Background Image
Previous Page  41 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 44 Next Page
Page Background

Nuwe Audi Q7 bied uitstekende ritgehalte

d

ie nuwe Audi Q7 wat in Oktober vanjaar in Suid-Afrika

vrygestel is, is ‘n spoggerige sportiewe nutsvoertuig

(SNV), wat luukse motorrygerief bied in ‘n voertuig wat

vir alle paaie kans sien.

Die Audi Q7 is alreeds sedert 2006 in Suid-Afrika

beskikbaar en meer as 4 700 van hulle is al plaaslik verkoop. Die

nuwe Audi Q7 is effens kleiner as sy voorganger, maar danksy slim

ontwerp, is die binneruim groter.

Tans is daar net een model Q7 beskikbaar: Die Audi Q7 3.0 TDI. Dit

is ‘n sewe sitplekmodel met ‘n 3 liter-dieselenjin, wat ‘n kraglewering

van 183 kW bied. Sy wringkrag is 600 Nm tussen 1 500 en 3 000

omwentelinge. Die Audi Q7 3.0 TDI versnel van 0 km/u tot 100 km/u

in 6,3 sekondes en het ‘n amptelike topsnelheid van 234 km/u. Sy

gemiddelde brandstofverbruik is 5,7 liters/100 km. Hierdie enjin

word ondersteun deur Audi se nuwe agt-spoed Tiptronic outo-

matiese ratkas.

Die nuwe Audi Q7 se grondvryhoogte is 24,5 cm. Vir R30 500 ekstra,

kan die Audi Q7 ook bestel word met ‘n luggevulde hidrouliese

onderstel, wat beteken dat die voertuig se grondvryhoogte,

afhangende van die rytoestande, hoër of laer gestel kan word.

Dit is veral nuttig omdat die voertuig hoër gestel kan word vir rowwe

paaie. As die voertuig vinniger as 120 km/u ry, sal die onderstel

outomaties met 15 mm sak, sodat die voertuig laer en meer pad-

vas is.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

1 en 2: Die Audi Q7 3.0 TDI word gebou om die beste rygerief op alle soorte

padtoestande te bied.

39

December 2015

Omdat die nuwe Audi Q7 ligter en ook laer is as sy voorganger, is

die padbeheer uitstekend. Dit is ‘n voertuig vir die persoon wat dit

geniet om te bestuur. Dit word ook deur die instrumentekontroles

onderstreep. Alles wat tegnologie kan bied om die rygehalte vir

die bestuurder te verseker, is daar. Die Audi Q7 het onder andere

‘n ingeboude navigasiestelsel met ‘n raakskermkontrolepaneel,

‘n agteruitrykamera, kontroles op die stuurwiel en afsonderlike

lugreëling vir voorste en agterste passasiers.

Die Audi Q7 het permanente vierwielaandrywing as stan-

daardtoerusting. Hierdie aandrywingstelsel word elektronies beheer

sodat, as een wiel byvoorbeeld op ‘n glibberige of sanderige pad

sy greep verloor, die ander wiele meer krag ontvang om te verhoed

dat die los wiel tol. In draaie word die krag tussen die wiele verdeel

om nog meer padhouvermoë te verseker. Die Audi Q7 is ook ‘n

uitstekende sleepvoertuig. Dit kan 2,7 ton trek en as dit met die

hidrouliese onderstel toegerus is, kan dit 3,5 ton trek.

Die Q7 3.0 TDI kos R924 000. Dit vergelyk goed met sy mededingers.

Dit is basies dieselfde prys as die BMW X5 XDrive30d wat vir

R922 000 in die mark is. Die Mercedes-Benz GLE 350d kos

R964 000, die Land Rover Discovery 3.0 SVD6 HSE kos R1 014 000

en die Volvo XC90 D5 met sy 2 liter-dieselenjin kos R893 900.

‘n Groot pluspunt is die vyf jaar/100 000 km Audi-diensplan, wat as

standaard met ‘n Audi Q7-aankoop ingesluit is. Hierdie plan kan as ‘n

verdere opsie na ses jaar of 200 000 km aangepas word.

1

2