Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

d

ie jaar is op sy rug. 2015 sal in die annale opgeteken staan

as seker een van die droogste jare ooit. Dit was droog

in die noorde en in die suide. Dit is die jaar waarin so

baie voorspel het dat grondhervorming sou rigting kry

om die onsekerhede in landbou te verminder. Dit het

toe nie gebeur nie: ‘n Heel nederige ervaring vir dié van

ons wat dit voorspel het.

‘n Jaar waarin die agteruitgang van ons ekonomie ons almal bekom-

merd maak en oral tot protesaksies lei. Die korrupsievlakke het beslis

‘n “all time high” bereik! Ons kon nie die finaal van die Rugbywêreld-

beker haal nie – ten spyte van al die produsente wat daar was om ons

span te ondersteun. Dit is nie hoe ‘n mens na jou land wil verwys nie.

Die kommerwekkende tendens van stygende kosinvoere is

ook nou nie juis iets wat ons as landbouers wil sien of hoor

nie. Meer en meer dreigemente van staatsinmenging in die

landbou hou ons snags wakker. Wanneer gaan die mensdom

leer? Afrika met al sy inmenging van staatskant af is die enig-

ste deel van die wêreld waar daar konstant voedselonseker-

heid en -tekorte is. Dit was so amper of dit was in baie opsigte

vir landbou ‘n interne ondersoekjaar.

Elke produsent moes eers sy eie huis in orde kry en die droogte

oorkom. Ons het ook baie goed gevorder om ons interne strukture

in georganiseerde landbou te vernuwe. Daar is nuwe bloed in die

leierskapspan by Agri SA, wat gereed is om die nuwe bedeling met

nuwe planne aan te pak. Graan SA het ook heelwat tyd aan ons in-

terne befondsing en begrotings spandeer. As jy ‘n pak vat soos die

afgelope jaar, is dit gewoonlik maar in stilte.

Een só ‘n pakslae wat nie in stilte was nie, was in my Standerd 3

(Graad 5)-jaar. Die moedelose Juffrou Joubert het al die stout

kinders, onder toesig van die klaskaptein, na die hoof se kantoor

gestuur. Mnr Barnard, of ´Plos´ soos ons hom genoem het, was nie

‘n Jaar van interne ondersoek

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

in ‘n goeie bui nie en het sommer almal voor die voet gefoeter! Selfs

die slim, soet en gehoorsame Hennie het ook sommer deurgeloop.

Hy was nie stil daaroor toe hulle almal doodstil en stroopsoet weer

terug in die klas ingekom het nie!

In só ‘n stilte is dit weer tyd om potlode skerp te maak en seker te

maak daar is nie onnodige vet in begrotings nie en nie onnodige

kostes in produksie-insette nie. Stilte is ook ‘n goeie tyd om na die

hele plaaseenheid se volhoubaarheid te kyk. Volgens ons bewa-

ringslandbou-opname onder Graan SA-lede wil dit blyk dat daar

alreeds sowat 40% van ons hektare deur een of ander vorm van

bewaringslandbou bewerk word. Dit is goeie vordering en ‘n goeie

teenvoeter vir die droogte.

Die stilte van ‘n droë jaar skep baie dinktyd. Dink oor die toekoms,

verhoudinge en prioriteite. Laat ek ook net weer elke lid van

Graan SA die versekering gee dat ons, as personeel, julle op ons

harte dra. Nie net wanneer ons die werk doen nie, maar wanneer

ons, saam met julle, in stilte die wolke dophou en vir reën vra.

4

Desember 2015

Die stilte van ‘n droë jaar

skep baie dinktyd.

Dink oor die toekoms,

verhoudinge en prioriteite