Previous Page  10 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 132 Next Page
Page Background

Graanproduksie op

gesofistikeerde wyse aangepak

Alzena Gomes,

skakelbeampte, Graan SA

Lede-landskap

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

September 2018

8

m

et vol gepakte tasse en ‘n stywe skedule het

die beoordelingspaneel in Julie vir die jaarlikse

besoeke aan die Graanprodusent van die Jaar-

finaliste vertrek. Ons stel met trots hierdie jaar

se uitnemende graanprodusente aan ons lesers

voor – afkomstig van Swellendam in die Wes-

Kaap, Ladybrand in die Vrystaat en Middelburg in die Oos-Kaap.

Die bekendmaking van die wenner van dié titel vind op 12 Oktober

vanjaar in Midrand plaas. Die kompetisie is reeds in sy 19de jaar

en is ‘n ongelooflike vertoonvenster vir die uitmuntende graanpro­

dusente van Suid-Afrika.

Tydens die beoordelingsproses word die produsente deur ‘n

kundige paneel van beoordelaars besoek, wat onder meer ‘n agro-

noom, ‘n landbou-ekonoom en ‘n grondkundige insluit, asook

graanprodusente wat op Graan SA se Hoofbestuur dien.

Alhoewel die finaliste diversifiseer, word klem gelê op effektiewe

en doeltreffende verbouing van graan en word die primêre

beoordeling uitsluitlik op graanproduksie gedoen. Produsente

se doeltreffendheid en effektiwiteit word gemeet aan verskeie

kriteria, wat onder meer agronomie, hulpbron-, finansiële- en

bemarkingsbestuur insluit. In ooreenstemming met Graan SA

se strategiese doelwitte, is produsente se betrokkenheid in die

gemeenskap en beleidsomgewing ook belangrik. Verder word

produksiepraktyke, plaag- en onkruidbeheer, meganisasie en ar­

beidsbestuur ook geëvalueer.

Dit is vir Graan SA uiters belangrik om aan graanprodusente

erkenning vir uitnemendheid te gee. Suid-Afrika het goeie produsen­

te wat kán, maar – belangriker vir die organisasie – is om die beeld

van die graanprodusent na buite op te bou; om die beeld van landbou

en produsente, maar spesifiek die standaard van graanproduksie

plaaslik, te beklemtoon.

Die breër publiek is onbewus van wat dit vereis om ‘n suksesvolle

produsent te wees – van wat ingesit word, waar produsente

vandaan kom, waarmee hul begin het, en op watter gesofistikeerde

wyse graanproduksie aangepak word. Dié toekenning dien ook as

inspirasie vir die jonger geslag produsente – en ons vertel stories

wat inspireer, die standaard stel en beklemtoon dat die sukses van

nou eintlik in niemand se skoot geval het nie.

Dit is, om die minste te sê, aangrypende stories. Geniet die uitstap­

pie na ons 2018-finaliste en hou gerus die November-uitgawe van

die tydskrif dop vir ‘n blik op die galatoekenningsaand vol swier

en prag.