SA Graan Augustus 2014 - page 120

o
m van ‘n plaashuis na ‘n dorpshuis te trek, is nie
kinderspeletjies nie en alhoewel kleiner vertrekke meer
snoesig en intiem is, verlang ‘n mens tog na die oop
gevoel wat ruimte ‘nmens bied.
Soms is “klein” al wat beskikbaar of bekostigbaar is of
dalk is ons noodgedwonge verplig om af te skaal. Hier volg ‘n paar
wenkeomdie illusie van ruimtebinne ‘n klein vertrek te skep.
Ek is ‘n groot voorstander daarvan om nie ruimte in die huis te
mors nie en om elke beskikbare spasie ten volle te benut.
Veeldoeligheid raak al hoe meer gesog omdat ons hierdeur ruimte
kan spaar enook ‘ngroot finansiële voordeel daaruit kan trek.
As spesiale gaste besoek aflê, wil ‘n mens nie noodwendig in die
TV-kamer kuier nieomdat ‘n televisiestel ‘n kamer erg kandomineer.
Nie net is dit ‘n sterk fokuspunt as dit in gebruik is nie, maar selfs as
dit afgeskakel is, trek dit baie aandag omdat al die meubels netjies
om die “TV-troon” gerangskik is. Versteek die TV in ‘nmooi kabinet
met deure wat netjies toegemaak kanword om die tweede gebruik
vandie vertrek te versteek.
‘n Platskerm TV-stel neemminder ruimte in beslag en veral waar
beskikbare ruimte skaars is, kan dit teen ‘n muur gemonteer word.
‘n Mooi hout-geblokte doekskildery kan netjies hieroor hak om die
teenwoordigheid vandie toestel te versteek en ‘nnuwe fokuspunt te
skepwaar een teenwoordigwas.
‘n Skootrekenaar maak dit moontlik om enige vertrek in ‘n
tydelike kantoor te omskep en selfs ‘n klein tafeltjie met laaie in
‘n ingangsportaal, kan dié area ‘n tweede doel gee. Sodra die
voordeurklokkie lui, kan ‘nmens alles netjies in die laai of in ‘n kas
indruk alvorens jydie voordeur oopmaak.
In só ‘n area sal ek ook nie gebruik maak van ‘n kantoorstoel nie,
maar ‘n meer gemaklike stoel wat huislik en minder kommersieel
lyk. Op ‘n soortgelyke wyse kan ‘n eetkamertafel gebruik word en
as die tafel in die kombuis staan, sal hy selfsmeer veeldoeligwees.
Vir hierdie rede is oopplankombuise sopopulêr.
Die keuse van meubels in ‘n vertrek is ook baie belangrik. ‘n Tafel
wat oopslaan, indien ‘n groter werksoppervlak benodig gaan word,
is baie handig om te hê. So ook kan ‘nmens baie onder ‘n bed bêre
as daarvoor voorsieninggemaak is.
‘n Ottoman (in ou Afrikaans noem ons dit sommer ‘n “poef”) kan
veeldoeligweesenas ‘n koffietafel dienwat ookas ‘n sitplekgebruik
kanword.
Dit is daarbenewens ook ‘n lekker stoorarea vir itemswat alledaags
gebruikword, soos tydskrifteof kontroles. ‘nGroepering van ‘npaar
Ottomans teenmekaar gedruk, wat as ‘n geheel tentoongestel gaan
word, gaan dit nog meer veeldoelig maak omdat die afsonderlike
Ottomans rondgeskuif kan word vir byvoorbeeld sytafeltjies of
voetstoeltjies.
Skep sódie illusievan ruimte
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Augustus 2014
118
‘nSpieël skep aansienlikediepte in enige vertrek engee ‘nnuwedimensiedaaraan.
1...,110,111,112,113,114,115,116,117,118,119 121,122,123,124
Powered by FlippingBook