Background Image
Previous Page  12 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 52 Next Page
Page Background

Graan SA besoek Noble se persaanleg

op Standerton

G

raan SA se Sonneblom- en Soja-

boonwerkgroep het op 9 Septem-

ber vanjaar, na afloop van die

werkgroepvergadering op Stan-

derton, ‘n besoek gebring aan Noble se

nuwe persaanleg.

Met ‘n rekordsojaboonoes van 944 000 ton

in 2013/2014 en die nuwe plantseisoen wat

om die draai is, wonder produsente oor

besluite rondom aanplantings vir 2014/2015.

Die sojabedryf het geweldige positiewe

groei getoon, maar die mark is nog relatief

onvolwasse in vergelyking met dié van

mielies. Produsente het baie vrae rondom

die aantal nuwe persaanlegte in die bedryf.

In die lig hiervan, het Graan SA, onder

leiding van mnr Jan Grey (voorsitter van die

Sonneblom- en Sojaboonwerkgroep), die

besoek aan die pers gereël.

Noble het uit hulle pad gegaan om

Graan SA-groep welkom te laat voel en ons

is dankbaar om te sien hoe bereidwillig

hulle is om by produsente betrokke te wees.

Volgens Noble pers die aanleg tans

gemiddeld 1 000 ton per dag en is 24 uur

per dag, sewe dae ‘n week operasioneel.

‘n Eenvoudige berekening vertel ons dat

die aanleg moontlik meer as ‘n derde

van die sojaproduksie in Suid-Afrika

kan opneem. Indien die aanleg, soos hy

nou daar staan, op volle kapasiteit hard-

loop, behoort hy 1 500 ton per dag te kan

prosesseer. Die aanleg beskik oor van die

mees tegnologiesgevorderde toerusting

om kwaliteit te toets terwyl vragte geweeg

word en die nodige klaring verkry word.

Die aanleg kan ook bykans 80 000 ton

graan op die perseel stoor en beskik oor die

vermoë om binne ‘n paar dae oor te skakel

om sonneblom te kan pers. Tans word

sojabone ontvang van silo’s asook vragte

direk vanaf plase.

Knapgedaan aan Noble vir hulle investering

in die bedryf, wat langtermynvoordele vir

ons lede sal inhou.

GRAAN SA

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansiële Dienste, Graan SA

1: Die groep besoekers aan die Noble-persaanleg: Abraham van Zyl, Adriaan Schoeman (Noble), Sarel de Jager (Noble), Chris Jacobs, Rudolf Fourie,

Petru Fourie, Victor Mongoato (agter), Corné Louw, Louw Steytler (agter), Wandile Sihlobo, Jan Grey (agter), Ralf Küsel, Jozeph du Plessis,

Wessel Lemmer, Funzani Sundani en Luzelle Botha.

2: Noble pers by dié aanleg tans gemiddeld 1 000 ton per dag en is 24 uur per dag, sewe dae ‘n week operasioneel.

3 tot 7: Graan SA se Sonneblom- en Sojaboonwerkgroep is op ‘n toer deur die aanleg geneem waar hulle die tegnologiesgevorderde toerusting en

prosesse van nader kon bekyk.

4

5

6

7

2

3

1

Welcome

Leticia Reid was appointed as

receptionist at Grain SA from

1 September this year. With her

bubbly personality she is already

an asset to the Organisation.

– Coretha Usher, HR officer, Grain SA

10