Augustus 2014
          
        
        
          
            64
          
        
        
          
            Graanbemarking dieper bekyk
          
        
        
          G
        
        
          raanbemarkingword elke jaar hewig beïnvloed deurmark-
        
        
          en weersomstandighede en dit maak dit essensieel vir
        
        
          produsenteomhulself tebeskerm teenmarkbewegings en
        
        
          ook steeds hullewinste teoptimaliseer.
        
        
          Elke seisoen is uniek met baie veranderlikes en dus benodig elke
        
        
          produsent ‘n aanpasbare bemarkingstrategie. Dié strategie moet
        
        
          aangepas kanwordomdieprodusent diebeste tebeskermdeur die
        
        
          seisoen. Indien die produsent niks doen nie, is hy totaal afhanklik
        
        
          van wat die mark doen, maar as die produsent ‘n sinvolle bemar-
        
        
          kingsplan volg, beskerm hy hom op só ‘nwyse dat dit die beste vir
        
        
          hom inhou inmeeste kondisies.
        
        
          Daar word somtyds aanbeveel om die oes in dele te verdeel en dit
        
        
          dan in verskillende stadiums te bemark. Deur een derde van die
        
        
          oes in November, een derde in Maart en dan een derde ná oestyd
        
        
          te bemark, kan daar op hierdie wyse ‘n aanpasbare strategie
        
        
          gevolgwordwat die verandering in kondisies deur die seisoen in ag
        
        
          kanneem.
        
        
          Produsente wat finansieel gesond is, kan hulle mielies doodeen-
        
        
          voudig hou tot Maart die volgende jaar en geleenthede benut soos
        
        
          wat hierdie jaar die geval was. Dit is egter nie vir alle produsente
        
        
          moontlik nie en produsente is soms gedwing ommielies onmiddel-
        
        
          lik ná strooptyd te verkoop. In dié geval is ons ondervinding om die
        
        
          beste temaak van kondisies tydens die voorstroopperiode.
        
        
          Wat hier vanbelang is, isomnet tebeginmet diegraanbemarkingen
        
        
          dan te sienhoedie seisoen vorder asook diemarkpryse.
        
        
          Deur sy insetkostesogouasmoontlik tebeskerm, haal dieprodusent
        
        
          ongelooflik baie druk van homself af. Enige persoon neem beter
        
        
          besluite as hy nie onder druk is nie.Wanneer die seisoen sy tweede
        
        
          helfte bereik, is daar ‘n baie duideliker prentjie ten opsigte van die
        
        
          reënval endieprysbewegings.
        
        
          As die seisoen begin wys dat die prys gaan styg, kan gewag word
        
        
          met graanbemarking. As dit begin reën en die pryse val, kan daar
        
        
          meer verskans/verkoopword.
        
        
          Uit die artikel wat in April vanjaar in
        
        
          
            SA Graan/Grain
          
        
        
          geplaas is
        
        
          (
        
        
          
            Kundigheid is nodig vir effektiewe graanbemarking
          
        
        
          ), is diewaardes
        
        
          geneemwat in
        
        
          
            Tabel 1
          
        
        
          weergegeeword.
        
        
          Indien geen graanbemarking gedoen word nie, is die inkomste
        
        
          totaal afhanklik van die Safex-prys. Uit
        
        
          
            Tabel 2
          
        
        
          (waar geen bemar-
        
        
          kingsplan gevolg word nie), kan ons die volgende sien: Die gelyk-
        
        
          breekpunt van die produsent is op ‘n Safex-prys van R2 100. Onder
        
        
          dieprysword ‘n verlies gemaak enboR2 100word ‘nwins gemaak.
        
        
          Gedurende Februarie was die prys van witmielies op die JSE vir
        
        
          die Juliemaandkontrak R2 320/ton. Gedurende Februarie word ‘n
        
        
          voorseisoenkontrak geteken vir 500 ton mielies teen ‘n prys van
        
        
          R2 100 (ex-silo). Die totale inkomste hieruit verkry is R1 050 000.
        
        
          Die inkomste verander nie soos die prys verander nie. Hiermee
        
        
          saam, het die produsent 2 000 ton se 2 300 put opsies gekoop teen
        
        
          ‘npremie vanR180/ton.
        
        
          Uit
        
        
          
            Tabel 3
          
        
        
          is dit duidelik dat diegelykbreekpunt nougeskuif het van
        
        
          R2 100/ton na R1 900/ton en dat die waarde van die vaste kontrak
        
        
          onveranderd bly op R1 050 000 oor die prysreeks, maar dat die
        
        
          inkomste uit die koop van die put opsies toeneem hoe laer die prys
        
        
          gaan. Dit is die doel van die put opsies: Dit beskerm die produsent
        
        
          teen laer pryse.
        
        
          
            OP PLAASVLAK
          
        
        
          
            
              Graanbemarking / Put / Verskansing / Ex-silo
            
          
        
        
          Bemarking
        
        
          CHRISVENTER,
        
        
          makelaar: JSEKommoditeite, BVG
        
        
          
            SAGraan/
          
        
        
          Sasol Nitro fotokompetisie
        
        
          
            Elke seisoen is uniekmet baie veranderlikes endus benodig elkeprodusent ‘n aanpasbarebemarkingstrategie.