Previous Page  11 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 132 Next Page
Page Background

Van As Broers

Swellendam

1: Johan en Dirkie van As, twee broers van

Swellendam, is lank reeds gewoond om

eerder na “ons” as “ek” te verwys en is

ononderbroke sedert 1985 by die familie-

boerdery op hul plaas, Kinko, betrokke.

Johan het vanaf 1985 tot 1993 saam met hul

pa, Albertus, geboer tot Dirkie in 1994 by

die boerdery aangesluit het. Johan en Dirkie

verskil sewe jaar en het ook ‘n suster wat as

arbeidsterapeut op Stellenbosch praktiseer.

Johan en Dirkie het ‘n perfeksionistiese

benadering tot die boerdery, met Johan wat

hoofsaaklik na die finansies en lewendehawe

omsien en Dirkie wat op die saaiboerdery

konsentreer. Tog is al die vertakkings behoor­

lik deursigtig en word geen oogklappe in dié

boerdery aangesit nie. Oorhoofse beplan-

ning, sowel as die koop van implemente en

insette, word saam gedoen. Op die foto is,

voor: Dirkie en Johan van As. Middel: Yolindi

en Albertus (Dirkie se vrou en seun) asook

Maresa en AJ (Johan se vrou en een seun).

Agter: Kari (Dirkie se dogter) en Johan-Adam

(Johan se seun).

2: Van As Broers (Eiendoms) Beperk is as handeldrywende maatskappy in 1994 gestig en drie bewerkbare plase van 1 395 ha, waaronder die plase

Kinko (opstal), Kinko en Hartebeesterivier, wat van hul pa oorgeneem is. Die broers het in alle erns skouer aan die wiel gesit en huurgrond is verder

oorgeneem – wat hul bewerkbare gronde na 1 800 ha toe uitgebrei het. In 1998 het hul Stuurmanskraal gekoop en begin om die spreekwoordelike berge

te versit. Van As Broers het begin 2007 weer groot treë gegee deur grond wat reeds vir 38 jaar gehuur was, aan te koop – net so ‘n paar maande voor die

buurplaas op veiling gegaan het. Verder is ‘n plaas duskant die dorp in min of meer dieselfde tyd gehuur en vir die eerste keer moes daar met imple-

mente deur die dorp en oor groot paaie gery word.

3: Van As Broers verbou kanola, gars, koring en lusern op ongeveer 8 700 ha, in ‘n primêre vyfjaarkontantgewasstelsel, wat met ‘n vyfjaarlusernstelsel

afgewissel word. Rotasies in hoëpotensiaal-kampe bestaan byvoorbeeld uit koring/gars/gars/kanola/koring en lusern, waar stelsels aangepas word

volgens kampe se potensiaal. Verder word ‘n twaalfjaarrotasiestelsel in dié lande toegepas, naamlik nege jaar kontantgewasse, gevolg deur drie jaar

lusern. Rotasie en winsgewendheid speel ‘n groot rol in gewaskeuse en elke kamp sal voorskryf wat geplant moet word. Die bestaande wisselboube-

planning is uiters belangrik, maar dit is ook noodsaaklik om skuiwe binne die beplanning te kan maak – indien nodig. Kultivarkeuses word gebaseer op

Elsenburg-proewe wat in die Suid-Kaap gedoen word en wat dien as uitstekende maatstaf in kultivarkeuse. Verder het kultivars met bewese rekords op

plase ook ‘n beduidende invloed op die keuse. Aangesien beperkte tonne van kultivars as moutgars beskikbaar is, word garskultivarkeuse tot ‘n groot

mate deur garskontrakte bepaal.

1

2

3

9

September 2018