Background Image
Previous Page  42 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 44 Next Page
Page Background

40

E-POSSE

aan Groot neef

Oom Blade se tuit

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Desember 2015

Beste Grootneef

d

ie dae rek nou bene na die jaareinde met die soelheid

van lang somersdae. Tyd loop soos water deur die

uurglas. Dit is al amper weer Krismis!

En wat ‘n jaar was dit nie.

Buurman sê as die Chinese ‘n jaar vir elke denkbare ding het, kan ons

2015 vernoem na “Die Jaar van die Beswaarde Student”. Kyk, die

uitdrukking op oom Blade se gesig was dié van salige genoegdoe-

ning, toe die studente nog gesing en gedans het dat Rhodes moet

val. Oom Blade se gesig het egter in een groot koffietuit verander,

toe dieselfde studente ‘n maand of wat later vers twee aanhef,

dat oom Blade moet val. En dit nogal voor die hele Praathuis.

Oom Blade se megafoontjie, waarmee hy ‘n langafstandoproep na

die studente wou probeer, het nie ‘n dooie duit gemaak nie. Die

rumoer was net te erg. Want vers drie van die gesang het gehandel

oor fooie wat moet val. Met die laaste vers, het ‘n hele paar ver-

moeide belastes by die ritme van die refrein ingeval. Viva en al daai

lekker dinge. Want studietyd is duur tyd.

Hopelik sal die span studente wat nou so stofgetrap het in die

strate, gou leer hóé veeleisend dit is om voltyds te protesteer. En

dat hul manewales nie die stille meerderheid wat eintlik net wil

voorberei vir eksamens, sal ontwrig nie.

Die moeilikheid het eintlik begin met verkose ower-

stes wat niks het nie en dit met almal wil deel. Dis

mos maklik om voor ‘n verkiesing babas te soen en

die hemel en die aarde te belowe. Niemand herinner

studente egter daaraan dat die lewe nie ‘n soustrein is

wat van perron tot perron verskuif nie, maar dat sout

eintlik verdien word in die sweet van jou aangesig.

Ek sien op TV hoe kwaad die studente is. Buurman sê,

as iemand vir iemand kwaad wil wees, wees kwaad

vir Adam en Eva. Dis die tweetjies se geappel-

etery wat ons nou in ‘n gebroke werklikheid het.

Ons kon almal nou nog lekker in die Paradys rond-

gejol het

à la

Beau Brummel. Nou moet ons egter

die wêreld met dorings en distels deel. Só: Kom

oor dit en fokus my kind.

Ek wonder in watter stoor die beeld van Cecil John

Rhodes nou rondlê. En of daar nie dalk ‘n onopsigtelike

plastiekstoeltjie langs die gevalle held van die

Britse Ryk geplaas kan word nie. Net ingeval

oom Blade so nou en dan wou inloer om met ou Cecil

te gesels oor die hinterland en sy mense.

Ou Neef, so aan die jaareinde is daar genoeg moeilikheid in ons ou

landjie om ons besig te hou tot in 2025.

Kerstyd is egter ‘n tyd om die plaashek toe te trek en vir ‘n wyle net

stil te raak oor die wonder van genade wat steeds vir ieder en elk

uitgestrooi word. Nuut elke môre, soos manna op die duine.

Maak op Oukersaand ‘n vuurtjie net vir die familie. En gedenk die

wonder daarvan dat reën dooie veld binne ‘n week in ‘n lushof

kan verander. Gedenk ook die wonder van samesyn, familie

en vriendskap.

En sing dan op Kersoggend die ou gesang:

“Van die velde

Uit die strome

Uit die diepte van die see

Uit die wolke van die bome

Deel Hy milde seën mee

Jaar en maand en dag en stonde

Elke vlugtige sekonde

Het U liefde en U trou

Steeds oor my die wag gehou.”

Want 2016 het weer genoeg van sy eie kwaad.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef