Background Image
Previous Page  40 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 44 Next Page
Page Background

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

Desember 2015

38

Kom sit aan vir

‘n Kersfees-noenmaal

v

ir my is Kersfees die hoogtepunt van ‘n besige jaar. Ek dek

‘n lang tafel onder die welige koelte van die groot bome

in my tuin.

Die Kersfeestema is duidelik in my dekor te sien. Ek maak

gebruik van silwer en kristal, goud en Kersfeesrooi. Ons

Kerstafel is soos ‘n konsert. Dit is ‘n produksie van swier, gemoede-

likheid en geskenke. Dit is vonkelwyn en drama, skoonheid en grasie.

Ek gebruik linne met ‘n rooi Kersboom hier en daar, gesoom met kant

van Frankryk. Ook die servette lyk soos ‘n bruidsgewaad: Kant en lint

gewerk op die fyn linne met rooi Kersbome.

Elke gas kry ‘n kunstig toegedraaide geskenk in die mooiste papier

getooi met ‘n rooi, goue of silwer satynstrik. Party is met swart en

wit gestreepte papier toegedraai; ander weer met rooi kolle op wit.

‘n Paar het die rooi Kersboompie-motief op. Dit skep ‘n prentjie van

‘n Europese Kersfees en gaste wagtend op Kersvader.

Op ‘n aparte tafel, wat kreun met disse, is die tong en mosterd; asper-

sie-aspiek wat dril van lekkerte, wortel-en-kersie-aspiek, skaapboud

met ‘n kruisementsous en ‘n ham wat blink met glasering en kersies

– die vel in diamante gesny. Daar is groentes en slaaie met helder

kleure. Pienk waatlemoen, oranje spanspek, wit kaas en swart olywe

wat in ‘n slaaisous van lemmetjie en snaps verdrink. Geure wat die

tong prikkel.

Dan word alles afgedek en die kelners kom ingeloop soos soldate.

Heel voor dra die eerste een die massiewe brandewyn belaaide

marsepeinsneeu; ‘n egte wit versierde vrugtekoek. Rosette omkring

die lieflikheid. Ons monde water.

Dan volg die sjokolademousse, lemoenmeringuekoek, kaaskoek,

swartwoudkoek en vars room en vrugteslaai. Die ete duur die volle

Kersdag. As almal knuppeldik en moeg rondlê, glimlag ek behaaglik,

want ek weet almal is betower deur die atmosfeer, kos en geskenke.

Dan is ek tevrede.