Background Image
Previous Page  2 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 2 / 44 Next Page
Page Background

Syngenta Suid-Afrika, Privaatsak X60, Halfway House, 1685.

Tel

(011) 541 4000

Fax

(011) 541 4072

www.syngenta.co.za

Syngenta glo dat die toekoms van landbou gevorm moet

word en nie aan omstandighede oorgelaat kan word nie.

Vanuit hierdie agtergrond het Syngenta, in samewerking

met die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat, ‘n

pasmaak-leierskapsontwikkelingsprogram ontwikkel en reeds

vanaf 2013 suksesvol geïmplementeer vir jong kommersiële

boere wat die argitekte van môre se landbou-arena wil wees.

Die Grain Academy sal die individu op persoonlike en professionele vlak baat en waarde toevoeg tot die breër

landbou-gemeenskap. Die program bestaan uit drie blokke van drie dae elk en word by die Universiteit van

die Vrystaat se Sakeskool op Bloemfontein aangebied.

Vir meer inligting en om te registreer, kontak asseblief:

Du Preez Kritzinger:

du_preez.kritzinger@syngenta.com

of

082 574 2272

@SyngentaSA

Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Januarie 2016

“Ek het verwag om van gewasse te leer - toe word die grootste tekortkoming aangespreek - my bestuurs-

vaardighede & leierskapsontwikkeling!”

Chris Bender, Clocolan, Vrystaat – 2013 Grain Academy alumni.

Syngenta

Grain Academy

Die inisiatief word deur Graan SA ondersteun. In die woorde van

Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder Graan SA:

“Die stigting

van ‘n Grain Academy is in lyn met Graan SA se strategiese doelwitte en

ons is opgewonde om in vennootskap met Syngenta ook hierop af te lewer.

Die toekoms van volhoubare produksie lê in ons mededingendheid en dit kan

net met opleiding verbeter word.”

Die Syngenta Grain Academy is ‘n leierskapsontwikkelings-

program en sal die volgende onderwerpe onder meer aanspreek:

Die veranderende en interaktiewe toekoms van landbou

Die kuns om mense saam te neem op ‘n pad van nuwe uitdagings

Hoe om diversiteit tot jou voordeel te gebruik

Hoe om sin te maak uit ‘n oorvloed van inligting

Hoe om leiding te neem en verandering te fasiliteer in ‘n era van transformasie