Background Image
Previous Page  11 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 44 Next Page
Page Background

9

December 2015

grondkwaliteit bevorder

onder die vergrootglas

D

aar kan meer mikrobes in een teelepel grond gevind word,

as wat daar mense op aarde is. Hierdie organismes is

essensieel vir suksesvolle bewaringslandbou aangesien

hulle grondlewe bevorder.

Grondmikroörganismes

Die volgende mikroörganismes word in grond aangetref:

Bakterieë

Swamme en bakterieë sal die belangrikste en grootste persentasie

van mikroörganismes in die grond uitmaak in só ‘n teelepel grond.

Grondmikroörganismes is baie belangrik aangesien dit ondermeer

betrokke is by byna elke chemiese proses wat in die grond plaasvind.

Grondkwaliteit word onder andere ook verbeter aangesien hierdie

mikroörganismes by nutriëntsiklusse, wat nodig is vir plantegroei,

betrokke is. ‘n Voorbeeld hiervan is die bekende simbiotiese

verhouding tussen peulplante en stikstofbindende bakterieë.

Bakteriese aktiwiteite word veral gestimuleer in die teenwoordigheid

van plantwortels in die grond wat nog nie afgesterf het nie.

Mikorisa

Swamme speel ook ‘n belangrike rol, soos gesien kan word in die

simbiotiese verhouding wat bestaan tussen wortels en arbiskulêre

mikorisa. Dié swamme bevoordeel sekere gewasse deurdat hulle die

opname van minerale in die grond fasiliteer.

Mikorisa, weens sy uitgebreide swamnetwerk en verbinding met

die plantwortelstelsel, gee die gasheerplant toegang tot ‘n groter

voorraad vog en voedingstowwe in die grond. Dit kry suiker vanuit

die plantwortels en stel die suiker vry aan ander bakterieë en

organismes, wat op hul beurt help om voedingstowwe in die grond

plant-opneembaar te maak. Indien die mikorisa nie aktief is nie,

soos in die geval waar konvensionele praktyke soos ploeg toegepas

word en die mikorisa versteur, kan die plant nie effektief fosfor

opneem nie en word meer kunsmis vereis.

Erdwurms

Tesame met die praktyk van bewaringslandbou, kom nog ‘n voor-

deel voor, naamlik dat die teenwoordigheid van erdwurms in die

grond bevorder word. Erdwurms word gesien as die ingenieurs

van die grond vanweë die dramatiese veranderinge wat hulle op die

grondstruktuur teweegbring.

Hierdie veranderings sluit in:

Die verbetering van die grond se struktuur deurdat hulle tonnels

grawe op soek na voedsel;

Die verbetering van grondvrugbaarheid deurdat hulle organiese

materiaal aftrek in die grond in;

Verbeterde dreinering van reënwater vanaf die grondoppervlak

deur hierdie tonnels; sowel as

Verbeterde belugting in die grond.

Erdwurmgietsels (grond wat deur die wurm se liggaam beweeg het)

verleen ‘n krummelrige tekstuur aan die grond, wat voordelig is vir

plantegroei. Daar is bevind dat hierdie gietsels ‘n hoër nutriëntinhoud

het as die omliggende grond.

Erdwurms help verder ook om aalwurmgetalle en siekte-

veroorsakende swamme te bekamp, deurdat hulle daarop voed.

In bewaringslandboupraktyke word deurgaans meer en groter

erdwurms aangetref. Ongelukkig is erdwurms beperk tot gronde met

klam, koel toestande en sal hulle daarom nie in droë gedeeltes van

die land gevind word nie.

Hoe word ‘n gesonde grondhabitat vir

grondmikroörganismes gevestig?

Alhoewel grondorganismes in swak grondtoestande kan oorleef,

reageer hulle skerp indien toestande verbeter. Die toestande in die

grond en die gehalte van die voedselbronne (plantreste) bepaal die

hoeveelheid mikroörganismebevolkings wat in die grond voorkom.

Soos plante groei en volwasse word, begin van hul residu’s ontbind

en voedingstowwe word vrygestel vir die vorming van organiese

materiaal in die wortelsone. Die mikrobes tree op as middelman en

dien as tydelike opbergingsplek vir voedingstowwe wat mettertyd

tot die plant se beskikking gestel word.

‘n Manier om die mikrobes te stimuleer, is om geenbewerking toe

te pas (hoe minder die grond versteur word, hoe voordeliger vir die

opbloei van mikrobes) en om ‘n peulgewas te verbou.

Diversiteit van gewasse hou groot voordele vir die grond in.

Organismes herstel vinniger nadat die grond versteur is en die

verskille in wortelstruktuur en diepte, bevorder grondkwaliteit en

-struktuur. Dekgewasse of grasrusoes is ideaal vir laasgenoemde en

sorg sodoende dat die profiel met lang en kort wortels gevul is.

Die wortels sal dan later organiese materiaal vorm en dus sal hierdie

verskeidenheid van materiaal die ondergrondse lewe bevorder.

Wisselbou is só effektief, dat slegs een seisoen van ‘n peulgewas

in andersins monokultuurmielies ‘n robuuste gemeenskap van

grondmikrobes kan skep wat die grondkwaliteit vir ‘n periode van tot

vyf jaar kan verbeter.

Mikorisapopulasies kan ook bevorder word deur die aanplant van

peulgewasse tesame met gewasrotasie met gewasse soos mielies

en sonneblom, wat goeie gashere van mikorisa is. Biodiversiteit

bevorder dus grondkwaliteit.

Volhoubare graanproduksie is afhanklik van hoë kwaliteit grond

en voedingstofinhoud. Hierdie kwaliteit word grootliks deur die

mikrobiese bevolking in die grond teweeggebring. Die voorkoms

van die mikroörganismes in die grond kan dus ‘n aanduiding gee

van die kwaliteit van die grond. Baie metodes kan gebruik word om

grondkwaliteit te verbeter deur die mikrobepopu-

lasies te bevorder. Wanneer die grond nie versteur

word nie, soos in die geval van bewaringslandbou,

kom die grondmikrobiese bevolking tot sy reg.

CHARNÉ MYBURGH,

LNR-Instituut vir Graangewasse

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Bakterieë / Mikorisa / Erdwurms