SA Graan Augustus 2014 - page 119

117
DieNuweMercedes-BenzC-Klas
word steedsgroterenbeter
m
otors is besig om te groei. Wat vandag as
“middelslag” motors gereken word, is twee de-
kades terugbeskou as “groot”.
Ter stawing van hierdie stelling, kan ‘n mens
byvoorbeeld kyk na die jongste Mercedes-Benz
C-Klas, wat in Junie inSuid-Afrika vrygestel is.Met die ontwerp van
die nuwe C-Klasmodel is rekening gehou daarmee dat die mens-
dom langerword.
In vergelyking met die vorige model, is die nuwe C-Klas 95 mm
langer (dit is nou 4 686mm lank) en 40mm breër (1 810mm) en die
wielbasis ismet 80mm verleng (2 840mm). Die ekstra sentimeters
het nie net ‘n groter binneruim tot gevolg nie, maar bied ook heel-
wat meer laairuimte as sy voorganger. Meer nog, al is hy groter as
sy voorganger, is hy wel 100 kg ligter! As ‘nmens mooi na hierdie
mates kyk, is die nuwe C-Klas vandag so groot soos 20 jaar gelede
seE-Klas.
Die nuwe C-Klas lui ‘n nuwe hoofstuk in die suksesverhaal van die
C-Klas in. Dit stel ‘n nuwe standaard in die premium-middelslag-
luuksemotorsegment. Die nuwe C-Klas bevat eienskappe wat
gewoonlik in voertuie van ‘n hoër klas aangetref word – omge-
wingsverantwoordelik, tegnologies gevorderd en met hoë vlakke
vangerief enbestuursgenot.
Met uitstekende aërodinamika en nuwe ekonomiese enjins, stel die
C-klas nuwe norme ten opsigte van brandstofdoeltreffendheid. Vier
4-silinder kragbronne isbeskikbaar. DieC220BlueTECdiesel endrie
petrolenjin-modelle, dieC 180, dieC 200 endieC 250.
Die C 220 BlueTEC se 2143 cc dieselenjin het ‘n kraglewering van
125 kW, tussen 3 000 r/min tot 4 200 r/min en ‘n wringkrag van
400 Nm tussen 1 400 r/min tot 2 800 r/min. Dit kan 0 km/uur tot
100 km/uur binne 8,1 sekondes aflê en sy amptelike topsnelheid is
234 km/uur. Ondanks al hierdie krag, gebruik ditmaar net 4 liter die-
sel per 100 km. DieC 220 BlueTEC bied ‘n keuse tussen ‘n sesspoed
handratkas en ‘n sewespoedoutomatieseoorskakelratkas.
‘n Groot pluspunt is dat die C-Klas verskeie veiligheidstelsels as
standaard het, soos die “aandagbystand-stelsel”. As die bestuur-
der begin dwaal in die pad sal verskeie kameras die sentrale reke-
naarstelsel waarsku dat die bestuurder heel waarskynlik óf besig is
ommet sy selfoon te vroetel óf besig is om aandie slaap te raak.
Dit wil sê die bestuurder se aandag is nie op die pad nie. Die stuur-
wiel sal dan vibreer omdiebestuurder reg te ruk. Asdaar skielik iets
voor die voertuig verskyn of selfs as die voertuig in die laan langs
jou té naby kom en ‘n botsing ismoontlik en die bestuurder rem nie
betyds nie, sal ‘n ander stelsel oorneem enbegin rem.
Die groot lekkerte van die nuwe C-Klas is egter die parallelparke-
ringsbystand, wat namens die bestuurder ‘n foutvrye parallelpar-
kering doen: Jy ry net stadig verby die leë parkeerruimte, druk ‘n
knoppie en die voertuigkamerasmerk die spasie en dan (sonder dat
jou voete op die rem- of brandstofpedaal raak of jy die stuurwiel
vashou), bestuur die motor homself en parkeer die voertuig. Dit is
maar een van die baie tegnologiese wonders waarmee die nuwe
C-Klas spog.
Kostegewys begin die C 220 BlueTEC by die standaard handrat-
model teen R459 000. Die voertuig se koste kan egter vermeerder
as daar na al die opsionele tegnologiese hulpmiddels wat vir die
C-Klas beskikbaar is, gekykword.
‘n Spesiale lugsuspensie kan byvoorbeeld by bestel word, wat die
voertuig sepadbeheer nógverder verbeter. Ingesluit indieprys is ‘n
sesjaar-/100 000 km-onderhoudsplan.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
DieMercedes-BenzC 220BlueTEC.
August 2014
1...,109,110,111,112,113,114,115,116,117,118 120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook