Background Image
Previous Page  3 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 52 Next Page
Page Background

1

December 2014

Ontmoet ons

medewerkers...

c

hris Dannhauser is gebore

en getoë op Petrus Steyn. Hy

het BSc (Plant- en Dierkunde)

aan die NWU gestudeer en

voltooi sy BSc-honneursgraad in

Plantekologie. Daarmee besig, werf

die destyds bekende prof Koos van

Wyk hom as navorsingsassistent in

‘n program wat ondersoek instel na

die hervestiging van versteurde gebiede in Nasionale Padreser-

wes – waar hy deeglik kennis maak met die grasfamilie en sy

meestersgraad voltooi. Chris word daarna aangestel as navorser

in Weidingkunde by die Potchefstroomse Landboukollege – met

Robert Drewes as mentor. “Dit is hier waar ek geleer het van

veldbestuur en aangeplante weiding,” vertel Chris. ‘n Paar jaar se

navorsing op Smutsvingergras het toe gelei tot sy PhD, behaal

aan Kovsies. Chris is tans ‘n professor in die Departement van

Plantproduksie, Grondkunde en Landbou-ingenieurswese aan die

Universiteit van Limpopo. Hy is getroud met Retha en het twee

dogters, ‘n seun en sewe kleinkinders. Hy is een van die mede-

outeurs van die reeks

Conservation agriculture: Integrated crop

and pasture-based livestock production systems

– sien

bladsy 27

in dié uitgawe.

G

raan SA se Sonneblom- en

Sojaboonwerkgroep het op 9 September,

na afloop van die werkgroepvergadering op

Standerton, ‘n besoek gebring aan Noble se nuwe

persaanleg.

WILLEM VOOGT

(Graan SA) deel op

bladsy 10

met die lesers wat hulle by dié aanleg

gesien en beleef het.

P

lant jy volgens die 2015/2016-markbehoefte

of skiet jy uit die heup? Dít is die vraag wat

WESSEL LEMMER

(Graan SA) vra op

bladsy 16

.

Volgens hom kan die 2015/2016-bemarkingsjaar

‘n belowende en winsgewende jaar vir graan-

en oliesadeproduksie wees – indien mielie-

opbrengste 4,67 ton/ha of minder realiseer en

2 miljoen ton mielies uitgevoer kan word.

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Jayne Boccaleone, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Petru Fourie, Justin Hatting, Elmarie Helberg, Koos Kirsten, Wessel Lemmer, Corné Louw,

Johan Loxton, PJ Pieterse, Charlie Reinhardt, Ruth Schultz, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Louw Steytler, Liana Stroebel, Wayne Truter, Gerrie Trytsman,

David Viljoen, Willem Voogt en Toit Wessels

w

ie onthou nog die seuntjie van die televisieprogram

Orkney snork nie

wat so opgewonde gesê het: “Ons

gaan see toe! Ons gaan see toe!”? Ek voel presies

soos daardie outjie, want ons gaan see toe...Waen-

huiskrans toe!

Waenhuiskrans is my hartsplek waarheen ons kleintyd gereeld

met vakansie gegaan het. Diegene wat my ken, weet ek kan liries

raak oor dié klein kusplekkie. Ons gesin het altyd in ‘n

bungalow

in die karavaanpark gebly en my ouma-hulle (en later my oom-

hulle) in ‘n karavaan op plot 1 – ‘n tradisie vandat my ma ‘n klein

dogtertjie was.

Kleintyd het ons en die niggies en nefies en goeie vriende van die

Kaap, heeldag saam geswem en vissies in die rotspoele gevang.

As tiener het ons hope maats gehad – in die karavaanpark en uit

die strandhuise. Regte ou strandhuise wat so muwwerig ruik as jy

daar ingaan, met meubels wat nie bymekaar pas nie – afgeleefde

(of kom ons sê eerder “karaktervolle”) meubels, wat tuis moes

plek maak vir nuwe meubels en toe hul weg gevind het strand-

huis toe.

Jy het die maats net Desembermaand gesien – en het amper heel-

jaar daarna uitgesien. Daar was nie televisie gewees as ons met

vakansie was nie. Ons het elke aand tot ounag kaart of bordspele-

tjies by iemand gespeel of op die duine gaan lê en na die sterre

gekyk. En die ouers was nooit bekommerd nie; al het jy ná mid-

dernag tuisgekom. Weet nie of ek as ouer dit in vandag se tyd sal

regkry nie! Maar tye (en Waenhuiskrans) was net ánders gewees...

Tyd het toe stilgestaan.

Die tyd het beslis nie hierdie jaar stilgestaan nie en in die laaste

uitgawe van 2014 kan ons lesers meer lees oor die 6th World

Congress on Conservation Agriculture wat Hendrik Smith in

Kanada bygewoon het (bladsy 12); Biologiese beheermetodes en

jou (vriendelike) vyande (bladsy 30); Die kopklem waarin produ-

sente verkeer vra kopskuiwe in opleiding, navorsing en voorligting

(bladsy 37); en meer lees oor ‘n hele paar funksies en gebeurtenis-

se wat die redaksie die afgelope paar maande bygewoon het.

Geseënde Kersfees! Mag elkeen van julle ‘n wonderlike Christusfees

saam met julle geliefdes hê. Koester dit.

Ons dink in hierdie tyd ook aan Pietman Botha, een van ons ge-

reelde medewerkers, wat in die afgelope maand sy vrou, Erika,

skielik aan die dood afgestaan het. Sterkte, ou Pietman! Jy en die

kinders is in ons gedagtes en gebede.

Groetnis tot 2015.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

K

oringmarkte, plae en die winsgewendheid van

dié gewas, was van die kwellinge en kwessies

wat tydens vanjaar se LNR-Kleingraaninstituut

(LNR-KGI) Koringinligtingsdag aangeraak is.

ELMARIE HELBERG

(

SA Graan/Grain

medewerker)

het die dag bygewoon en vertel ons meer daarvan

op

bladsy 39

.

O

ns groet in dié uitgawe ons maandelikse ru-

briekskrywer,

DAVID VILJOEN

. Hy verduidelik

vir oulaas op

bladsy 46

hoekom hy sê dat ‘n mens

eerder plante moet selekteer wat in ‘n area gaan

aard, of dit nou inheems (vanaf Suid-Afrika), ende-

mies (inheems tot ‘n spesifieke area) of uitheems

(vanaf ‘n ander land) is, mits dit nie ‘n probleem vir

die omgewing gaan inhou nie.