Background Image
Previous Page  6 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 52 Next Page
Page Background

4

2

014 sluit af soos ‘n slegte herinne-

ring wat kom uit my

army

-dae. As

jy doodmoeg, op ‘n warm dag by

die basis inhardloop met 20 kg op

jou rug; jou gedagtes gevestig op

‘n heerlike, koue stort en om baie

water te drink...Dan gee die korporaal, vir geen

rede waaraan jy onder die son kan dink nie, die

bevel: “Omkeer!”

Almal is verward, onseker, dink slegte, nega-

tiewe gedagtes en sommer nog ‘n hele klomp

goed wat ek nie nou kan noem nie. Skielik lyk

die Swartberge baie hoër as toe jy nou net

daar afgehardloop gekom het.

Die afgelope kongresse van Agri SA en

AFASA was amper soos die suidhek by

Oudtshoorn se Infanterieskool. Ons het net

gedink die jaar se harde werk is beloon – ons

het gearriveer – ons grondhervormingsplan

is uiteindelik op papier en almal is aan boord;

toe roep die politici: “Omkeer!”

Skielik verander die Maart 2015-datum om die

details voor te lê na “Begin volgende week!”

Ander skree weer “Moratorium op plaasafsettings, ongeag!” Hier-

die optredes van die laaste paar weke van 2014 het baie gou vir my

gewys wat die pas en bevele in 2015 gaan wees.

Moeg gehardloop of nie, swaar gedra of nie, vuil en sweterig of nie,

tel nie punte nie. De Villiers, die berg voor ons moet ons oor! Die

ding wat in my weermagdae die deurslag gegee het, was daardie

een troep wat begin sing het. Dit was daai leier wat die ander moeë

troepe aangemoedig het met ‘n lied en die groep skielik in ‘n groep

saamgebind en almal se gedagtes weggelei het van die negatiewe.

Baie van julle sal dit nog onthou. Nooit, ooit het ‘n korporaal ons dan

gestop om te sing nie, want hy het geweet hy is besig om sy doel te

bereik – eenheid en vasbyt.

Waarom ek dié storie deel, is om die eerste noot in te sit vir die

jaar wat voorlê. Om eenheid en vasbyt uit te roep onder ons pro-

dusente en te pleit dat ons nie met mekaar besig moet raak nie,

maar sal fokus op die doelwitte van volhoubare, winsgewende

graanproduksie om ons land en sy mense kos te gee en ‘n toekoms

vir ons kinders en kleinkinders te verseker.

Die Swartberge van Oudtshoorn gaan plek maak vir grondhervor-

ming, klimaatskommelings, geen oesversekering, politieke wispel-

turigheid en oormatige geldgierigheid van korrupte mense. Dit is die

dinge wat ons met ons moeë lywe in 2015 gaan aanpak.

Waar ek hier op die vliegtuig sit en hierdie artikel skryf, gaan my

gedagtes terug na 1980 en kan ek maar net getuig daarvan dat ons

daardie tyd so ‘n “omkeer” oorleef het en beter anderkant uitgekom

het. Ek kan maar net glo en vertrou dat dit weer so sal wees. Dit is

wat van ons goeie soldate gemaak het en wat vandag van ons goeie

produsente maak.

♪ ♫

Ha-di-hê oh,

♫ ♪

ha-di-hô

♪ ♫

Vasbyt

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...en te pleit dat ons nie

met mekaar besig moet

raak nie, maar sal fokus

op die doelwitte van vol-

houbare, winsgewende

graanproduksie...

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Desember 2014