‘nMarkoorsigvirmielies
        
        
          
            m
          
        
        
          ieliepryse is tans, in die huidige bemarkingsjaar,
        
        
          onder druk weens rekordopbrengste in Suid-
        
        
          Afrika en belowende produksieomstandighede
        
        
          in die VSA. Indien Suid-Afrika vanjaar voor
        
        
          einde April 2015 daarin kan slaag om ongeveer
        
        
          2miljoen tonmielies uit te voer, kan die plaaslike
        
        
          markomstandighede aansienlik verbeter vir die daaropvolgende
        
        
          2015/2016-bemarkingsjaar.
        
        
          Die huidige prysvlakke is nie net in Suid-Afrika onder eenheidspro-
        
        
          duksiekoste nie, maar ook in die VSA. Gevolglik kan lae pryse tot
        
        
          kleiner aanplantings in die volgende Suid-Afrikaanse produksie-
        
        
          seisoen aanleiding gee. Die waarskynlikheid omweer ‘n nasionale
        
        
          rekordopbrengs te realiseer, is klein.
        
        
          Met laasgenoemde twee faktore in gedagte, is die moontlikheid
        
        
          om ‘n afskaling van 15% in nasionale produksie te sien, nie
        
        
          uitgesluit nie en dit kan tot prysondersteuning lei sodra ‘n tekort
        
        
          bo die pyplyn gedurende die volgende bemarkingsjaar (Mei/April,
        
        
          2015/2016) realiseer. Pryse styg nader aan invoerpariteit onder dié
        
        
          omstandighede.
        
        
          Inhierdieartikelworddiehuidigemarkomstandighedevir 2014/2015
        
        
          bespreek en vooruitsigte vir die 2015/2016-bemarkingsjaar gegee.
        
        
          Rekordmielieopbrengs
        
        
          Suid-Afrikaanse mielieprodusente het vir die 2014/2015-bemar-
        
        
          kingsjaar die hoogste gemiddelde mielieopbrengs tot nog toe
        
        
          aangetekenmet 5,17 ton/ha. Dit is egter die tweede hoogstemielie-
        
        
          produksieop rekord.
        
        
          Vanjaar se rekordopbrengs het op 2,688 miljoen hektaar gereali-
        
        
          seer. Die hoogste produksie is gedurende die 1979/1980-produksie-
        
        
          seisoen aangeteken, toe produsente 4,423 miljoen ton mielies op
        
        
          4,268miljoenhektaar aangeplant het (
        
        
          
            Grafiek 1
          
        
        
          ).
        
        
          Uitvoerbaremielievoorraad van
        
        
          2,6miljoen ton
        
        
          Volgens Graan SA se jongste projeksie vir die 2014/2015-bemar-
        
        
          kingsjaar, wat teen 30April 2015 eindig, verwag ons dat Suid-Afrika
        
        
          oormeer as 2,6miljoen ton se uitvoerbare voorraadmielies beskik.
        
        
          Ons projeksie maak voorsiening vir 1,95 miljoen ton se uitvoere.
        
        
          Die heelmielie-uitvoersyfer het vir die vorige drie jaar tussen
        
        
          2,446 miljoen ton en 1,813 miljoen ton gevarieer. Die witmielie-
        
        
          uitvoermarkte is beperk en uitvoere is aangewese op die interna-
        
        
          sionale vraagna geelmielies (
        
        
          
            Tabel 2
          
        
        
          ).
        
        
          Surplus bo pyplynbehoefte onderdruk
        
        
          pryse
        
        
          Die huidige gemiddelde weeklikse uitvoertempo is laer as vorige
        
        
          jare, terwyl die eindvoorraadvlak op 30 April 2015 meer as
        
        
          1,8miljoen ton kan beloop. Die vereiste pyplynvoorraad ismeer as
        
        
          1,1miljoen tonwat ‘n surplus bodiepyplyn van 704 000 ton laat.
        
