SA Graan Augustus 2014 - page 108

Augustus 2014
106
Afrika kry sy eerste
Seedcare Institute
D
ie Seedcare Institute wat Syngenta op 6 Mei vanjaar op
Brits oopgemaak het, is dié landbouchemiesemaatskappy
se elfde fasiliteit in diewêreld en is die eerste van sy soort
inAfrika.
Hierdie instituut, wat geleë is by Syngenta se formulerings-, vul- en
verpakkingsaanleg op Brits, sal dien as Syngenta se navorsing- en
ontwikkelingsfasiliteit om tegnologieë vir saadbehandeling te toets
en teontwikkel.
Dié fasiliteit se navorsingsvermoë sal die kompleksiteit van die
gediversifiseerde landbou-ekosisteme, gewasvoorkeure en boer-
derysisteme in Afrika aanspreek deur navorsing te bevorder en
sinergieë te skep.
Volgens mnr Antonie Delport (besturende direkteur: Syngenta
Suid-Afrika) vereis ‘n groeiende bevolking meer voedselsekerheid.
“Saadmaatskappye en produsente sal deeglike beskerming van hul
belegging in hoëkwaliteit saad benodig. Die direkte behandeling
van saad het toonaangewende tegnologie geword om plantgroei
te verbeter, hoër opbrengste te verkry en te voorkom dat patogene
en plae skade aanrig. Hierdie belegging in Afrika toon hoe ernstig
Syngenta sy rol as rentmeester opneem,” het hygesê.
Syngenta se saadspesialiste sal saammet ontwikkelende en kom-
mersiëleprodusente asook saadmaatskappyewerk om aansoeke en
behandelings te ontwikkel om skadelike en indringerplantpeste te
beheer. “Saad is die grondslag van die wêreld se voedselvoorraad
en dié instituut sal poog om die risiko’s te verminder en om die
produsent seopbrengs te verhoog,” het hygesê.
Saadbehandeling, ‘n tegnologie waar gewasbeskermingsbestand-
dele direk op die saad toegedien word voor planttyd, bied belang-
rike beskerming wanneer die plant op sy vatbaarste is. Dit is een
van diemees doeltreffende en ekonomiesemaniere om gewasse te
beskerm teenplae.
Baie min aktiewe bestanddele word gebruik gedurende die
saadbehandelingsproses en daarom bly dit een van die mees
omgewingsvriendelikemetodes vir plaagbeheer. Met laer chemiese
intensiteit per hektaar, is dit meer omgewingsvriendelik as om
gewasseopdie land te spuit.
“Om opbrengs te verhoog beteken om die regte plantestand per
hektaar vandiebeginaf te kry. Elkepit of plantwat verloregaan, kan
nieweer herstel wordnie. Diebestemanier om ‘ngoeieopbrengs te
verseker, is om goeie kwaliteit saad te plant,” het mnr Franz Brandl
(globalehoof: Seedcare Institute) gesê.
Een van die vinnigste groeiende sektors is gewasbeskerming – die
waarde van diewêreldwye saadbehandelingsmark is tans ongeveer
US$2,5miljardendaarwordverwagdat dit teen2018 ‘nwaardevan
US$ 4,5miljard sal hê.
Produsente staar daagliks hoë insetkoste indiegesig endaaromhet
hulle toegangnodig tot innovering in saadbeskermingom sodoende
investerings tebeskerm engewasproduksie te verhoog.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Wayne Jansen van Rensburg
(tegnologiebestuurder: Seedcare Institute, Afrika en Midde-Ooste)
by
.
AKTUEEL
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1: Sprekerswat die openingsdag bygewoon het, is voor: GeorgGoeres (hoof uitvoerende bestuur-
der: Seedcare Europa, Afrika en Midde-Ooste), Marc Bonfils (tegnologie hoof: Seedcare Europa,
Afrika en Midde-Ooste) en Franz Brandl (globale hoof: Seedcare Institute). Agter: Abraham
Vermeulen (hoof: Mielies, Diverse Veldgewasse en Suiker, Afrika enMidde-Ooste), Wayne Jansen
van Rensburg (tegnologiebestuurder: Seedcare Institute, Afrika enMidde-Ooste), Andreas Leuen-
berger (tegniese bestuurder: Ingenieurswerke en Opleiding, Seedcare, Syngenta) en Antonie Del-
port (besturendedirekteur: SyngentaSuid-Afrika).
2:Wayne Jansen vanRensburgbesigom saadvloeibaarheid, een vandie prosesse by dieSyngenta
Seedcare InstituteopBrits, te verduidelik.
3: DiewêreldklasAfrikaSeedcare InstituteopBrits.
4: Syngenta het vanhul vennote indie saadindustrie asook diemedia op ‘n toer geneemdeur Syn-
genta se formulering-, vul- en verpakkingsaanlegopBrits.
5: Na afloop van die besoek aan die Seedcare Institute, het Syngenta gaste bederf met ‘n besoek
aandieElephantSanctuarybyHartbeespoortdam.MerciaSmith (kommunikasiebeampte:Departe-
ment vanLandbou, Bosbou enVisserye) en IanMansfield (hoof: Verkope, Syngenta) bewonder een
vandieolifante vannaderby.
1
2
3
4
5
1...,98,99,100,101,102,103,104,105,106,107 109,110,111,112,113,114,115,116,117,118,...124
Powered by FlippingBook