Background Image
Previous Page  113 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 113 / 116 Next Page
Page Background

111

Die Mercedes-Benz V-klas: Luukse

motorgerief in ‘n mikrobusgewaad

k

yk, dat ons nou maar eerlik met mekaar wees: As

Mercedes-B nz iets aanmekaarsit, kan jy weet dit gaan

veilig, sterk en luuks wees. Net so is dit nou weer die geval

met die nuwe V-klas wat in Junie in Suid-Afrika geloods is.

‘n Absolute premiummikrobus – is hoe die V-klas beskryf

kan word. Nou in motortaalterme word die woord “premium” ge-

bruik wanneer daar na topklasmotors verwys word. Die BMW’s,

Lexusse, Jaguars en natuurlik Mercedes-Benze, is premium-voertuie.

Die V-klas vervang Mercedes se Viano, wat voorheen die vaandel

gedra het as Mercedes se mikrobus. Waar die Viano egter op die

Mercedes se Vito-paneelwa gebaseer was, is die nuwe V-klas ge-

baseer op die Mercedes C-klas.

Dit het die C-klas se onderstel, wat beteken dat die V-klas soos

‘n motor hanteer en nie soos ‘n paneelwa nie en dit het verskeie

C-klas elemente binne die V-klas, soos die paneeluitleg. Met ‘n

paneelwa-onderstel, is die klem om swaar te dra. Met ‘n motoronder-

stel soos met die V-klas en selfs met die oorspronklike Volkswagen

Kombi wat op die VW Kewer se onderstel gebaseer was, het jy beter

hantering en ‘n gemakliker rit.

Die V-klas het baie ruim spasie om agt mense gerieflik te laat sit in

uiterse gemak. Die pluspunt is dat die sitplekke agter die voorste ry

waar die bestuurder sit, uitgehaal of geskuif en selfs omgedraai kan

word sodat die tweede ry sitplekke agtertoe kan kyk.

Daar is drie spesifikasievlakke: V-klas Standaard, V-klas BlueTEC en

die V-klas BlueTEC Avantgarde wat met die meeste spesifikasies

toegerus is. Standaardtoerusting op al die modelle is items soos

die

crosswind assist

-stelsel wat help om die voertuig te stabiliseer

wanneer dit deur sterk rukwinde beweeg. Wanneer jy as bestuurder

dalk lomerig raak of nie jou volle aandag gee op die bestuurtaak

nie, sal ‘n ander elektroniese stelsel,

attention assist

, dit waarneem

en die bestuurder waarsku.

Nog ‘n belangrike hulpmiddel met ‘n groot mikrobus is die selfpar-

keringstelsel. Wanneer jy langs ‘n oop par eerruimte stilhou om

daarin te parkeer, druk jy ‘n knoppie en danksy verskeie sensors

rondom die voertuig, sal die V-klas homself parkeer.

Dit is slegs ‘n kort lys van standaardhulpmiddels om jou reis met

‘n groot mikrobus so gemaklik as moontlik te maak. Dit is hierdie

tipe hulpmiddels wat die V-klas ‘n premiumvoertuig maak.

Drie kragleweringskeuses word in die V-klas op sy 2,2 liter-

viersilinderdieselenjin gebied. Hierdie enjin het tweestap turbo-

ondersteuning wat turbotraagheid basies uitskakel. Dit beteken dat

as jy die versneller trap, is die krag daar.

Die V 200 CDI het ‘n kraglewering van 100 kW en ‘n maksimum

wringkrag van 330 Nm. Die V 220 CDI lewer 120 kW en het ‘n

maksimum wringkrag van 380 Nm. Die V220 het ‘n gemiddelde

brandstofverbruik van slegs 5,7 liter/100 km. Die V 250-weergawe

van dieselfde 2,2 liter-dieselenjin het ‘n uiters kragtige 140 kW-

kraglewering en ‘n maksimum wringkrag van 440 Nm.

Die V-klas is besonder luuks en tegnologies toegerus en sy pad-

houvermoë is uitstekend. Dit is dié voertuig om ses tot agt mense

in volkome veiligheid en gemak te vervoer, terwyl die bestuurder

elke oomblik van die rit geniet.

Soos met alle Mercedes-Benz-passasiersvoertuie, het die V-klas ‘n

gratis sesjaar/100 000 km-onderhoudsplan.

Pryse

V 200 CDI Standaard:

R695 981

V 220 CDI Standaard:

R726 875

V 250 BlueTEC:

R782 416

V 220 CDI Avantgarde:

R949 175

V 250 BlueTEC Avantgarde: R984 196

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die ruim en kragtige Mercedes-

Benz V-klas het die gerief en pad-

houvermoëns van ‘n luukse motor.

Augustus 2015