        
          Die vorige jaar se tekort bo die pyplynvoorraadbehoefte van
        
        
          753 000 ton, het daartoe gelei dat mieliepryse vanaf uitvoerpariteit
        
        
          tot invoerpariteitsprysvlakke gestyg het. Vanjaar se geprojekteerde
        
        
          surplus van 750 000 ton bo die pyplynvoorraadbehoefte kan daar-
        
        
          toe lei dat mieliepryse teen uitvoerpariteitsprysvlakke tot aan die
        
        
          einde vanApril 2015 verkeer.
        
        
          Uitvoervraag na Suid-Afrikaansemielies
        
        
          Die enigste faktor wat daartoe kan bydra dat mieliepryse vanjaar
        
        
          vanaf diehuidigeuitvoerpariteitsprysvlakkehoër kanverhandel, is ‘n
        
        
          toename indieuitvoervraagnaSuid-Afrikaansemielies.
        
        
          Indien die uitvoertempo tot so ‘n mate kan toeneem dat die totale
        
        
          mielie-uitvoere in die huidige bemarkingsjaar ‘n nuwe rekord van
        
        
          2,65miljoen tonmielies kanbeloop, behoort pryseaandieeindevan
        
        
          diebemarkingsjaar tebegin styg.
        
        
          ‘nTotaal van2,446miljoen tonmielies is tot soonlangs as 2011/2012
        
        
          deur Suid-Afrika uitgevoer. Indien nuwe uitvoermarkte realiseer, is
        
        
          dit nie onmoontlik om ‘n groot deel van die beskikbare 2,65miljoen
        
        
          ton indiehuidigebemarkingsjaar te kanuitvoer nie.
        
        
          Produksievooruitsigte in dieNoordelike
        
        
          Halfrondlande (VSA)
        
        
          Produksievooruitsigte sal egter eers indieNoordelikeHalfrondlande
        
        
          drastiesmoet verswak sodat dit tot hoër internasionalemieliepryse
        
        
          WESSEL LEMMER,
        
        
          senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
        
        
          
            GRAANMARK
          
        
        
          -oorsig
        
        
          
            21 Julie 2014
          
        
        
          
            OP PLAASVLAK
          
        
        
          
            Augustus 2014
          
        
        
          
            68
          
        
        
          
            2011/2012
          
        
        
          
            2012/2013
          
        
        
          
            2013/2014
          
        
        
          
            2014/2015*
          
        
        
          Witmielies
        
        
          493 445 (28,5%)
        
        
          342 390 (24,4%)
        
        
          163 815 (17,7%)
        
        
          103 082 (7,8%)
        
        
          Geelmielies
        
        
          151 879 (21,3%)
        
        
          26 257 (6,3%)
        
        
          545 799 (48,3%)
        
        
          369 451 (27,2%)
        
        
          Totaal
        
        
          645 324 (26,4%)
        
        
          368 514 (20,3%)
        
        
          709 614 (34,5%)
        
        
          472 533 (17,8%)
        
        
          
            TABEL 1: ‘N VERGELYKING VANDIE UITVOERE VANMIELIES VIRWEEK EEN TOT ELF VANDIE BEMARKINGSJAAR (MEI TOT APRIL) VIR DIE
          
        
        
          
            AFGELOPE VIERBEMARKINGSJARE. NÁ ELFWEKEHETDAARREEDS 21%VANDIEBEMARKINGSJAARVERSTRYK.
          
        
        
          *% in eerste elf weke uitgevoer teenoor heelmielievoorrade beskikbaar vir uitvoere in 2014/2015. Geprojekteerde witmielievoorrade beskikbaar vir uitvoere beloop
        
        
          1,314miljoen ton engeelmielies 1,360miljoen ton. In totaal is daar 2,674miljoen tonheelmielies beskikbaar vir uitvoere in2014/2015.