

V

olgens navorsing is Suid-Afrikaners se leefstyl die oorsaak

dat hul meer vatbaar is vir hartsiektes en beroertes. Die

Heart and Stroke Foundation van Suid-Afrika beweer dat

80% van kardiovaskulêre siektes voorkom kan word deur ‘n

leefstyl te volg wat minder sout insluit.

Verskeie kossoorte is dus geïdentifiseer waarvan die soutinhoud

verlaag moet word en die eerste verlaging moes reeds teen

30 Junie verlede jaar geïmplementeer gewees het. Brood is as een

van die kossoorte geïdentifiseer wat die grootste bydrae lewer

tot “verhoogde sout-inname” aangesien dit deel vorm van die groot-

ste deel van die populasie se daaglikse dieet.

Aangesien die LNR-Kleingraaninstituut navorsing op koring (die

hoofbestanddeel van brood) doen, het die Instituut besluit om ‘n

ondersoek oor brood onder sy personeel te loods. Die resultate

het soos volg daar uitgesien:

64% van die personeel het aangedui dat brood deel van hul

daaglikse dieet vorm.

Dié 64% eet daagliks gemiddeld 3,5 snytjies per persoon.

81% van die persone voeg addisionele sout by hul brood in die

vorm van broodsmere of koue vleis.

62% van die deelnemers het beweer dat brood voldoende sout

bevat.

91% het aangedui dat hul bewus is van die risiko indien te veel

sout ingeneem word.

Deelnemers was dit eens dat die probleem nie opgelos gaan word

deur voedsel se sout-inhoud te verlaag nie, want elke persoon kan

steeds sout byvoeg tydens of na die gaarmaakproses en dit geld nie

net vir broodverbruik nie. Die publiek moet opgevoed

word rakende soutgebruik en moet geleer word om

sout oordeelkundig en indien nodig, by te voeg.

51

February 2017

CHRISSIE MILES,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

Tydsberekening en toedieningsparameters

Begin spuit wanner ‘n infestasie opgemerk word. Indien 90% be-

heer op 100 myte verkry word, is die probleem opgelos. Onder hoë

infestasiedruk is dit egter ‘n ander scenario. Gestel ‘n miljoen of

meer myte kom in ‘n land voor, sal die 10% wat oorbly, steeds van

ekonomiese belang wees.

Bereken die mytpopulasies in die gewas soos volg deur weekliks

te verken:

Ondersoek 48 plante per 15 ha.

Kies drie blare per plant: Een in die middel en twee in die boon-

ste deel van die stam.

Tel die aantal volwasse wyfies op die blare en ken die syfer

toe aan die volgende vlakwaardes van die totaal:

Geen myte = 0

Een tot tien myte = 1

Elf tot 30 myte = 2

> 31 myte = 3

Die populasie-indeks word dan bereken deur al die waardes

bymekaar te tel en deur 48 te deel.

Begin dan met die spuitaksie indien die populasie-indeks ‘n

waarde van 1 bereik het.

Herhaal die bespuiting sodra daar ‘n duidelike toename in die

populasie-indeks is.

Hou ook die volgende in gedagte:

Plante tot so hoog soos 1 m: Gebruik ten minste 200 liter/ha

spuitmengsel vir grondbespuiting en 30 liter/ha vir lugbespui-

ting.

Plante tussen 1 m tot 1,5 m in hoogte: Gebruik ten minste

200 liter/ha spuitmengsel vir grondbespuiting en 40 liter/ha vir

lugbespuiting.

Plante groter as 1,5 m: Gebruik ten minste 200 liter/ha

spuitmengsel vir grondbespuiting en 40 liter/ha vir lugbespui-

ting.

Effektiewe toediening is krities: Indien die plante 50 cm tot

1,2 m hoog is, kan ‘n trekkerbespuiting met ‘n spuitapparaat

nog gebruik word met die versekering van ‘n goeie voldekbe-

spuiting.

Die mikpunt is om die boonste vyf tot ses blare mytvry te hou

tot en met die sagte deegstadium van die mieliepitte. Van die

geregistreerde produkte kan ook met ‘n spilpuntbesproeiingstelsel

toegedien word.

Die spuitmengsel moet in die besproeiingstelsel ingespuit word

met ‘n positiewe verplasingsmeterpomp.

Indien die chemiese spuitstof nie met die spilpuntbesproeiing-

stelsel verbind is nie en die spuitmengsel word direk in die

spilpuntmasjien ingespuit, moet die spilpunt op maksimum spoed

gestel word om die minimum watervolume per hektaar neer te

sit. Indien nie, sal die chemiese aktiewe bestanddeel op die grond

beland en nie op die mielieblare nie.

Spuit die spuitmengsel egalig oor die teikenarea in ‘n voortdry-

wende operasie om goeie bedekking van die teikenarea te verseker

en hierdie plaag effektief te beheer.

Indien ‘n hoë aanplanting gedoen is en die mielies is reeds in die

pluimstadium, is lugbespuiting die enigste toediening – wat be-

teken dat effektiewe bedekking van die onderste derde van die

plante moeiliker verkry word. ‘n Tweede toediening sal in dié ge-

val nodig wees. Die syferspel raak krities en oesverlies klop aan

die deur!

Die volgende vraag kan onmiddellik gevra word: Wat van toe-

diening deur die besproeiingstelsel? Ja, dit kan gebruik word, maar

soos reeds genoem, is effektiewe bedekking van die teikenarea

(veral die onderkante van die blare) krities.

Die afloopfaktor, asook die verdunningseffek van die spilpunt se

watervolume, benadeel hierdie vereiste tot ‘n groot mate en effek-

tiewe beheer word nie deur sodanige stelsels verkry nie.

Opsommend

Wat moet jy weet en doen om hierdie plaag effektief in jou mielies

te beheer?

Ken die lewensiklus van die myt.

Indien jy die plaag in die mielieland opmerk, bereken die

populasie-indeks onmiddellik en begin chemiese beheer toepas

– indien nodig.

Effektiewe toediening is essensieel.