SA Graan April 2014 - page 6

April 2014
4
o
ns het by Graan SA se Kongres
indie reënaangekom:Vanuit die
noorde, ooste, suide en weste.
Of jy ‘n winter- of somergraan-
produsent is al dan nie, reën is
altyd welkom! Die gemoedere
was goed en dit het baie energie tafel
toegebring.
Wat my ook opgeval het, is die erns waar-
mee die sake van die dag aangepak is. Ten
spyte van goeie landboutoestande, was die
manneenvrouegefokusomdiebrandpunte
van die dag aan te vat. Die tema: “Die vol-
gende generasie”, was vir almal relevant.
As jy nie deel van Generasie Y is nie, moet
jyweet hoe hulle koppewerk sodat jy hulle
kan begelei tot volwassenes wat weer vir
hulle generasie endiéwat ophulle volg kan
kos produseer. Dit was lekker vars.
Wat my persoonlik baie opgeval het, is die
graad van verantwoordelikheid waarmee
ons insetverskaffers die toekoms aanpak.
Ja, natuurlik is daar ook geld te maak as jy
sulkeuitdagings aanpak,maar omdoelwitte
te stel, soos opbrengste wat moet verdub-
bel teen 2030 en insette wat 33% minder
moet word, wil gedoen wees. Ek het leiers
in die insetbedryf gehoor wat saam met
ons produsente besorg is oor ‘nwêreldwat
‘n reuse-voedselsekerheidskrisis in die ge-
sig staar.
Daar is dae wat ek droom van ‘n regering
wat dieselfde dringendheid in hulle optre-
des wys. Praat en beplan gaan niemand
se borde vol kos kry nie. Ek was ook opge-
wonde om te verneem dat daar alreeds
‘n klompie planne in plek is wat ons met
hierdie grootse taak gaan help, maar be-
halwe vir die voorspellings ten opsigte van
klimaatsverandering, het ek nie dieselfde
warm gevoel gehad oor wat ons te doen
staan as dieweer gaan lol nie. Ietswaaraan
ons nog salmoet werk.
DieaanbiedingoorGenerasieY (gebore tus-
sen1981en2000)was ietswat elkeennodig
gehad het om hierdie groep mense beter
te verstaan. Dit was ook lekker om vir die
wêreld tewys hoe lyk vanons plaaswerkers
wat nie net ‘n oorpak volstaan nie, maar ‘n
substansiële bydrae tot voedselsekerheid
lewer. Plaaswerkersmet diplomas en grade
in landboumoes vir sommiges in georgani-
seerde arbeiddalk bedreigendgewees het!
Daar is ook ‘n paar nuwe terminologieë
tydens Kongres gebore: Ons visevoorsit-
ter, Victor Mongoato, het so terloops in sy
verwelkoming na die ontwikkelende kom-
mersiële produsente verwys. Daar is al so
baienameaanhierdiegroepprodusentege-
gee om bloot net die raskwessie te vermy,
maar hierdie naam het my bygebly. Dit sê
iets van die proses waarin hulle is, maar dit
sê ook iets vandie einddoel waarheen hulle
oppad is.
Die ander termwat ek in ‘ngesprekmet een
van ons internasionale gaste opgetel het, is
Oostelike Halfrond. Dit is nou Afrika, Asië
en die Midde-Ooste. Dalk nie so ‘n mooi
reguit lyn sooswaarmee ons bekend is tus-
sen die Noorde en die Suide nie, maar baie
betekenisvol as dit kom by graanverbruik.
Dit is hierdie Oostelike Halfrond wat groot
gaan wees en baie gaan groei in graanver-
bruik indie volgende vyf tot tien jaar.
Die laaste term wat ek nuut bygeleer het,
is datawetenskap (
data science
). Ek het so
bewus geraak van al diewetenskaplike data
wat op ons produsente afgelaai word, dat
dit ‘nernstigematevanverwerkingen inter-
pretasie benodig voor dit bestuursinligting
wordwaarmee jy as produsent besluite kan
neem. Graan SA sal beslis ons kapasiteit in
hierdie rigting moet uitbrei om ons produ-
sente tehelpomal diedata in ‘nverteerbare
vorm te kry sodat dit besluitneming kan
vergemaklik.
Dit was ook ‘n riem onder die hart en ‘n
mosie van vertroue dat die graanprodu-
sente self besluit het om hulle eie organi-
sasie ordentlik te befonds deur middel van
die verhoging vandie vrywillige heffing. Dit
is brawe leierskap wat geloof in dade om-
sit deur vir ons en die volgende generasie
iets na te laat waarop ons almal trots kan
wees. Ons sien uit na ‘n mooi seisoen en
sterk groei in die graanmark. Dankie vir al-
mal wat daartoe bygedra het dat ons nuwe
rigtinghet enmet vertrouedie toekoms kan
ingaan.
Kongres 2014:
Die volgendegenerasie
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
...deur vir ons en die volgende
generasie iets na te laat
waarop ons almal trots
kanwees.
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...92
Powered by FlippingBook