SA Graan Augustus 2014 - page 122

120
Augustus 2014
BesteGrootneef
d
ie anderdag het familie uit die
grootstadbesoekbyonsafgelê.
Kyk, die plaaslewe was vir hul
‘n openbaring teenoor wat hul
gewoond is. Dit het sommer
met die intrapslag ‘n hele tydjie
geneemomhul tekalmeernádie ritteltit van
die sinkplaatgrondpad tot byons.
Ná die eerste koffie-kuier, het ons so bietjie
of die werf rondgeloop en trekkers en
implemente deurgekyk. Dit is noumaar net
so, almal hou daarvan om aan ‘n trekker
se wiel te staan en skop. Die span wou toe
weet wat kos so ‘n groen trekker en planter.
Eersmoes ek verduidelik dat die goeters op
die planter ampermeer kos as die yster self
– dit is nou die GPS en hidroulika wat sorg
vir presisieboerdery. Selfde vir die groen
trekkermet die geel bal opdie dak. Dit alles
is nodig om via satelliete met trekker en
planter tepraat.
Diewindwas behoorlik uit hul seile toe ons
noem dat die trekker en planter elk omtrent
R3 miljoen kos – dit is nou toe ons laas in
ysters belê het. Die pennie het eintlik eers in die blikkie geval, toe
Stadsneefopmerkdat ‘n trekkeropsyeieméér kosasdiehuiswaarin
hy bly. En dit is nou nie omwindgat tewees nie, dis eenvoudigwat
tegnologie indesedae kos, indien jygraanwil produseer.
Die besoekers was ook totaal stomgeslaan toe ons hul wys dat ons
die trekker en planter via satellietmet GPS-koördinate kan rig om te
doenwat nodig is – net dieomdraai sukkel nog!
Die volgende vraag was oor hoe groot ‘n plaas danmoet wees om
lewensvatbaar tekanboer.Toeonsbegingeselshetoorwat ‘nekono-
miese eenheid in ons omgewing beteken, het die oë eers gerek.
Stadsneef wou toeweet hoekom die regering dan altoos sukkel om
plase en boere kleiner te maak, terwyl die praktyk daarbuite sê dit
moet groter. Opdaardie vraaghet ekook nie ‘n antwoordgehadnie.
Ons het ook gesels oor hoeveel werkers tans ‘n heenkome op die
plaas vind. My somme het gewys dat toe ons in die 1980’s begin
plant het, ons omtrent een werker vir elke 25 ha nodig gehad het.
Nou,met die nuwe ysters en tegnologie, benodigons ongeveer een
werker vir elke 250 ha. Dis ook nie elke hierjywat agter ‘n trekker of
stroper se stuur inklimnie...
Die aand oor ‘n glasie wyn en ‘n vuurtjie, het Stadsneef gebieg dat
hy nou die eerste keer so effemeer van boerdery verstaan. En dat
hy respek het vir ‘n mieliepit, om nie te praat van die graanmanne
wat dit produseer nie.
Ou Neef, dalk moet ons ‘n paar ministers en die generaal nooi om
mooi te verduidelik waarom party van hul planne eenvoudig nie
sal werk nie. Nie omdat boere dwars gebore is nie, maar omdat die
wêreld van graanboerdery nie kleiner word nie, maar groter. Ons
kompeteer immers teen die ryk Yanks in die wêreld- en plaaslike
markte. En dit is nie so eenvoudig soos om ‘n pakkiemieliemeel in
die winkel te gaan koop nie – die pit moet eers in diemeule val. En
oorsesemieliepittesalbaiemeerkosaswatonsklompiegraanmanne
hier indieVrystaat bymekaarmaak.
Die anderdag moes ek vinnig stad toe vir besigheid. Tussen die
gedrang by ‘n rooi robot sien ek sowaar ‘n mielieplant wat op ‘n
manier tussen twee sementblokke opgekom het. Dié is sekerlik van
‘npitwat van ‘n vragmotor oppadmeule toe afgewaai het. Dit is toe
dat ek dink, dat onsmaar soos diemielieplantmoet aanhougroei en
stoei, maak nie saak waar ons geplant is nie. Want Afrika is nie vir
sissies nie.
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Respekvir ‘nmieliepit
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,112,113,114,115,116,117,118,119,120,121 123,124
Powered by FlippingBook