SA Graan Augustus 2014 - page 118

Augustus 2014
116
Wenmet kanola:
Kom vindmeer hieroor uit
Maties kry skenking
vanBASF
D
ie kanolabedryf in dieWes-Kaap het gedurende die afgelope drie jaar met rasse
skredegegroei en volgens die jongste skattings is daar vanjaarmeer as 80 000ha
geplant enword ‘noes vanminstens 120 000 ton verwag.
Hierdie snelleuitbreidingbetekendat daar talleprodusente iswat kanolavir dieeerste keer
aanplant en ander produsentewat vanweëgoeie resultatewatmet kanolabehaal is, besluit
omhul kanola-aanplantings tevergroot enhierdiegewas sodoendeop ‘npermanentebasis
deel vanhul wisselboustelsels temaak.
Ten einde seker te maak dat kanolaprodusente oor die nodige kundigheid beskik om
sukses met hierdie gewas te behaal, bied die Proteïennavorsingstigting (PNS) vanjaar op
27 Augustus (Kam’Bati, Swellendam) en 28 Augustus (Jan Bassonsaal, Moorreesburg)
twee kanola-inligtingsdae aan. Tydens hierdie dae sal produsente die geleentheid kry
om te luister na twee kundiges: Dr David Bowran (direkteur van die NorthamAgricultural
Research Centre, DAFWA, inWes-Australië) en prof Ferdi Meyer (departement Landbou-
ekonomie, Universiteit van Pretoria en direkteur van die Bureau for Food and Agricultural
Policy [BFAP]).
Beide dae beloof om van groot waarde te wees vir kanolaprodusente. Aangesien beide
inligtingsdae deur die PNS geborg word, sal geen registrasiegelde gehef word nie, maar
om administratiewe reëlings te vergemaklik, is dit noodsaaklik om voor 22 Augustus te
registreer by
.
Navrae kangerigwordaanSusannBrits
by
of 011 803 2579.
AKTUEEL
GraanSA is onlangs genooi na ‘ngeleentheid
waar BASF ‘n stroper aan die Universiteit
van Stellenbosch geskenk en oorhandig het.
Tydens dié oorhandigingsbyeenkoms is daar
bietjiemeer vertel oorBASFsebetrokkenheid
veral in die Kaap, en die verteenwoordigers
is aan die gaste bekend gestel. Graan SA en
ander gaste is weer eens verseker van BASF
se volgehoueondersteuning aandie landbou,
met ‘n sterk fokusopnavorsing enverhoogde
graanproduksie. – Toit Wessels, ledebemar-
ker: Kaapprovinsie, GraanSA.
ANDRÉAGENBACH,
Universiteit van Stellenbosch
Goeiearbeidspraktyke en -verhoudinge indie kollig
S
A Graan/Grain
het hierdie maand
gaan aanklopby JanesBarnard van
Vlakplaas Boerdery by Hoopstad
en met hom gesels oor arbeids-
praktyke en -verhoudinge in hulle land-
boubesigheid. Dié familieboerdery, waar
pa Koos en sy seuns Janes, Abraham en
Kobus, saam boer, is in 2011 as Graan SA/
Syngenta se Graanprodusent van die Jaar
aangewys. Volgens Janes probeer hulle
om ‘n gunstige werksomgewing vir hulle
werkers te skep. “Die plek waar hulle werk
moet ‘n vriendelike omgewing wees en
goed toegerus en veiligwees.”
Elke werker het ook sy eie trekker wat net
hy bestuur en voor verantwoordelik is.
“Daardeur gee jy hom verantwoordelikheid
en hy pas dit op asof dit sy eie is.” Janes
sê hy glo aan die ou gesegde van behandel
ander mense (maak nie saak waar hulle in
die hiërargie lê nie) soos jy wil hê hulle jou
moet behandel. “Ons het nie almal dieself-
de geleenthede in die lewe gekry nie,
moenie neersien op dié wat minder as jy
het nie. Dít wat ‘n mens het, is maar alles
net genade en kan enige oomblik van jou af
weggevat word.
“‘n Werker het baie meer respek vir jou
en jy sal baie meer uit hom as mens kry
as hy menswaardig behandel word en jy
die voorbeeld stel. Neem die leiding as dit
by werk kom, die res sal volg,” sê Janes.
Janes-hulle glo dat die beste manier om
die werkers te motiveer is om voor te vat.
“Ons werk fisies saammet ons werkers en
staannieopdiewenakker of sit indiebakkie
en kyk hoe daar gewerk word nie. Ek dink
nie daar is ‘n betermotivering as dít nie. As
hy sien jy sit self ‘n sak kunsmis of saad op
jou kop, ek meen hoe wil jy iemand beter
motiveer?”
Terugploeg in die
gemeenskap
Vlakplaas Boerdery glo jy moet terugploeg
in jou gemeenskap en ook probeer om die
lewenstandaard van arbeiders op die plaas
te verbeter. “Ons het ‘n sokkerveld op die
plaas waar die werkers naweke teen die
buurplase sokker speel; dan het ons ook
‘n plaasskool waar laerskoolkinders kan
skoolgaan totdat hulle hoërskool toe moet
gaan op Hoopstad. Verder het ons ook alle
werkershuise toegerus met songeisers
en lopende water binne die huise,” vertel
Janes.
Werk vir gades
Werkers se gades roteer op ‘n driemaande-
basis om in die huise as bediendes tewerk.
“Ons roteer hulle om sodoende almal die
geleentheid te gee om tewerk en danweer
af te wees om aandag aan hul kinders en
huise te gee. In oestyd maak ons ook van
die vrouens in die lande gebruik ommielies
agter die stropers op te tel.”
Oesbraai
Een keer per jaar word daar vir elke werker
‘n springbok geskiet en met Kersfees word
daar ook ‘n paar skape vir die werkers
geslag. “Hulle kry dan Desembermaand
‘n dertiende tjek en ná die oes kry hulle ‘n
oesbonus na gelang van hoe die jaar se
oes verloop het en volgens die werker se
prestasie deur die jaar. Ons hou ook ná
oestyd ‘n oesbraai vir diewerkerswaar ons
lekker eet en saammet hulle kuier.”
Vlakplaas Boerdery is lid vanSeesa –wat al
hulle arbeidsaangeleenthedehanteer.
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur,
SAGraan/Grain
–VlakplaasBoerdery
Reeks
1...,108,109,110,111,112,113,114,115,116,117 119,120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook