Previous Page  12 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 132 Next Page
Page Background

lede-landskap

September 2018

10

4: Die veefaktor bestaan uit stoet- en kommersiële skaapboerdery,

met ongeveer 11 000 teelooie en ‘n verdere amper 10 000 skaap vir

die wolvleisproduksiestelsel. Die kern van die skaapboerdery is

Merino’s en die Merino-stoet beslaan 6% van die ooie. Met die eerste

kudde van ooie word Merino-lammers geteel en word die stoet se

jong ramme gebruik. Die tweede kudde word gekruisteel met Merino-ooie en Dormer-ramme, wat beter vleisproduksie ten doel het.

Die kudde word drie keer in twee jaar geskeer en die stoet se eerste kudde lam op ‘n jaar-op-jaar-basis, met die tweede kudde op ‘n

agtmaandelamstelsel – wat uiters bestuursintensief is. Stoetramme word self geselekteer en Van As Broers het in die jare tussen

1986 en 2002 nie minder nie as 18 Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer.

5: Minimumbewerking word toegepas en soveel as moontlik reste word na die vorige oesseisoen op die lande gelaat om sodoende grondvogbewa­

ring toe te pas. Voor planttyd word plantreste en vog bewaar, met geen grondversteuring nie. Someronkruide word intensief beheer en bespuit en

grondmonsters word op die kommersiële metode geneem. Planttyd gaan dit rof by die Van As-broers en beteken dit dat hul vir ongeveer vyf weke uit

‘n kossak lewe en weg van die huis af is. Selfs met vier topbestuurders neem Johan en Dirkie volle beheer van planttyd, waar Johan die een helfte van

die hektare aan die oostekant doen en Dirkie die ander helfte – wat bykans al die huurgronde, wat wes van die dorp lê, behels. Daar word deurentyd

gewerk tot alles klaar is en elke kamp wat geplant word, word fisies beheer en gekontroleer. Kontrole is vir die broers van uiterste belang – die aantal

hektare wat deurgewerk moet word ten spyt.

6: Wanneer die plantproses afgehandel is, word gras- en insekbespuiting gedoen, wat ongeveer 14 dae daarna met ‘n breëblaarbespuiting opgevolg

word. Swambeheer word toegepas, terwyl mikro-elemente tegelykertyd toegedien word. Presisieboerdery word beoefen en grondmonsters word op

1 ha-ruitblokke geneem, waarna grond pH-regstellings gedoen word. Aangesien lusern ‘n groot hoeveelheid fosfaat benodig, is dié element se vlakke

aansienlik laag na ‘n lusernfase. Geen fosfaat- en kaliumregstellings word gedoen nie. Dié twee makro-elemente se toedienings word tydens planttyd

aangespreek. ‘n Strategie vir fosfaattoediening, versprei oor ‘n vyfjaarperiode, word opgestel en gebruik totdat die lusernfase weer aanbreek. Bekal­

king vind gereeld plaas, met die oog daarop om die optimale pH van 5,5 te handhaaf en blaarvoedings van koper, sink en mangaan word tydens die

vegetatiewe stadium toegedien.

7: Opbrengsmikpunte word op vyfjaar-skuiwende gemiddeldes, soos deur die stroperopbrengsmonitors weergegee, bepaal – met reënval en grond-

potensiaal as bepalende faktore. As kommersiële produsente wat fokus op optimale doeltreffendheid en winsmarge, word geen navorsingsproewe

op die plaas gedoen nie. In hul doeltreffende onkruid-en-swambeheerprogram, word voor-opkomsonkruiddoders in die beheer van grasse gebruik.

Meganisasiebestuur gaan met sterk rekordhouding gepaard en die vervangingsbeleid word gekoppel aan die ouderdom en toestand van die trekkers en

masjinerie – in ag genome die finansiële prioriteite van die boerdery. Verder word kontrakteurs slegs ingespan indien die oespotensiaal dit regverdig.

8: Met oestyd spandeer Johan en Dirkie hul tyd in twee stropers en verruil hul met graagte die plaashuis vir die “groen kantoor”. Logistiek is dit

makliker om saam te oes en agter die platsnyers aan te loop. Kanola word voor die tyd redelik uit die pad gewerk en die broers kommunikeer op ‘n

deurlopende basis met mekaar. Graan word weens oesdruk slegs tydens oestyd in ‘n graanstoor en silosakke opgeberg en silo-lewering vind plaas

soos wat leweringskapasiteit dit toelaat. Graan word hoofsaaklik volgens bemarkingsplanne bemark, waar koring deur middel van vooruitkontrakte,

basiskontrakte, spotpryse en latere bemarking geskied. Kanola word deur Soill gekontrakteer en garsaanplantings word met kultivartoekennings aan

produsente toegeken, na gelang van AB InBev se behoeftes. Wat skaapvleisproduksie betref, word pryse beding wanneer lammers markgereed is en

wol word drie keer in twee jaar op ‘n agtmaandestelsel bemark.

4

5

6

7

8