Background Image
Previous Page  110 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 110 / 116 Next Page
Page Background

108

– om meer voedsel aan te plant en ons omgewing te beskerm

S

yngenta, die wêreldlandbou-onderneming, het hulle nuwe

SmartFarm-handelsmerk by die jaarlikse Graan SA NAMPO

Oesdag op Bothaville, bekend gestel.

Volgens mnr Antonie Delport, besturende direkteur: Syngenta, sal

hierdie sub-handelsmerk Syngenta se status as wêreldleier in land-

bou-aangeleenthede verder verstewig.

“Sedert die totstandkoming van Syngenta aan die einde van 2000,

het ons onsself geposisioneer as ‘n onderneming wat omvattende

oplossings bied, gerugsteun deur innoverende navorsing en nuwe

tegnologie, om oesopbrengs te maksimaliseer vir plaaslike asook

internasionale produsente. Met SmartFarm neem ons nou ‘n nog

groter stap vorentoe in die landbou,” sê Delport.

Delport sê dat SmartFarm ‘n denkwyse is wat daarop gerig is om

ons produsente aan te moedig om die manier waarop hulle boer,

besluite neem, produkte aankoop en in hulle gewasse belê, te her-

oorweeg en dinge op ‘n slimmer manier te doen. Dit is in werklik-

heid ‘n aansporing vir produsente om konvensionele metodes te

vervang met ‘n moderne, bewese benadering wat hulle sal rig en sal

help om groter oeste te verkry.

‘n SmartFarm is nie net ‘n gewone plaas nie, dit is eerder ‘n heelte-

mal uitsonderlike plaas. Hy voeg verder by dat SmartFarm intuïtief

is – met voorspellings en opbrengste wat gegrond is op Syngenta

se uitvindings ten opsigte van saad en saadsorg. ‘n SmartFarm is

intelligent – ‘n plaas wat verder ploeg as bloot oesbeskerming en

‘n nuwe geleentheidsveld betree wat as die “wolk” en die internet

bekend staan.

Dit is ook ‘n koöperatiewe plaas – waar enige gesprekke oor die

aanplant van beter en meer voedsel, die bevordering van lewens-

gehalte en die beskerming van die omgewing, nie net ‘n monoloog

is oor wat ons môre gaan doen nie, maar ‘n lewendige gesprek is

oor wat Syngenta en produsente regoor die wêreld vandag saam

kan doen.

Met Syngenta se produkte, programme en progressiewe uitvin-

dings wat onder die SmartFarm-vaandel sorteer, is slim boer die

toekoms van die landbou en dit is vandag beskikbaar vir alle pro-

dusente. Dit skep nuwe moed vir die manier waarop ons boer en die

spesiale verhouding wat ons met die landerye en ons gewasse het.

“Dit is hierdie fundamentele vennootskap tussen ‘n produsent en

sy landerye wat sedert die begin van alle tye die groei van beska-

wings gevoed en onderhou het. En tog gaan die wêreldwye voed-

selstelsel binnekort ‘n nuwe era betree – ‘n era met ontsagwekkende

uitdagings. Oor die volgende paar dekades gaan daar ongeëwenaar-

de druk vanuit verskillende oorde wees.

Die grootte van die wêreldbevolking gaan toeneem en die mede-

dinging om grond, water en energie gaan toeneem, terwyl die

uitwerking van klimaatsverandering al hoe duideliker gaan raak,”

sê Delport.

Wat gaan ons dan in 2030 doen wanneer ons ‘n wêreldbevolking

van meer as agt miljard mense bereik? Gaan daar genoeg kos

wees om die wêreld te voed? Slegs as ons hierdie enorme, groen

kontinuum na die volgende vlak kan neem, kan ons plase, oeste en

landerye baie doeltreffender maak en die volhoubaarheid van die

wêreld se toekomstige bevolking verseker.

Dit is ons landerye en ons gewasse wat ons planeet se toekoms sal

skep; dit is ons produsente wat ons daarheen sal neem. Slim boer is

dus nie meer ‘n blote opsie nie; dit het onontbeerlik geword.

Volgens Delport is die model van landbouproduksie wat vandag

grotendeels gevolg word, nie geskik vir die nuwe voedselsekerheid-

uitdagings van die 21ste eeu nie. Ongelukkig gebruik baie meer

produsente metodes wat nie die afbreek van die grond en die verlies

aan biodiversiteit kan voorkom nie, in vergelyking met produsente

wat boerderymetodes gebruik wat die grond as ‘n belangrike hulp-

bron bewaar en metodes implementeer wat die uitwerking van

klimaatsverandering temper.

Die industriële pad van voedselproduksie waarop ons was, het

nou ‘n doodloopstraat bereik. Daar is nou ‘n nuwe woordeskat,

‘n woordeskat wat die belangrikheid benadruk van intelligensie,

inspirasie, samewerking, wêrelduitkyk, risiko-wysheid, ambisie,

beskerming en sorg – alles saamgevat deur die konsep van ‘n slim

boerdery.

AKTUEEL

ISADORA ISAACS,

namens Syngenta

Gesertifiseerde geloofwaardigheid.

Bevorder die verantwoordelike en volhoubare

gebruik van kunsmis … met die FERTASA stempel

van goedkeuring.

FERTASA en sy lede is daartoe verbind om ’n kultuur van integriteit

en vertroue binne die kunsmisbedryf te bevorder. Ons bevorder

volhoubare grondvrugbaarheid en verbeterde plantvoeding.

FERTASA het begin met ’n sertifiseringskema om die nakoming

van FERTASA se gedragskode te verseker. ’n Onafhanklike

nakomingsbestuursmaatskappy ouditeer ons lede teen ’n stel

standaarde wat deur FERTASA goedgekeur is. Voorts sal produkte

met die FERTASA stempel van goedkeuring aan Suid-Afrikaanse

wetlike vereistes voldoen en sal dit vir gehalte getoets en verseker

word. Ons produkte word deur wetenskaplik-gebaseerde dienste,

voortgesette onderrig en verbetering ondersteun.

Beskerm jou belange en toekoms deur kunsmisprodukte van

maatskappye wat deur FERTASA gesertifiseer is, te gebruik.

dŚĞ &ĞƌƟůŝnjĞƌ ƐƐŽĐŝĂƟŽŶ ŽĨ ^ŽƵƚŚĞƌŶ ĨƌŝĐĂ EW

Reg. Nr. 1971/000012/08 • VAT Reg. Nr. 4830104164

Tel: +27 (0)12 349 1450, Faks: +27 (0)12 349 1463

E-pos:

general@fertasa.co.za,

Webtuiste:

www.fertasa.co.za

FERTASA-sertifisering –

handhaaf etiese sakepraktyke

A12638SAG

R

I

I

A

S

S

C

I

A

T

O

O

O

U

T

H

E

R

A

A

FF

EE

R

T

T

T

RR

I

I

L

I

I

Z

E

E

R

O

I

N

F

S

N

A

F

RR

II

C

A