Background Image
Previous Page  16 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2016

14

Hoe mededingend is ons

graan- en oliesaadbedrywe

in ‘n globale konteks?

G

lobalisering word toenemend ‘n realiteit: Nie net in in-

dustriële bedrywe nie, maar ook nader aan die huis – in

die landboubedryf. Dit is alreeds duidelik sigbaar in die

tempo waarteen konsolidering van insetmaatskappye

plaasvind, maar nog meer belangrik in die direkte korrelasie tussen

internasionale en plaaslike mark- en insetpryse.

Plaaslik vergelyk produsente reeds gewasse en streke deur middel

van deelname aan studiegroepe en ekonomiese buro’s om mede-

dingendheid te bepaal. Die realiteit van die moderne era is dat

plaaslike produsente nie meer hul boerderyaktiwiteite in isolasie

kan bestuur nie, maar eerder in ‘n globale omgewing, wat geasso-

sieer kan word deur langtermyn-volhoubare en mededingende

bestuurspraktyke.

Deel van hierdie benadering is om natuurlike hulpbronne meer

produktief en effektief te benut. Die groot vraag is dus – gegewe

hierdie internasionale speelveld, naamlik die wisselwerking van

die vryemarkstelsel en beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne

– hoe mededingend is ons vergeleke met ons internasionale

kompetisie?

Een van die faktore wat natuurlik ‘n sleutelrol in mededingendheid

speel, is die subsidies wat produsente in verskeie lande ontvang.

Die wêreldvoorrade van graan en oliesade is tans aansienlik hoog

– wat internasionale pryse afwaarts geforseer het en uiteindelik

veroorsaak het dat winsmarges van produsente reg oor die wêreld

onder hewige druk verkeer.

Die Amerikaanse regering het onlangs bekend gemaak dat hulle

hul produsente met R96 miljard gaan ondersteun. Die hulp word

verleen na aanleiding van die heersende lae pryse en om volhou-

bare landproduksie te verseker.

Nie net Amerika ontvang subsidies nie, maar ook ander lande wat

landbouprodukte produseer. Om die mate van subsidies tussen

lande te vergelyk, ondersoek die Organisasie van Ekonomiese

Samewerking en Ontwikkeling (OECD) ‘n maatstaf genaamd

Produsente-ondersteuning-skatting (POS) wat ondersteuning aan

produsente in persentasie kwantifiseer.

Daaruit kan afgelei word dat lande in die Europese Unie (EU) sub-

sidies van so hoog soos 19,25% ontvang. Subsidies in ‘n ekono-

miese konteks kan nie altyd geregverdig word nie en word dikwels

gesien as ‘n onregverdige speelveld vir produsente wat internasio-

naal moet kompeteer.

Alhoewel hierdie tipe intervensies nie regtig binne die beheer van

die produsent is nie, moet daar eerder gefokus word op dié

aspekte wat ‘n boerderybesigheid oor die kort en lang termyn meer

produktief, meer effektief en meer winsgewend kan maak.

Die beste vertrekpunt is om ons primêre bedrywe met sleutel-

kompeterende lande te vergelyk. Die Buro vir Voedsel en Land-

boubeleid (BFAP) behoort aan die internasionale netwerk,

agri

benchmark

, wat ‘n platform is om primêre bedrywighede, produk-

siestelsels en die ekonomie daaragter te verstaan en te vergelyk.

Die netwerk bestaan uit meer as 30 lande waar een standaard

metodologie gebruik word om data in te samel en dit vergelykbaar

te maak. Volgens die verslag is dit duidelik dat die plaaslike mielie-,

koring- en sojaboonopbrengste onder dié van die internasionale

gemiddeld is – buiten vir ons tipiese besproeiingsplaas (

Grafiek 1

,

Grafiek 2

en

Grafiek 5

).

Die laer opbrengste veroorsaak dat produksiekoste om ‘n een-

heid in tonnemaat te produseer hoër is as in lande met beter

opbrengste (

Grafiek 3

,

Grafiek 4

en Grafiek 5). Byvoorbeeld: Die

gemiddelde direkte koste vir ‘n tipiese plaas in die Oos-Vrystaat

tussen 2012 tot 2014 was $107/ton mielies geproduseer teenoor

$97 in Indiana, Verenigde State van Amerika. Dit is egter belangrik

om in ag te neem dat ‘n reeksdroogte oor die somerreënvalge-

bied die afgelope paar jare voorgekom het, wat tot laer opbrengste

gelei het.

Die koste van kunsmis word tans as ‘n groot uitdaging beskou

siende dat dit in baie gevalle die enkel duurste insetveranderlike

in verskeie graan- en oliesaadverbouings (ongeveer 40% van direk-

te koste) is.

Grafiek 6

en

Grafiek 7

illustreer duidelik dat Suid-Afrikaanse

kunsmiskoste per eenheid van die duurste ter wêreld is. In die

steekproef was stikstof die tweede duurste en fosfate die vierde

duurste.

Die sleutelbydrae tot hoër kostes is dat Suid-Afrika ‘n netto invoer-

der van kunsmis is. Ons word dus blootgestel aan ‘n reeks inter-

nasionale en plaaslike prysfaktore – wat die hoë koste van vervoer,

makro-ekonomiese volatiliteit soos die verswakking die wissel-

koers en plaaslike opgerolde kostes in die waardeketting om kunsmis

in die binneland te kry, insluit.

‘n Verdere verswakking in die wisselkoers sal dus verder bydra tot

hoër insetkostes.

In terme van bruto marges vir mielies is Suid-Afrika onder die inter-

nasionale gemiddeldes, maar plaaslike produksie is nie aan die

onderkant van die spektrum nie. Die Suid-Afrikaanse produsent

OP PLAASVLAK

Mededingendheid / Plaaslik / Internasionaal

Bestuurspraktyke

DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA en

DIVAN VAN DER WESTHUIZEN,

Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP)