Previous Page  6 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 132 Next Page
Page Background

4

‘n

Studiegroep het my onlangs gevra om ‘n praatjie

by hul vergadering te lewer. Hul tema was “Land­

bou 2050”. Die onderwerp waaroor ek moes praat,

het die belangrikheid van verhoudings en waardes

tydens onderhandelings aangespreek.

Dit is nie ‘n gewone aanbieding met ‘n paar grafieke en projeksies

nie. Hierdie manne is beslis besig om diep oor die toekoms na te

dink. Ek het die week voor die aanbieding tyd in Botswana deur ge­

bring. In dié tyd het ek die oorlewing van die natuur bestudeer om

vir die manne ten minste iets waardevols saam te stel.

Wat my opgeval het, was hoe die plante en diere by hul omge­

wing aanpas om te oorleef – en selfs te vermenigvuldig. Ek kon nie

komitees van plante en diere kry wat ure sit en besin oor hoe om

die omgewing te verander nie. Plante en diere vind maniere om te

oorleef – en selfs vooruit te gaan – deur meer kundig te word om by

hul omgewing aan te pas – waaraan hulle buitendien niks kan ver­

ander nie.

Dit het my laat dink hoeveel tyd Graan SA spandeer om die omge­

wing te probeer verander en hoeveel tyd daaraan afgestaan word

om produsente te ondersteun om te oorleef en te floreer in die

bestaande omgewing.

Van ons senior bestuur het onlangs oorsese kongresse oor hul

vakgebied bygewoon en het met groot opgewondenheid terugge­

kom. Een boodskap waaroor almal besonder duidelik is, is: Terwyl

Suid-Afrika met interne sake (en politiek) besig is, is die res van die

landbouwêreld besig om aan te pas by veranderinge in hul omge­

wings. Daar word aanpassings gemaak na aanleiding van die invloed

wat die nuwe handelsoorlog tussen die VSA en China vir ander in­

hou. Suid-Afrika se produsente sal nie net die oog op die plaaslike

politieke bal kan hou nie, maar sal ook moet dophou wat in die res

van die wêreld gebeur. Ons sal aanpassings moet maak.

Ek het weer tot die besef gekom dat ons as produsente die mini­

mum impak op die omgewing het en relatief min kan doen om dit

te verbeter. Die fokus moet eerder wees op hoe om te oorleef en te

floreer binne die omgewing waarin ons graan produseer. Die huidige

onsekerhede in ons land word deur twee besonder sterk emosies

gedryf: Vrees en woede.

Dít is twee byna onversoenbare emosies in enige vergadering.

Daar is dié wat vrees oor al die onsekerhede ten opsigte van vei­

ligheid en wat met hul plase gaan gebeur; en dan is daar dié met

woede oor die verlede en frustrasies omdat hulle nie uit die greep

van armoede kan kom nie. Diegene met antwoorde vir die situasie is

regtig min. Ek soek nog na hulle.

Tog het daar weer iewers tussen al die lawaai ‘n greintjie hoop op­

gevlam. Die Presidensie is betreklik geïnteresseerd daarin om ‘n

landbouplan te sien – iets soortgelyk aan wat die motorbedryf ‘n

klompie jare gelede opgestel en geïmplementeer het. Dáár was nou

‘n vennootskap wat baie vrugte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

opgelewer het.

Ek hoop net dat ons landbouleiers nie in die proses met mekaar

gaan besig raak nie. Dit is tyd vir samewerking en vorentoe stap – as

ons die kans kry.

Om aan te pas

by veranderinge

Jannie de Villiers,

HUB/CEO

Terwyl Suid-Afrika

met interne sake

(en politiek) besig

is, is die res van die

landbouwêreld besig

om aan te pas by

veranderinge in hul

omgewings.

standpunt

point of view

Graan SA

September 2018