Background Image
Previous Page  112 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 112 / 116 Next Page
Page Background

Elegante aansitete met ‘n

blou Delft-bekoring

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

i

n my eetkamer met sy rooshoutmeubels en ‘n stinkhouttafel

m t elegante Jakobynstoele (oorgetrek met antieke tapisserie)

onthaal ek gereeld.

Ek gebruik lae en lae antieke Franse kant wat ek oor die tafel

drapeer en daarop dek ek met blou Delft-breekware en sil-

wer eetgerei. Sagte kerslig val op die pragtige kant lapservette en

swaar silwer messe en vurke laat dit koninklik lyk.

Fluweelrooi rose wat dramaties en passievol lyk, is in ‘n reuse blou

Delft-vaas op die antieke buffet staangemaak. Met die ou spieël

en donker hout voer dit ons terug na kastele en paleise. Lang

kristalwynglase wag elegant op ‘n droë rooiwyn.

Ek bedien die feesmaal in groot bakke van porselein op. ‘n Salm-

mousse met ‘n takkie basiliekruid; ‘n sprietui en ‘n kraakbros-

beskuitjie is die voorgereg. Dan ‘n lang, plat visbord met Dover-sole

vir elke gas – met geelbotter en ‘n suurlemoensousie.

Die dungesnyde skaapboud, word met kruisementsous bedien.

Daarby kom ‘n bak met kleurvolle geroosterde groente: Fyn pam-

poentjies, klein worteltjies, Brusselse spruite en blomkoolflorette lyk

soos ‘n groentetuinskildery.

Vir nagereg het ek ‘n dekadente sjokolade fluweelpoeding met

frambooskonfyt en dikgeklopte room.

Dié lieflike ete van swier en praal is ‘n geleentheid om nie te mis

nie. Koffie in ‘n fyn koffiestelletjie word met kaas en beskuitjies as

‘n afronding van ‘n onvergeetlike fees voorgesit en ons sluit die

aand af met vioolkonsertmusiek in die agtergrond.

Augustus 2015

110