Background Image
Previous Page  9 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 52 Next Page
Page Background

WAARHEID

Om die

te sê...

Volgens onlangse mediamonitering-statistiek kon Graan SA oor die afgelope maande daarin slaag om die plaaslike Engelse pers se belangstelling

in die graanbedryf en voedselsekerheid te verhoog, terwyl die bedryf se mediaprofiel in die Afrikaanse pers suksesvol gehandhaaf is.

Media monitoring statistics show that Grain SA succeeded to attract the attention of the local English media to the grain industry and

food security over the past months, whilst the industry’s media profile in the Afrikaans media was successfully maintained.

7

December 2014

Jesus kom aarde toe om

storms stil te maak

E

k het een oggend baie vroeg weer wakker gelê oor al die

komplekse probleme waarmee die produsente van die land

gekonfronteer word. Die grondhervorming wat net nie wil

rigting kry en sekerheid bring nie, die reën wat op daardie

stadium nog nie geval het nie, die rassespanning in ons land wat

nie oorkom word nie en allerlei ander spanning tussen oormoeë

leiers wat soms haaks raak met mekaar. Ek het maar suutjies

opgestaan en my inspirasie elders gaan soek.

Ek het verder in Matteus gelees waar ek die vorige dag opge-

hou het en by Matt 8:23 - 27 uitgekom en met my onrustige

gemoed opnuut “Jesus maak die storm stil” gelees. Ek kon my so

inleef in die angs van die dissipels. Hulle vrees oor die golwe van

onsekerheid wat oor hulle skuit spoel – die enigste vaste “‘grond”

wat hulle het. Selfs hulle kundigheid as gesoute vissermanne was

nie genoeg om hierdie vrese weg te neem nie. Hulle het presies

geweet waarheen hulle op pad was, die see en omstandighede

goed geken, maar hul vleeslike oë kon nie ‘n uitweg sien nie.

Daardie oggend het ek vir Jesus gaan wakker maak en in geen on-

duidelike terme vir Hom van my storms vertel nie. Ek het nie soos

die dissipels net ‘n “kort SMS” gestuur nie – ek het tyd gehad om

die lang weergawe vir Hom te gee. Aan die einde het ek by Hom

gepleit om “wakker” te word (Ps 121:4 – Hy sluimer of slaap nie)

en om die storms te kom stilmaak. Getrou aan sy karakter, het Hy

sommer daardie selfde dag ten minste twee van die storms wat ek

met Hom gedeel het, uitgesorteer.

My boodskap aan julle hierdie Kersfees is om tyd te maak en die

lang weergawe van die storms in jou lewe met Hom te deel. Hy

is Immanuel, die God wat met ons is. Hy is daar in jou boot/op

jou plaas en wag dat jy na Hom moet roep. Hy is God, die Voor-

siener, die Verlosser, die Raadsman, Sterke God en Ewige Vader wat

die storms in jou lewe wil kom stilmaak.

Dalk is jou storm die onsekerheid oor grondhervorming, dalk is dit

‘n slegte verhouding met iemand, iemand met wie jy swaarde ge-

kruis het hierdie jaar met wie jy moet gaan regmaak. Nooi die Kind

in die krip om hierdie Kersfees in jou lewe in te kom en te wees wie

Hy is – Verlosser en Voorsiener.

Geseënde Kersfees!

Jannie en Ret ha de Villiers

Uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA

GRAAN SA

Graan SA Kersboodskap